Karelsuniversiteit

Die Karelsuniversiteit, ook bekend as Karelsuniversiteit in Praag (Tsjeggies: Univerzita Karlova; Latyn: Universitas Carolina; Duits: Karls-Universität) of histories as die Universiteit van Praag (Latyn: Universitas Pragensis), is die oudste en grootste universiteit in die Tsjeggiese Republiek. Dit is in 1348 gestig en was die eerste universiteit in Sentraal-Europa. Dit is een van die oudste universiteite wat deurlopend operasioneel was vanaf sy stigting oftewel waarvan die aktiwiteite nooit gestaak is nie. Vandag bestaan die universiteit uit sewentien fakulteite wat geleë is in Praag, Hradec Králové en Pilsen. Die universiteit se akademiese uitgewers-huis is Karolinum Press. Die universiteit bedryf ook verskeie museums en twee botaniese tuine.

Die universiteit se seël bevat sy beskermheer Keiser Karel IV, met sy wapen as Koning van die Romeine en Koning van Boheme wat voor Sint Wenceslaus, die beskermheilige van Boheme, kniel. Om dit is die inskrywing Sigillum Universitatis Scolarium Studii Pragensis (Afrikaans: Seël van die Praag akademie).

Geskiedenis

Middeleeuse universiteit (1349–1419)

Die inspirasie vir die stigting van 'n middeleeuse universiteit in Praag, was die Keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Karel IV gewees. Hy het sy vriend en bondgenoot, Pous Clemens VI, gevra om die universiteit tot stand te bring. Op 26 Januarie 1347 het die pous die magtiging (pouslike Bull) uitgereik wat 'n universiteit in Praag sou vestig, welke universiteit gemodelleer sou wees op die Universiteit van Parys, met die volle aantal (4) fakulteite, d.w.s. insluitende teologie. Op 7 April 1348 het Karel, die koning van Boheme, aan die nou-gevestigde universiteit sekere voorregte en kwytskeldings verleen uit hoofde van sekulêre magte vervat in 'n Goue Bull en op 14 Januarie 1349 het hy die handeling herhaal as die Koning van die Romeine. Die meeste Tsjeggiese bronne vervat in 19de eeuse ensiklopedies, algemene historieë, en materiale van die universiteit self - verkies om die jaar van 1348 aan te gee as die stigtingsjaar van die universiteit, eerder as 1347 of 1349. Dit is veroorsaak deur 'n anti-geestelike skuif in die 19de eeu wat deur beide die Tsjegge en die Duitsers gedeel is.

Die universiteit het in 1349 geopen. Die universiteit was ingedeel in dele genoem nationes: onderskeidelik die van Boheme, Beiere, Pole en Sakse. Die Boheemse Natio het Boheme, Morawiërs, suidelike Slawe en Hongare ingesluit; die Beierse deel het Oostenrykers, Swabe, Franke en studente uit die Ryn-provinsies ingesluit; die Poolse deel het mense van Silesië, van Pole en Roetene ingesluit; die Saksiese deel het inwoners van Meissen, Thüringen, die Boonste en Laer dele van Sakse, Denemarke en Swede ingesluit. Etnies Tsjeggiese studente het 16-20% van alle studente opgemaak. Aartsbiskop Arnošt van Pardubice het 'n aktiewe deel gespeel in die grondlegging van die instituut deur die geestelikes te vra om by te dra en het 'n kanselier van die universiteit geword.

Die lesings was gehou in die kolleges, waarvan die oudste, wat in 1366 gestig is, ter ere van die koning Carolinum genoem was. In 1372 het die regsfakulteit 'n onafhanklike universiteit geword.

In 1402 het Jerome van Praag in Oxford die Dialogus en Trialogus van John Wycliffe gekopieer. Die dekaan van die fakulteit filosofie, Jan Hus, het die Trialogus vertaal in Tsjeggies. In 1403 het die universiteit sy lede verbied om die leringe van Wycliffe te volg, maar sy leerstellinge het voortgegaan om populariteit te verkry.

