Bays and straits in Akbaba

Bosporus

Vadim I and 53,326 more people have been here
8.6/10

Satellietfoto van die Bosporus, in April 2004 geneem vanaf die Internasionale Ruimtestasie.

Die Bosporus (Grieks: Βόσπορος), ook bekend as die Istanboel-straat (Turks: İstanbul Boğazı), is ’n seestraat wat deel vorm van die grens tussen Europa en Asië. Die ander belangrike Turkse seestraat is die Dardanelle. Die Bosporus is die nouste straat in die wêreld wat vir internasionale seevaart gebruik word en verbind die Swartsee met die See van Marmara, wat weer deur die Dardanelle aan die Egeïese See verbind is, en daardeur aan die Middellandse See.

Dit is sowat 30 km lank, met ’n maksimum breedte van 3 700 m by die noordelike ingang en ’n minimum breedte van 700 m tussen Kandilli en Aşiyan. Die diepte wissel tussen 36 tot 124 m. Die oewers van die Bosporus is dig bevolk omdat die stad Istanboel met sy meer as 11 miljoen inwoners aan weerskante geleë is.

Twee brûe span oor die Bosporus. Die eerste, die Bosporus-brug, is 1 074 m lank en is in 1973 voltooi. Die tweede, die Fatih Sultan Mehmet-brug, is sowat 5 km noord daarvan en is 1 090 m lank. Dit is in 1988 voltooi. Planne vir ’n derde brug verder weg van die middestad-verkeer is deur die departement van vervoer goedgekeur en sal voorlopig in Mei 2015 voltooi wees.

’n Ondersese spoorwegtonnel, die Marmaray-tonnel, is op 29 Oktober 2013 geopen. Sowat 1 400 m daarvan loop onder die seestraat deur op ’n diepte van sowat 55 m.

Die naam

Die naam kom van die Griekse woorde vir bous (βοῦς, "os") en poros (πόρος, die oorsteek van ’n rivier of fjord) en beteken dus "os-oorgang". Die Grieke het dit verbind met die Griekse mite van Io se reise nadat Zeus haar in ’n vers verander het om haar te beskerm. Daar is ook ’n mite dat rotshange bekend as die "Botsende Rotse" eens enige skip verpletter het wat op die Bosporus gevaar het totdat die held Jason daarin geslaag het om ongeskonde verby die rotse te kom. Hulle was daarna onbeweeglik en so het die Grieke toegang tot die Swartsee gekry.

Vorming van die Bosporus

Die presiese oorsaak van die vorming van die Bosporus is steeds ’n onderwerp waaroor kenners verskil. Die Swartsee het duisende jare gelede geskei geraak van die Egeïese See. Een onlangse teorie (wat in 1997 deur die geoloë William Ryan en Walter Pitman van die Universiteit van Columbia gepubliseer is) beweer die Bosporus is sowat 5 600 v.C. gevorm toe die stygende water van die Middellandse See/See van Marmara deurgebreek het na die Swartsee, wat waarskynlik in dié tyd ’n laagliggende varswatermeer was.

Sommige meen die gevolglike oorstroming van die bewoonde noordelike oewers van die Swartsee het die historiese basis gevorm vir die sondvloed-verhale van die Gilgamesj-epos en die Bybel (Genesis 6-9).

Fatih Sultan Mehmet-brug links en die Bosporus-brug regs.]]

Geskiedenis

As die enigste deurgang tussen die Swart- en Middellandse See was die Bosporus nog altyd van groot strategiese belang. Die Griekse stadstaat Athene, wat afhanklik was van graan wat van Skitië ingevoer is, het dus in die 5de eeu v.C. nou bande gehandhaaf met die beskawings aan die Bosporus, soos Bisantium. Die strategiese ligging was juis die rede dat die Romeinse keiser Konstantyn I sy nuwe hoofstad, Konstantinopel, daar gebou het. Op 29 Mei 1453 is die stad deur die Ottomaanse Ryk verower. Die Ottomaanse Turke het juis terwyl hulle Konstantinopel genader het, forte aan albei kante van die seestraat gebou: Anadoluhisarı (1393) en Rumelihisarı (1451).

Die Bosporus is vandag steeds van strategiese belang, en beheer daaroor was die rede vir verskeie konflikte in die moderne geskiedenis, soos die Russies-Turkse Oorlog (1877–1878) en die aanval van die Geallieerde Magte op die Dardanelle in 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog.

Fatih Sultan Mehmet-brug soos gesien vanaf Rumelihisarı.]] Verskeie verdrae is gesluit oor die gebruik van die seestraat. Dit was tussen 1920 en 1924 onder beheer van die ou Volkebond. Van 1923 af mag enige oorlog- en handelskepe vrylik met die Bosporus langs gevaar het. Turkye het egter beswaar daarteen aangeteken en sedert Julie 1936 is die Bosporus ’n internasionale vaargebied, maar Turkye behou hom die reg voor om vlootskepe van nie-Swartsee-lande (soos Griekeland, ’n tradisionele vyand, en Algerië) toegang te weier.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog, tot in Februarie 1945 toe Turkye neutraal was, is die Dardanelle gesluit vir skepe van die oorlogvoerende lande. Die Russiese leier Josef Stalin het tydens die oorlog openlik die vergunning gevra dat Sowjet-basisse aan die seestraat opgerig mag word, hoewel Turkye nie by die oorlog betrokke was nie. Dit, asook Stalin se eise dat die Turkse provinsies Kars, Artvin en Ardahan teruggegee word aan die Sowjetunie (die provinsies is tydens die Russies-Turkse oorlog verower, maar aan Turkye teruggee kragtens die Verdrag van Kars van 1921), was van die hoofredes dat Turkye sy neutraliteit in buitelandse sake beëindig het. In Februarie 1945 het die land oorlog teen Duitsland verklaar, maar nie enige offensiewe geloods nie.

