Music venues in New York Stad

Carnegie Hall

7.2/10

Carnegie Hall is ’n groot konsertsaal in New York Stad waarin talle beroemde musici al opgetree het. Die konsertsaal is in 1890 deur die Skotse filantroop Andrew Carnegie gebou. Dit is een van die mees vooraanstaande en prestigeryke sale vir sowel klassieke as populêre musiek in die Verenigde State van Amerika. Om op dié verhoog te verskyn, word as 'n groot eer en prestasie beskou.

Die gebou se planne is deur die bekende New Yorkse argitek William Burnet Tuthill (1855–1929) opgetrek, wat self 'n amateur-tjellis en vader van die komponis Burnet Tuthill was. Die plek is nie net bekend vir sy argitektuur en geskiedenis nie, maar ook vir sy akoestiek. Die nagalm-tyd (vir eggo's) beloop 1,80 sekondes met publiek, sonder publiek 2,10 sekondes. Die saal word vir optredes aan groepe en kunstenaars verhuur.

Isaac Stern-ouditorium

Die hoofsaal, die Isaac Stern-ouditorium, bied sitplek aan 2840 toeskouers op vyf vlakke. Dit is na die violis Isaac Stern genoem. Die saal is lank en besoekers moet 105 stappe klim om by die boonste balkon uit te kom.

Die wêreldberoemde New Yorkse Filharmoniese Orkes het vir jare hulle konserte hier aangebied. In 1962 het hulle na 'n nuwe konsertsaal in die Lincoln-sentrum verhuis. Talle van die grootste klassieke kunstenaars het al in die ouditorium opgetree. Dit word steeds vir konserte aangewend, vir beide klassieke en populêre musiek.

Zankel-saal

Die saal bied sitplek vir 599 toeskouers. Dit is na Judy en Arthur Zankel genoem. Dit het aanvanklik die Voordragsaal (Recital Hall) geheet, maar is in 1896 na Carnegie Lyceum vernoem. Dit is vanaf 1898 deur die Amerikaanse Akademie vir Dramatiese Kunste gebruik. In 1959 is dit in 'n kinema verander. Vanaf 1997 is dit vir voordragte ingespan.

Weill Recital-saal

Die Weill Recital-saal is 'n klein konsertsaal met 268 sitplekke. Dit is in 1986 na Sanford I. Weill en sy vrou Joan vernoem. Weill was 'n voormalige voorsitter van Carnegie Hall se direksie.

Eksterne skakels

Post a comment
Tips & Hints
Arrange By:
HISTORY
21 May 2010
Construction began in 1890 and it was named after Andrew Carnegie, who paid for its construction. It opened May 5 1891 with a concert conducted by Walter Damrosch & composer Peter Ilyich Tchaikovsky
Time Out New York
31 October 2011
The best concert auditorium in NYC hosts the world’s greatest orchestras, instrumentalists and singers. Lately, prominent world-music acts and even rock bands have been added to the mix.
Load more comments
foursquare.com
Location
Map
Address

Carnegie Hall, New York, NY 10019, Verenigde State van Amerika

Get directions
Open hours
Mon-Sat 11:00 AM–6:00 PM
Sun Noon–6:00 PM
References

Carnegie Hall on Foursquare

Carnegie Hall on Facebook

Hotels nearby

See all hotels See all
Andaz 5th Avenue-a concept by Hyatt

starting $606

Bryant Park Hotel

starting $445

Archer Hotel New York

starting $439

Courtyard New York Manhattan/Fifth Avenue

starting $359

Library Hotel

starting $503

The Cozy Studio

starting $187

Recommended sights nearby

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Russian Tea Room
Verenigde State van Amerika

Russian Tea Room is a tourist attraction located in New York Stad,

Add to wishlist
I've been here
Visited
CitySpire Center
Verenigde State van Amerika

CitySpire Center is a tourist attraction located in New York Stad,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Columbus Circle
Verenigde State van Amerika

Columbus Circle is a tourist attraction located in New York Stad,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Trump International Hotel and Tower (New York City)
Verenigde State van Amerika

Trump International Hotel and Tower (New York City) is a tourist

Add to wishlist
I've been here
Visited
Museum of Modern Art
Verenigde State van Amerika

Museum of Modern Art is a tourist attraction located in New York Stad,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Paramount Plaza
Verenigde State van Amerika

Paramount Plaza is a tourist attraction located in New York Stad,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Gapstow Bridge
Verenigde State van Amerika

Gapstow Bridge is a tourist attraction located in New York Stad,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Trump Tower (New York)
Verenigde State van Amerika

Trump Tower (New York) is a tourist attraction located in New York

Similar tourist attractions

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Royal Albert Hall
Verenigde Koninkryk

Die Royal Albert Hall is 'n konsertsaal in die mees noordelike deel

Add to wishlist
I've been here
Visited
Lincoln Center for the Performing Arts
Verenigde State van Amerika

Lincoln Center for the Performing Arts is a tourist attraction located

Add to wishlist
I've been here
Visited
Hearst Greek Theatre
Verenigde State van Amerika

Hearst Greek Theatre is a tourist attraction located in Berkeley,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Rote Fabrik
Switserland

Rote Fabrik is a tourist attraction located in Zürich, Switserland

Add to wishlist
I've been here
Visited
Harpa (concert hall)
Ysland

Harpa (concert hall) is a tourist attraction located in Reykjavik,

See all similar places