Tydens die Westelike Skeuring het die Boheemse Natio die kant van koning Wenceslaus geneem en die konsilie van Pisa (1409) ondersteun. Die ander nationes van die universiteit het hul ondersteuning vir die kant van Pous Gregorius XII verklaar. Derhalwe was die stem 1:3 teen die Boheme. Jan Hus en ander Boheme het egter Wenceslaus se opposisie teen Gregorius uitgebuit. Die koning het by wyse van die Dekreet van Kutná Hora (Duits:Kuttenberg) op 18 Januarie 1409 die universiteit se grondwet ondermyn deur aan die Boheemse meesters drie stemme toe te ken. Slegs 'n enkele stem het gekombineerd vir die ander drie nationes oorgebly, vergeleke met een stem vir elke natio soos tevore. Die resultaat van hierdie coup was die emigrasie van buitelandse (meestal Duits) professore en studente, welke in Mei 1409 die Universiteit van Leipzig sou stig. Voor die gebeurtenis het die universiteit omtrent 200 doktorale- en magister studente gehad, asook vyfhonderd baccalaureus studente en in totaal 30,000 studente; die universiteit het 'n groot deel van sy studente- en personeelkorps verloor. Skattinge van die verlies wissel van 5000 tot 20,000, insluitende ses-en-veertig professore. In die herfs van 1409 was Jan Hus verkies tot rektor van die nou Tsjeggies-gedomineerde universiteit.

Derhalwe het die Praagse universiteit die grootste deel van sy studente en fakulteit verloor. Van toe af het die universiteit verval tot 'n blote streeks-instelling met 'n baie lae status. Die fakulteite van teologie en regte het gou verdwyn (in 1419), en slegs die Fakulteit van Kunste het bly voortbestaan.

Protestantse akademie (1419–1622)

Die Fakulteit van Kunste, Karelsuniversiteit in Praag, het die sentrum van die Hussiete beweging geword, en die hoof doktrinale gesagsliggaam van die Ultrakwiste. Geen grade was in die jare 1417-1430 toegeken nie, en by tye was daar slegs agt of nege professors aanwesig. Keiser Sigismund, seun van Charles IV, het dit wat oorgebly het as sy persoonlike eiendom opgeneem en daar was op beskeie vlak vooruitgang gemaak. Keiser Ferdinand I het die Jesuïete na Praag opgeroep, en in 1562 het hulle 'n akademie gestig-die Clementinum. Van 1541 tot 1558 was die Tsjeggiese humanis Mattheus Collinus (1516–1566) aldaar 'n professor van Grieks. Vooruitgang was ook gemaak toe keiser Rudolf II residensie opgeneem het in Praag. In 1609 was die verpligte selibaatheid van professors afgeskaf. In 1616 het die Jesuïete Akademie 'n universiteit geword. (Dit kon akademiese grade toeken.)

Die Jesuïete was uitgesit in 1618-1621 gedurende die vroeë stadiums van die Dertigjarige oorlog wat in Praag begin is deur anti-Katolieke en anti-imperiale Boheme. Teen 1622 het die Jesuïete beskik oor 'n predominante invloed oor die keiser. 'n Imperiale dekreet van 19 September 1622 het die Jesuïete beheer oor die gehele skoolsisteem van Bohemia, Morawië en Silesië gegee. Die laaste vier professors by die Carolinum het bedank en die Carolinum en nege kolleges daarvan het na die Jesuïete gegaan. Die reg om grade toe te ken, om kanselierskappe te hou en om sekulêre professors aan te stel was ook aan die Jesuïete toegestaan.

