Anguilla is 'n eiland in die Karibiese See wat tot die Klein Antille behoort en deel van die Britse oorsese gebiede uitmaak. Die eiland lê in Noord-Amerika tussen die Atlantiese Oseaan en die Karibiese See.
Anguilla het 14 436 inwoners in 2009 gehad en 'n oppervlakte van 129,9 km². Die hoofstad en grootste stad is The Valley.