In onlangse jare het die seestraat van groot belang geword in die oliebedryf. Russiese olie, van hawens soos Noworossiisk, word in olietenkskepe na Wes-Europa en die VSA uitgevoer via die Bosporus en Dardanelle.

Toerisme

620 historiese huise soos dié een lê aan die oewers van die Bosporus. Bosporus-brug.]] ’n Goedkoop manier om die Bosporus te verken, is met openbare veerbote wat van Eminönü op die historiese skiereiland van Istanboel na Anadolu Kavağı naby die Swartsee vaar.

Daar is ook openbare veerbote wat heen en weer tussen die Europese en die Asiatiese kant van die Bosporus vaar, private veerbote tussen Üsküdar en Beşiktaş en toerismevaarte vanaf verskeie plekke aan die oewers van die Bosporus.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Bosphorus

Eksterne skakels

link=Commons:Category:Bosphorus
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Belangrikste bakens van Istanboel
Koördinate: 41°07′10″N 29°04′31″O / 41.11944°N 29.07528°O / 41.11944; 29.07528Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Istanboel Kategorie:Seestrate Kategorie:Middellandse See
Aya SophiaBeyazıt-toringBlou MoskeeBosporusBosporus-brugDolmabahçe-paleisFatih Sultan Mehmet-brugGalata-toringGoue HoringGroot BasaarHippodroom van KonstantinopelMaagdetoringMure van KonstantinopelNuwe MoskeePrinse-eilande • See van Marmara • Süleymaniye-moskeeTaksim-pleinTopkapı-paleis


Categories:
Post a comment
Tips & Hints
Arrange By:
Hakan Kaya
22 October 2013
Kar yağıyor, boğazın balkonunda sıcacık salep ve sigaramdan habersiz insan hikayeleri geçiyor köprümden, yüzlerce yıldır hiç durmadan, uyumayan şehir İstanbulun yüreğinin tam ortasındayım sanki.
Nuri Dereli
1 September 2012
Denizin ortasinda ruzgar,muzik ve sallanti huzur bu...;)
Load more comments
foursquare.com
Location
Map
Address

Yeniköy Mahallesi, İskele Sk. No:6, 34464 Sarıyer/İstanbul, Turkye

Get directions
Open hours
Mon-Sun 24 Hours
References

Bosphorus (İstanbul Boğazı) on Foursquare

Bosporus on Facebook

Hotels nearby

See all hotels See all
The Grand Tarabya Hotel

starting $0

The Grand Tarabya Hotel

starting $295

Bosphorus Konak

starting $257

The Central Palace Bosphorus Tarabya

starting $157

Fuat Pasa Yalisi - Special Category Bosphorus

starting $68

Ajia Hotel

starting $225

Recommended sights nearby

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Khedive Palace
Turkye

Khedive Palace (Türkçe: Hıdiv Kasrı) is a tourist attraction, one of

Add to wishlist
I've been here
Visited
Fatih Sultan Mehmet-brug
Turkye

Fatih Sultan Mehmet-brug

Add to wishlist
I've been here
Visited
Rumelihisarı
Turkye

Bosporus.]] Fatih Sultan Mehmet-brug op die agtergrond.]]

Add to wishlist
I've been here
Visited
Anadoluhisarı
Turkye

Die Anadoluhisarı, Kasteel van Anatolië of Fort van Asië is ’n fort

Add to wishlist
I've been here
Visited
Küçüksu Palace
Turkye

Küçüksu Palace (Türkçe: Küçüksu Kasrı) is a tourist attracti

Add to wishlist
I've been here
Visited
Joshua's Hill
Turkye

Joshua's Hill (Türkçe: Yuşâ Tepesi) is a tourist attraction, one of

Add to wishlist
I've been here
Visited
Adile Sultan Palace
Turkye

Adile Sultan Palace (Türkçe: Adile Sultan Sarayı) is a tourist at

Add to wishlist
I've been here
Visited
Yoros Castle
Turkye

Yoros Castle (Türkçe: Yoros kalesi) is a tourist attraction, one of t

Similar tourist attractions

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Saimaa Canal
Finland

Saimaa Canal (Suomi: Saimaan kanava) is a tourist attraction, one of

Add to wishlist
I've been here
Visited
Kronverksky Strait
Rusland

Kronverksky Strait (Русский: Кронверкский пролив) is a touri

Add to wishlist
I've been here
Visited
Saltstraumen
Noorweë

Saltstraumen is a tourist attraction, one of the Bays and straits in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Corinth Canal
Griekeland

Corinth Canal (ελληνικά: Διώρυγα της Κορίνθου) is a to

Add to wishlist
I've been here
Visited
Ussuri Bay
Rusland

Ussuri Bay (Русский: Уссурийский залив) is a tourist attraction, on

See all similar places