Karel-Ferdinand Universiteit (1622–1882)

Kardinaal Ernst Adalbert von Harrach het aktief die samesmelting van die universiteit met ander institusies, en die onttrekking van die episkopalistiese reg tot die kanselierskap, teengestaan en het die optrek van die Goue Bull vir die bevestiging van die toegif aan die Jesuïete verhoed. Kardinaal Ernst het die Collegium Adalbertinum befonds, en in 1638 het keiser Ferdinand III van die Heilige Romeinse Ryk die onderrig-monopolie wat deur die Jesuïete geniet was beperk. Hy het hulle ontneem van die regte, eiendomme en argiewe van die Carolinum en die universiteit weereens onafhanklik gemaak onder 'n imperiale beskermheer. Gedurende die laaste jare van die Dertigjarige oorlog was die Karelsbrug in Praag op dapper en moedige wyse deur studente van die Carolinum en Clemtinum beskerm. Sedert 1650 het die wat enige grade ontvang het 'n eed geneem om die Onbevlekte Ontvangs van die Heilige Maagd te onderhou, welke elke jaar hernu word.

Op 23 Februarie 1654 het keiser Ferdinand III van die Heilige Romeinse Ryk die Carolinum en Clementium laat saamsmelt en 'n enkele universiteit geskep met vier fakulteite- naamlik Karel Ferdinand Universiteit. Carolinum het op die stadium slegs beskik oor 'n Fakulteit van Kunste (Praag) synde die enigste fakulteit wat die tydperk van die Hussiete-oorloë oorleef het. Beginnende in die tyd het die universiteit homself aangewys as Karel-Ferdinand Universiteit (Latyn:|Universitatis Carolinae Ferdinandeae). Die verweerde en verwaarloosde Carolinum was in 1718 op die onkoste van die staat herbou.

Die herbouing en die burokratiese hervormings van die universiteit in die tyd van die Habsburg vorstehuis in 1752 en 1754 het die universiteit ontneem van baie van sy voormalige voorregte. In 1757 was 'n Augustiniaan en Dominikaan aangestel om teologiese onderrig te gee. Daar was egter 'n geleidelike bekendstelling van verligte hervormings , en die proses het teen die einde van die eeu gekulmineer toe selfs nie-Katolieke die reg gegee is om te studeer. Op 29 Julie 1784 het Duits Latyn as die taal van instruksie of onderrigtaal vervang. Vir die eerste keer was Protestante toegelaat en kort daarna ook Jode. Die universiteit het die benodigdheid vir 'n Tsjeggiese taal en literatuur Stoel erken. Keiser Leopold II van die Heilige Romeinse Ryk het op 28 Oktober 1791 die Stoel deur 'n Hof-like dekreet gestig. Op 15 Mei 1792 is die geleerde en geskiedkundige, Franz Martin Pelzel (Tsjeggies: František Martin Pelcl) die professor van die Stoel gemaak. Hy het op 13 Maart 1793 'n aanvang geneem met sy lesings.

Tydens die rewolusie van 1848 het beide Duitse en Tsjeggiese studente geveg vir die byvoeging van die Tsjeggiese taal by die Karel-Ferdinand Universiteit as 'n onderrigtaal. As gevolg van die demografiese veranderinge van die 19de eeu, het Praag teen omtrent 1860 nie meer beskik oor 'n meerderheid Duitstalige inwoners nie. Teen 1863 was twee-en-twintig kursusse gehou in Tsjeggies, en die res (uit 187 lesings) was in Duits gehou. In 1864 het die Duitsers die stigting van 'n aparte Tsjeggiese universiteit voorgestel. Tsjeggiese professors het die voorstel verwerp omdat hulle nie ontneem wou wees van die kontinuïteit van die universiteit se tradisies nie.

