Areopagos

Die Areopagos, of Areopagus, afgelei van Areios Pagos (Ἄρειος Πάγος) is die "Rots van Ares", noordwes van die Akropolis, wat in klassieke tye gedien het as die hoë appèlhof vir kriminele en siviele sake in Athene. Ares sou hier, in 'n tipiese voorbeeld van 'n aetiologiese mite, deur die gode verhoor word vir die moord op Poseidon se seun Alirrothios.

Geskiedenis

Die oorsprong van die naam is onduidelik. In Grieks beteken pagos groot rots, maar Areios kon afgelei wees van Ares of van die Eriniërs, aangesien 'n tempel gewy aan die Eriniërs aan die voet van die heuwel opgerig is, waar moordenaars by tye toevlug gevind het om van die gevolge van hul dade te ontkom. Later, het die Romeine na die rotsagtige heuwel verwys as "Marsheuwel", vernoem na Mars, die Romeinse god van oorlog. Die basiliek van Dionysios Areopagites is ook naby die Areopagos opgerig.

In voorklassieke tye (voor die 5de eeu v.C.), was die Areopagos die raad van oues van die stad, soortgelyk aan die Romeinse Senaat. Soos die Senaat, was die lidmaatskap beperk tot diesulkes wat hoë publieke ampsdraers was, in hierdie geval archonte. In 594 v.C. het die Areopagos ingestem om hul gesag aan Solon af te staan vir hervorming. Hy het demokratiese hervormings ingestel, die lidmaatskap gerekonstrueer alvorens selfbeheer aan die organisasie herstel is.

In 462 v.C. het Ephialtes hervormings deurgevoer wat die Areopagos van bykans alle funksies onthef het behalwe dié van 'n moordtribunaal ten bate van die Heliaia.

In Die Eumenides van Aischylos (458 v.C.), was die Areopagos die verhoorplek van Orestes vir die moord op sy moeder (Klytaimnestra) en haar minnaar (Aigisthos).

Phryne, die hetaira van 4de eeuse (v.C.) Griekeland wat beroemd was om haar skoonheid, het voor die Areopagos verskyn op aanklag van skending van die Geheimenisse van Eleusis. Later is die legende waarskynlik gefabriseer waarvolgens sy haar mantel laat val het, en die regters tot so 'n mate met haar wonderskone figuur beïndruk het dat sy summier vrygespreek is.

In 'n ongewone verwikkeling, het die Areopagos 'n nuwe funksie verkry in die 4de eeu v.C., naamlik korrupsie-ondersoeke, alhoewel die vervolgingsbevoegdheid net vir die Ekklesia beskore was.

Die Areopagos, soos meeste stadstaat-instellings, het in Romeinse tye steeds gefunksioneer, en dit was vanaf hierdie standplaas, en deur staat te maak op die potensiële belang van die Atheense altaar aan die Onbekende god, dat die Apostel Paulus sy beroemde toespraak gelewer het, "Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie." (kyk Handelinge 17:23-24)

Die term "Areopagos" verwys ook na die juridiese liggaam van aristokratiese oorsprong waaruit die appèlhof van moderne Griekeland baie later saamgestel sou word.

Moderne verwysings

  • Die Engelse digter John Milton het sy betoog vir die vryheid van die pers "Areopagitica" genoem, en aangevoer dat die sensors van antieke Athene, wat by die Areopagos gesetel was, nie die soort voorafgaande beperkings vir publikasie beoefen het, as dié wat deur die Engelse Parlement van Milton se tyd vereis is nie.
'n Naggesig op [[Athene soos van die Areopagosheuwel af gesien
]]
'n Naggesig op Athene soos van die Areopagosheuwel af gesien
'n Gesig op Athene (oordag) van die Areopagosheuwel af gesien
'n Gesig op Athene (oordag) van die Areopagosheuwel af gesien

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  • Handelinge 17:16-34 'n Bybelse verslag van Paulus wat die aard van die Christengod met die Areopagos bespreek. In die verhaal word ook verwys na die altaar aan "Die Onbekende God." Kyk ook: Agnostici
In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Truman W.
14 June 2017
Great views of the city and even of the Agora! Just be careful of the very slippery rocks when shuffling about taking photos!
Sidira Kuria
4 September 2021
Except for its history, it has an excellent view of Athens and ancient agora especially at night. Crowded at summer nights, usually with juvenile. Also for romanticists.
Visit Greece
24 January 2014
Areios Pagos is the most ancient law court in the world. According to legend, the first "murder case", at which the twelve Gods of Olympus tried Aris, took place at the top of this hill!
Stacy Bo Bacy
15 August 2019
Best view in Athens. Watch out as you step on the rocks; they’re slippery.
Fatima Al Hashimi
14 May 2015
Climb this hill for great views of the city & the historical sites around. Nice to sit & chill.
Miguel Lombrigo
10 September 2014
Be careful of your staff!!!!Nice place for couples and for take a selfie with Acropolis!!!but have a open eyes!!!!
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Grecotel Pallas Athena

vanaf $180

Athens Tiare Hotel

vanaf $171

Alassia Hotel

vanaf $58

Claridge Hotel

vanaf $44

Elikon

vanaf $35

Ares Athens Hotel

vanaf $62

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Temple of Athena Nike

Nike means 'victory' in Greek, and Athena was worshiped in this form,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Odeon of Herodes Atticus

The Odeon of Herodes Atticus is a stone theatre structure located on

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Akropolis

Vir die mees bekende voorbeeld, kyk Akropolis van Athene.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Stoa of Attalos

The Stoa of Attalos (also spelled Attalus) is recognised as one of the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Parthenon

Die Parthenon (Antieke Grieks: Παρθενών) is 'n tempel geleë op die A

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Akropolis van Athene

Die Akropolis van Athene is die besbekende akropolis (Gr. akros,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Pnyx

The Pnyx (Greek: Πνὐξ, pronounced 'Pniks' in Ancient Greek, Πνύκ

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Tower of the Winds

The Tower of the Winds, also called horologion (timepiece), is an

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Temple of Debod

The Temple of Debod is an ancient Egyptian temple which was rebuilt in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kowloon Walled City

Kowloon Walled City was a densely populated, largely ungoverned

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hadrian's Library

Hadrian's Library was built by Roman Emperor Hadrian in AD 132 on the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kaunas Castle

Kaunas Castle is located in Kaunas, Lithuania. Archeological evidence

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Sutton Hoo

Sutton Hoo is 'n beduidende argeologiese opgrawingsplek naby

Sien alle soortgelyke plekke