Buckingham-paleis is die amptelike woning van die Britse monarg in Londen. Dis in Westminster geleë en staatsgeleenthede en koninklike onthale word hier gehou. Dis ook ’n groot toeriste-attraksie.
Dit was oorspronklik bekend as Buckingham House. Die gebou wat tans die kern van die paleis vorm, was ’n groot huis wat in 1703 vir die Hertog van Buckingham gebou is en in 1761 deur koning George III gekoop is as ’n private woning, bekend as "The Queen's House". Dit is die afgelope 75 jaar vergroot, grootliks deur die argitekte John Nash en Edward Blore. Buckingham-paleis het in 1837 die amptelike koninklike woning geword toe koningin Victoria die troon bestyg het.
Koningin Elizabeth II en lede van die koningsgesin gebruik die paleis vir amptelike en staatsonthale. Dit is een van die wêreld se bekendste geboue en meer as 50 000 mense besoek dit jaarliks as gaste by bankette, middag- en aandetes, onthale en koninklike tuinpartye.
Die paleis het sy eie poskantoor en die unieke poskode SW1A 1AA.