Skeuring in Tsjeggiese en Duitse universiteite

Dit het gou begin duidelik word dat nòg die Tsjegge nòg die Duitsers tevrede was met die tweetalige reëling wat die universiteit na die rewolusie van 1848 aangeneem het. Die Tsjegge het ook geweier om die idee van die herinstelling van die 1349 Natio universiteit (Nasies-universiteit) te ondersteun, en het in stede daarvan hul ondersteuning verklaar vir die idee om die universiteit bymekaar te hou, maar dit in verskillende universiteits-kolleges te verdeel, een Tsjeggies en een Duits. Dit sou beide die Tsjegge en Duitsers toegelaat het om die kollektiewe tradisies van die universiteit te behou. Die Duitssprekendes het egter gou die voorstel ge-veto, en het 'n suiwer Duitse universiteit verkies: hulle het voorgestel dat die Karelsuniversiteit verdeel word in twee aparte institusies.

Na lang samesprekings was die Karel-Ferdinand universiteit in 'n Duitse Karel-Ferdinand (Duits:Deutsche Karl-Ferdinands-Universität) en 'n Tsjeggiese Karel-Ferdinand Universiteit (Tsjeggies:Česká universita Karlo-Ferdinandova) deur 'n wet van die Keiserlike Raad (Oostenryk) verdeel, welke op 28 Februarie 1882 deur Keiser Frans Ferdinand bekragtig is. Elke afdeling was heeltemal onafhanklik van die ander en het gelyke status geniet. Die twee universiteite het egter mediese en wetenskaplike institute gedeel, asook die ou kentekens, die aula, biblioteek, en botaniese tuine, maar algemene fasiliteit is deur die Duitse universiteit geadministreer. Die eerste rektor van die Tsjeggiese Universiteit was Václav Vladivoj Tomek.

In 1890 het die Koninklike en Keiserlike Tsjeggiese Karel-Ferdinand Universiteit honderd-en-twaalf lektore en 2 191 studente gehad en die Koninklike en Keiserlike Duitse Charles-Ferdinand Universiteit 146 lektore en 1 438 studente. Beide universiteite het beskik oor drie fakulteite; Die Teologiese Fakulteit is tot 1891 gedeel, toe dit ook verdeel is. In die wintersemester van 1909-10 het die Duitse Karel-Ferdinand Universiteit 1 778 studente gehad, en diè was verdeel in agt-en-vyftig teologiestudente, vir beide die sekulêre priesterskap en godsdienstige ordes; 775 regstudente; 376 mediese studente en 589 filosofiestudente. Omtrent tagtig van die studente was vroulik. Die professore was as volg verdeel: teologie, sewe gereelde professore, een assistent-professor, 1 dosent/lektor; regte, twaalf gereelde professore, twee assistent-professore, vier dosente/lektore; medisyne, vyftien gereelde professore, negentien assistente, 30 dosente/lektore; filosofie, dertig gereeld professore, agt assistent-professore, negentien dosente/lektore, sewe lektore. In die wintersemester van 1909-10 het die Tsjeggiese Karel-Ferdinand Universiteit 4,319 studente gehad, en diè was verdeel in 131 teologiestudente, vir beide die sekulêre priesterskap en godsdienstige ordes; 1 962 regstudente; 687 mediese studente en 1 539 filosofiestudente. Omtrent 256 van die studente was vroulik. Die professore was as volg verdeel: teologie, agt gereelde professore, twee dosente/lektor; regte, twaalf gereelde professore, sewe assistent-professore, twaalf dosente/lektore; medisyne, sestien gereelde professore, 22 assistente, 24 dosente/lektore; filosofie, nege-en-twintig gereeld professore, sestien assistent-professore, 35 dosente/lektore, elf lektore.

