Berg Parnassos

Die Berg Parnassos is 'n kalksteenberg in sentraal-Griekeland wat uittoring bo Delphi, noord van die Golf van Korinthe, en skone uitsigte bied oor die omliggende olyfboorde en landskap. Volgens Griekse mitologie, was hierdie berg heilig vir Apollo en die Korikiaanse nimfe, asook die tuiste van die Muse. Die berg is ook voorrang gegee deur die Doriërs. 'n Vermoede bestaan dat *Parna- afgelei is uit dieselfde woordstam as die Luwiaanse woord vir "huis".

Mitologie

Berg Parnassos is vernoem na Parnassos, die seun van die nimf Kleodora en die man Kleopompos. 'n Stad, waarvan Parnassos die leier was, sou deur 'n vloed getref gewees het, en die burgers daarvan sou, om van die vloed te ontsnap, bergop in die rigting van 'n wolfsgehuil gevlug het. Daar het die oorlewendes 'n ander stad gebou, en dit Lykoreia genoem, wat in die Grieks beteken "die gehuil van die wolwe". Terwyl Orpheus op Parnassos gewoon het by sy moeder en sy agt aantreklike tantes, het hy Apollo ontmoet wat die laggende muse Thalia die hof gemaak het. Orpheus het Apollo welgeval, en het aan hom 'n klein goue lier gegee, en hom geleer om dit te bespeel. Orpheus se moeder het hom geleer om te vers vir sang. Soos die Orakel van Delphi aan die god Apollo geheilig is, so het die berg self ook 'n verbintenis met Apollo verkry. Volgens sommige tradisies, is Parnassos die ligging van die fontein Kastalia en die tuiste van die Muse; volgens ander tradisies het daardie eer Berg Helikon toegekom, 'n berg van dieselfde bergreeks. As die tuiste van die Muse, het Parnassos bekend geword as die tuiste van digtery, musiek en opvoeding.

Parnassos was ook die ligging van verskeie onverwante mindere gebeure in Griekse mitologie.

  • In sekere weergawes van die Griekse watervloedmite, het die ark van Deukalion op die hange van Parnassos te ruste gekom. Dit is die weergawe van die mite wat in Ovidius se Metamorphose aangehaal word.
  • Orestes het sy tyd as vlugteling op die Berg Parnassos deurgebring.
  • Parnassos was ook vir 'n tyd geheilig aan die god Dionysos.
  • Die Korykiaanse grot, geleë op die hange van Parnassos, was geheilig aan Pan, asook aan die Muse.

Parnassos was ook die tuiste van Pegasos, die gevleuelde perd van Bellerophon.

Parnassos as 'n metafoor

Die naam "Parnassos" in die literatuur verwys tipies na die onderskeiding daarvan as tuiste vir digtery, literatuur en geleerdheid; die Montparnasse voorstad in Parys, Frankryk, byvoorbeeld, dra sy naam weens die vele literatuurstudente wat gedigte in die strate voorgelees het, en dit gevolglik "(le) Mont Parnasse" genoem het.

Parnassos vandag

Vandag is twee ski-oorde op die helling van die berg Parnassos geleë. Die Parnassos Ski-oord bestaan uit twee sentrums, Kellaria en Fterolakka, wat tesame die grootste ski-oord van Griekeland uitmaak. 'n Kleiner ski-oord (met twee sleep-hysers), genaamd Gerontovrahos is geleë oorkant 'n brug na Kellaria. Parnassos word gemyn vir die digte neerslae van bauxite wat om die beurt in aluminium oksied en aluminium verwerk word.

Die aanlê van die ski-oord het in 1975 'n aanvang geneem en is in 1976 voltooi, toe die eerste twee sleep-hysers by Fterolaka in werking gestel is. In 1981 is die aanleg van 'n verdere ski-area in Kelaria voltooi, en tydens die winterseisoen van 1987–1988 is die stoel-hyser Hermes in werking gestel wat die twee ski-oorde verbind. Beide ski-oorde is toenemend uitgebrei en in 1993 is die eerste hoë-spoed quad in Griekeland geïnstalleer, naamlik Herkules. Vandag word die ski-oord bedryf met 14 hysers, 'n 4-sitplek kabelkar, 'n 4-sitplek hoë-spoed stoel-hyser, vier 3-sitplek hysers, een 2-sitplek stoel-hyser, en 6 sleephysers, met 'n maksimum kapasiteit van sowat 5 000 mense per uur. Die ski-oord spog met 25 afgemerkte ski-lopies en sowat 12 ski-roetes van 30 km in totaal, met 'n langste lopie van sowat 4 km in lengte.

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Daar is nog geen wenke of wenke vir Berg Parnassos nie. Miskien is u die eerste een wat nuttige inligting vir medereisigers plaas? :)

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Tagli Resort & Spa

vanaf $209

Domotel Anemolia Mountain Resort

vanaf $79

Aegli Arachova

vanaf $123

Ellinon Thea Arachova

vanaf $83

Elafivolia Arachova Suites

vanaf $174

Odos Oneiron

vanaf $104

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Castalian Spring

The Castalian Spring, in the ravine between the Phaedriades at Delphi,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Athenian Treasury

The Athenian Treasury (Greek: Θησαυρός των Αθηναίων)

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hosios Loukas

Hosios Loukas (Greek: Шаблон:Polytonic) is an historic walled monas

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mendenitsa

Mendenitsa (Ελληνικά. Μενδενίτσα), in the Middle Ages known as Bod

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mount Helicon

Mount Helicon (Ἑλικῶν) is a mountain in the region of Thespiai in Boeo

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Orchomenos

Orchomenos (Grieks: Ὀρχομενός) is ’n munisipaliteit en geologiese

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Salmeniko Castle

The Salmeniko Castle (Ελληνικά. Κάστρο του Σαλμενίκου, Kast

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
National Observatory of Athens

The National Observatory of Athens is a research institute situated in

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Lysá hora

Lysá hora (Czech pronunciation: ]; Polish: Łysa Góra; German: Lys

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Ulu Dag

Uludağ (Turkish pronunciation: ]), the ancient Mysian Olympus

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Chopok

Chopok (2,024 m) is the second highest peak of the Low Tatra range

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Vitosha

Vitosha (Bulgarian: Витоша) is a mountain massif, on the outsk

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mount Olympus (Cyprus)

Olympus, at 1,952 metres (6,400 ft), is the highest point of

Sien alle soortgelyke plekke