Agiou Panteleimonos-klooster

Die Agiou Panteleimonos-klooster

Die Agiou Panteleimonos-klooster (Grieks: Άγιος Παντελεήμων; Russies: Пантелеймонов), ook bekend as Rossikon (Ρωσσικόν), is ’n Oosters-Ortodokse klooster in die suidwestelike deel van Berg Athos in Griekeland. Dit is 19de in rang van die skiereiland se kloosters en die grootste wat fisieke grootte betref.

Geskiedenis

Die klooster is in die 11de eeu deur monnike van Kiëf-Roes gestig, vandaar die naam "Rossikon". Dit is eers deur Kiëfse en later Russiese monnike bewoon. Dit is in 1169 as ’n selfstandige klooster erken. Die klooster was in die 16de en 17de eeu vooruitstrewend danksy die geldelike steun van die tsaars van Moskowië, maar het in die 18de eeu agteruitgegaan totdat daar in 1730 net vier monnike oor was. In die 19de eeu het dit herstel. Die huidige klooster is in die eerste twee dekades van dié eeu nader aan die see gebou. In 1895 was daar 1 000 monnike, in 1903 altesaam 1 446 en teen 1913 meer as 2 000.

Verskeie brande het die klooster beskadig. Die grootste hiervan was in 1307, toe Katalaanse huursoldate dit aan die brand gesteek het, en in 1968. Die eerste Russiese leier wat dit besoek het, was pres. Wladimir Poetin op 9 September 2005.

Moderne tyd

Vandag lyk die klooster soos ’n klein dorpie, met geboue van verskeie hoogtes. Dit is die grootste klooster op Berg Athos.

Die biblioteek is in ’n aparte gebou in die klooster se binnehof. Dit bevat 1 320 Griekse en 600 Ou Kerkslawiese manuskripte en 25 000 gedrukte boeke. Daar is ook belangrike relieke, soos die kop van sint Panteleimon, ’n gewilde heilige van die Russies-Ortodokse Kerk na wie die klooster genoem is. Die 19de-eeuse kloosterklokke is glo die grootstes in Griekeland.

Die klooster is in die 20ste eeu geknou deur die ateïstiese ideologie van die Sowjetunie en die beperking op reis tydens die Koue Oorlog. Met die verbrokkeling van die Sowjetunie was daar net sowat drie dosyn monnike oor. Die getal het egter sedert die begin van die 21ste eeu weer gestyg.

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

20px   Kloosters van Berg Athos  (volgens senioriteit)
Koördinate: 40°14′13″N 24°12′07″O / 40.23694°N 24.20194°O / 40.23694; 24.20194Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Berg Athos Kategorie:Russies-Ortodokse Kerk
Groot LawraVatopediIvironHilandarDionysiouKoutloumousiouPantokratorosXeropotamouZografDochiariouKarakallouFilotheouSimonopetraAgiou PavlouStavronikitaXenophontosOsiou GregoriouEsphigmenouAgiou PanteleimonosKonstamonitou


In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
11 January 2024
Estuve en el monasterio pandeleimonos y simonos petras. Fue una gran experiencia,dura , pero me dejó muy convencido de que puedo hacer lo que yo quiera con mi vida.
added at : Estuve en el monasterio pandeleimonos y simonos petras. Fue una gran experiencia,dura , pero me dejó muy convencido de que puedo hacer lo que yo quiera con mi vida.
Илья Свиридов
16 November 2013
Вид на монастырь со стороны Архонтарики - монастырской гостиницы.
Илья Свиридов
16 November 2013
Русский Свято-Пантелеимонов монастырь на Афоне.
Laai meer kommentaar
foursquare.com
7.0/10
Alberto León en 2,649 meer mense was hier
Kaart
Unnamed Road, Moni Agiou Panteleimonos 630 87, Griekeland Kry aanwysings
Fri 8:00 AM–5:00 PM
Sat 9:00 AM–5:00 PM
Sun 9:00 AM–6:00 PM
Mon 10:00 AM–4:00 PM
Tue 9:00 AM–5:00 PM
Wed 9:00 AM–1:00 PM

St. Panteleimon Monastery op Foursquare

Agiou Panteleimonos-klooster op Facebook

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Xenia Ouranoupolis Hotel

vanaf $89

Theoxenia Hotel

vanaf $115

Sunset Hotel

vanaf $63

Panorama Spa Hotel

vanaf $52

Ayia Marina Suites

vanaf $127

Dioni Apartments

vanaf $75

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Xenophontos-klooster

Die Xenophontos-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Xeropotamou-klooster

Die Xeropotamou-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dafni

Dafni (Grieks: Δάφνη) is ’n klein nedersetting op Berg Athos in Grieke

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dochiariou-klooster

Die Dochiariou-klooster

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Koutloumousiou-klooster

Die kerk van die Koutloumousiou-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Karyes

Karyes (Grieks: Καρυές) is ’n nedersetting op Berg Athos in Griekel

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Simonopetra-klooster

Die suidelike aansig van Simonopetra.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Konstamonitou-klooster

Die Konstamonitou-klooster

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kiëfse Petsjersk-lawra

Die Kiëfse Petsjersk-lawra (Oekraïens: Києво-Печерська лавра, Russies:

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Alexander Nevsky Lavra

Alexander Nevsky Lavra or Alexander Nevsky Monastery was founded by

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Monastery of Saint Naum

The Monastery of Saint Naum (Macedonian: Манастир „Свети

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Drie-eenheid-klooster van Sint Sergius

Die Drie-eenheid-klooster of Drie-eenheid-lawra van Sint Sergius

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nowodewitsji-klooster

Die Nowodewitsji-klooster, ook bekend as die

Sien alle soortgelyke plekke