Die hoogtepunt van die Duitse Universiteit was die era voorafgaande die Eerste Wêreldoorlog, toe dit die tuiste was van wêreldbekende wetenskaplikes soos die fisici en filosowe Ernst Mach, Moritz Winternitz en Albert Einstein. Bykomend hiertoe, het die Duitstalige studente bekende indiwidue soos die toekomstige skrywers Max Brod, Franz Kafka, en Johannes Urzidil ingesluit. Die "Lese- und Redehalle der deutschen Studenten in Prag" (Die "Lees- en Lesingsaal van die Duitse studente in Praag"), wat in 1848 gestig was, was 'n belangrike sosiale en wetenskaplike sentrum. Hulle biblioteek het in 1885 meer as 23 519 boeke bevat asook 248 wetenskaplike joernale, 19 daaglikse koerante, 49 tydskrifte en 34 vermaaksuitgawes. Gereelde lesings is gehou met wetenskaplike en politiese temas.

Selfs voor Oostenryk-Hongarye in 1918 ontbind is, om opgevolg te word deur nasionale state, waaronder Tjeggoslowakye, het Tsjeggiese politici geëis dat die kentekens van 1348 eksklusief deur die Tsjeggiese universiteit gehou word. Wet No. 197/1919 Sb. z. a n. het die Protestante Teologiese Fakulteit gestig, maar nie as deel van die Karelsuniversiteit nie. Dit het egter op 10 Mei 1990 verander, toe dit 'n fakulteit van die universiteit geword het. In 1920 was die sogenaamde ' (No. 135/1920 Sb. z. a n.) uitgereik wat vernoem was na sy inisieerder, fisiologie professor František Mareš, wat bepaal het dat die Tsjeggiese universiteit die opvolger was tot die oorspronklike universiteit. Dit het die Habsburgse naam of titel Ferdinand uitgelaat, en dit sou voortaan bekend staan as die Karelsuniversiteit, terwyl die Duitse universiteit nie genoem is in die dokument nie, en voortaan amptelik bekend sou staan as die Duitse Universiteit in Praag(Duits:Deutsche Universität Prag).

In 1921 het die Duitsers dit oorweeg om hul universiteit te skuif na Liberec (Duits:Reichenberg), in Noord-Boheme. In 1930 het omtrent 42 000 inwoners van Praag Duits as hul huistaal gepraat, terwyl miljoene Duitssprekendes in noordelike, suidelike en westerse Boheme, in Tsjeggies-Silesië en dele van Morawië naby die grense met Oostenryk en Duitsland gewoon het.

In Oktober 1932, na Naegle se dood, het die Tsjegge weer 'n kontroversie oor die kentekens veroorsaak. Etniese spanning het verhoog, alhoewel sommige professore van die Duitse Universiteit lede was van die Tsjeggoslowaakse regering. Enige ooreenkoms om die kentekens vir beide die universiteite te gebruik was verwerp. Op 21 November 1934 moes die Duitse Universiteit die kentekens oorhandig an die Tsjegge. Die senaat van die Duitse Universiteit het 'n afvaardiging gestuur na die Minister van Onderwys, ene Krčmář, om te protesteer teen die bevel. Op die middaguur van 24 November 1934 het duisende studente van die Tsjeggiese Universiteit voor die gebou van die Duitse universiteit geprotesteer. Die Tsjeggiese rektor, Karel Domin, het 'n toespraak gegee wat die skare aangemoedig het om aan te val, terwyl die oordonderde Duitse studente probeer weerstand bied het. Op 25 November 1934 het die rektor, Otto Grosser (1873-1951) onder die dreigement van geweld die kentekens oorhandig. Die moeilikhede van 1934 het die verhoudinge tussen die twee universiteite en nasionaliteit beskadig.

Die gety het egter in 1938 gedraai na die München-ooreenkoms toe Duitse troepe die grensgebiede van Tjeggoslowakye binnegeval het (die sogenaamde Sudetenland), net soos wat Poolse en Hongaarse troepe elders gedoen het. Op 15 Maart 1939 het die Duitsers Tjeggoslowakye gedwing om te skeur en die Tsjeggiese land is deur die Duitsers geokkupeer as die Protektoraat van Boheme en Morawië. Reichsprotektor Konstantin von Neurath het die historiese kentekens aan die Duitse universiteit oorhandig, wat amptelik hernoem was na die Deutsche Karls-Universität in Prag. Op 1 September 1939 is die Duitse Universiteit onderhewig gestel aan die Ryksdepartement van Opvoeding in Berlyn en op 4 November 1939 is dit geproklameer as 'n Reichsuniversität.

Op 28 Oktober 1939 gedurende 'n demonstrasie, is Jan Opletal geskiet. Sy begrafnis op 15 November 1939 het in nog 'n demonstrasie ontaard. Op 17 November 1939 (nou bekend as Internasionale Studentedag) was die Tsjeggiese Universiteit en alle ander hoër onderwysinstellings gesluit, en dit sou so bly tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Nege studenteleiers is tereggestel en omtrent 1 200 Tsjeggiese studente is geïnterneer in die Sachsenhausen konsentrasiekamp en nie tot 1943 vrygelaat nie. Omtrent twintig or 35 geinterneerde studente het in die kamp omgekom. Op 8 Mei 1940 was die Tsjeggiese Universiteit amptelik hernoem na die Tsjeggiese Karelsuniversiteit. (Tsjeggies:Česká universita Karlova}}) deur regeringsregulasie 188/1940 Coll.

Die Tweede Wêreldoorlog merk die einde van die naasbestaan van die universiteit in Praag.

Teenswoordige universiteit (sedert 1945)

Alhoewel die universiteit begin herstel het na 1945, het dit nie vir 'n lang tyd akademiese vryheid geniet nie. Na die kommunistiese staatsgreep van 1948 het die nuwe regime begin om "suiwerings" te reel en alle vorme van meningsverskille en onenigheid met die amptelike ideologie van onderdruk, en dit het aangehou om so te doen vir die volgende vier dekades, met die tweede golf van suiwerings wat plaasgevind het gedurende die Tsjeggoslowaakse Normalisasie tydperk wat begin het in die 1970's. Die situasie het slegs in die 1980's begin verbeter;studente het verskeie aktiwiteite georganiseer en verskeie vreedsame demonstrasies in die nasleep van die buitelandse Rewolusies van 1989 het plaasgevind . Die het die Fluweel Rewolusie in 1989 geïnisieer waarin beide studente en fakulteitslede 'n groot rol gespeel het. Václav Havel—'n skrywer, dramatis en filosoof, was van die onafhanklike akademiese gemeenskap gewerf en in Desember 1989 aangestel as president van die nuwe republiek.

Ligging

Die Karelsuniversiteit beskik nie oor een gesamentlike kampus nie. Die akademiese fasiliteit is regdeur die stad van Praag geleë, en drie van die fakulteite is geleë in ander stede. (twee van hulle in Hradec Králové, en een in Pilsen). Die historiese hoofgebou van die 14de eeu, genaamd die Carolinum is geleë in die Ou Stad van Praag, en maak die universiteit se sentrum uit. Dit is die setel van die Rektor en van die akademiese senaat van Karelsuniversiteit. Die Carolinum is ook die ligging vir Amptelike akademiese seremonies soos matrikulasies of graduasies.

Die Botaniese Tuin van die Karelsuniversiteit in Praag word onderhou deur die Fakulteit van Wetenskappe en is geleë in die Nuwe Stad van Praag.

Organisasie

Fakulteite

Die vier oorspronklike fakulteite van die Karelsuniversiteit was die: Regsfakulteit, Medisyne, Kuns (filosofie) en teologie (nou Katolieke teologie). Vandag bestaan die Karelsuniversiteit uit sewentien fakulteite, wat hoofsaaklik gebaseer is in Praag, met twee huise in Hradec Králové en een in Plzeň.

  • Fakulteit van Katolieke Teologie
  • Fakulteit van Protestantse Evangeliese Teologie
  • Hussiet Teologiese Fakulteit
  • Fakulteit van Regte
  • Eerste Fakulteit van Medisyne
  • Tweede Fakulteit van Medisyne
  • Derde Fakulteit van Medisyne
  • Fakulteit van Medisyne in Plzeň
  • Fakulteit van Medisyne in Hradec Králové
  • Fakulteit van Farmakologie in Hradec Králové
  • Fakulteit van Kunste in Praag
  • Fakulteit van Wetenskappe
  • Fakulteit van Wiskunde en Fisika
  • Fakulteit van Opvoeding
  • Fakulteit van Maatskaplike Wetenskappe, Praag
  • Fakulteit van Fisiese Opvoeding en Sport
  • Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, Praag

Akademiese instellings

  • Instituut van die Geskiedenis en Argiewe van die Karelsuniversiteit
  • Sentrum vir Teoretiese Studies
  • Sentrum vir Ekonomiese Navorsing en Nagraadse Opvoeding (CERGE-EI) saam met Akademie van Wetenskappe van die Tsjeggiese Republiek)
  • Omgewingsentrum

Ander eenhede

  • Rekenaarwetenskap Sentrum
  • Sentrum vir die Oordrag van Kennis en Tegnologie
  • Instituut vir Taal en Voorbereidende Studies
  • Sentrale Biblioteek van die Karelsuniversiteit
  • Agentskap van die Raad van Hoëronderwys-instellings

Ranglyste

Volgens die QS Vak-ranglys is die Karelsuniversiteit tussen die beste 51–100 universiteite in die wêreld wat betref geografie en linguistiek.

QS Vakke 2011 2018
Natuurlike Wetenskappe 174 197()
Ingenieurswese en Tegnologie 325 401-450()
Lettere en Wysbegeerte 184 193()
Maatskaplike Wetenskappe en Bestuur 229 302()
Menswetenskappe en Medisyne 250 219()
Shanghai Vak-velde 2012 2018
Wiskunde 151–200 151–200(geen verandering nie)
Fisika 151–200 76–100()

Internasionale samewerking

In Duitsland werk die Karelsuniversiteit in Praag saam met die Goethe-Universiteit in Frankfurt/hoof. Beide stede is ook geskakel by wyse van 'n vennootskaps-ooreenkoms.

tabel van noemenswaardige fakulteitslede en studente

Noemenswaardige studente

Onverdeel, voor 1882 Tsjeggiese Universiteit
(1882–1939 en 1945–teenswoordig)
Duitse Universiteit
(1882–1945)
  • Bernard Bolzano (1781–1848), wiskundige en filosoof
  • Vincenz Czerny (1842–1916), sjirurg
  • Josef Dobrovský (1753–1829), filoloog en historikus
  • Samuel Fritz (1654–1730), Jesuïet sendeling en kartograaf
  • Anton Gindely (1829–1892), historikus
  • Jan Hus (1369–1415), godsdienstige denker en hervormer
  • Karel Hynek Mácha (1810–1836), digter en skrywer
  • Giovanni Kminek-Szedlo (1828–1896), Egiptoloog
  • Jan Marek Marci (1595–1677), dokter
  • Jan Evangelista Purkyně (1787–1869), fisioloog
  • Agustín Stahl (1842–1917), wetenskaplike
  • Ferdinand Stoliczka (1838–1874), paleontoloog
  • Matthias of Trakai (c. 1370–1453), Biskop van Vilnius
  • Jan Erazim Vocel (1803–1871), digter, argeoloog, historikus
  • Václav Bělohradský (g. 1944) filosoof
  • Antonín Holý (1936–2012) Tsjeggiese chemikus wat 'n belangrike rol gespeel het in die skepping van medisyne om MIV en Vigs te behandel
  • Edvard Beneš (1884–1948), sosiloog, tweede president van Tsjeggo-Slowakye
  • Adalbert Czerny (1863–1941), pediater
  • Karel Čapek (1890–1938), skrywer
  • Eduard Čech (1893–1960), wiskundige
  • Stanislav Grof (b. 1931), 'n stigter van transpersoonlike psigologie
  • Jaroslav Heyrovský (1890–1967), chemikus, Nobelprys-wenner
  • Václav Hlavatý (1894–1969), Tsjeggies-Amerikaanse wiskundige
  • Miroslav Holub (1923–1998), skrywer en immunoloog
  • Bohumil Hrabal (1914–1997), skrywer
  • Jan Janský (1873–1921), ontdekker van bloedtipes
  • Charles I of Austria (1887–1922), laaste keiser van Oostenryk, laaste koning van Bohemia (Tsjeggiese en Duitse universiteite)
  • Jan Kavan (b. 1946), politikus en diplomaat
  • Luboš Kohoutek (b. 1935), astroloog
  • Henry Kučera (b. 1925), linguis/kognitiewe wetenskaplike
  • Martin Kukučín (1860–1928), Slowaakse skrywer
  • Milan Kundera (b. 1929), skrywer
  • Lyubomir Miletich (1863–1937), Bulgaarse akademikus
  • George Placzek (1905–1955), fisikus
  • Jan Stráský (b. 1940), politikus
  • Ota Šik (1919–2004), ekonoom
  • Vavro Šrobár (1867–1950), Tsjeggo-Slowaakse dokter en politikus van Slowaakse oorsprong
  • Peter Tomka (b. 1956), Regter van die Internasionale Geregshof
  • Ivana Trump (b. 1949), Entrepreneur
  • Vladislav Vančura (1891–1942), skrywer
  • Michał Vituška (1907–1945), Belarussiese leier van die Swart Katte
  • Wilhelm Winkler (1884–1984), statistikus
  • David Navara (b. 1985), skaak-meester
  • Ferdinand Blumentritt
  • Johann Böhm
  • Max Brod (1884–1968), skrywer
  • Carl Ferdinand Cori (1896–1984), biochemikus, Nobelprys-wenner
  • Gerty Cori (1896–1957), biochemikus, Nobelprys-wenner
  • Carl Friedrich Heinrich Credner
  • Karl Deutsch (1912–1992), maatskaplike en politiese wetenskaplike
  • Viktor Fischl (1912–2006), digter en diplomaat
  • Karl Hermann Frank
  • Hermann Grab
  • Erich Heller
  • Friedrich Hopfner
  • Franz Hofmeister
  • Franz Kafka (1883–1924), skrywer
  • Charles I of Austria (1887–1922), laaste keiser van Oostenryk, laaste koning van Bohemia (Duitse en Tsjeggiese universiteite)
  • Egon Erwin Kisch (1885–1948), skrywer en joernalis
  • Wilhelm Klein
  • Paul Kornfeld
  • Arthur Mahler
  • August Leopold von Reuss
  • Rainer Maria Rilke
  • Johannes Urzidil (1896–1970), skrywer en joernalis
  • Felix Weltsch
  • Max Wertheimer (1880–1943), psigoloog
  • Wolf W. Zuelzer (1909–1987), pediatriese patoloog

Noemenswaardige akademici

onverdeel voor 1882 Tsjeggiese Universiteit
(1882–1939 en 1945–tot die hede)
Duitse Universiteit
(1882–1945)
  • Jan Gebauer
  • Anton Gindely
  • Jan Hus – godsdienstige denker en hervormer
  • Jan Jesenius – dokter en politikus van Slowaakse oorsprong
  • Ignatz Mühlwenzel – wiskundige en oogkundige
  • František Josef Studnička
  • Johannes Vodnianus Campanus – outeur, dramaturg
  • Stanislav Vydra
  • Bohuslav Balcar
  • Václav Bělohradský
  • Edvard Beneš
  • Eduard Čech
  • Karel Domin
  • Miroslav Fiedler
  • Jan Gebauer
  • František Graus
  • Jan Hajič
  • Eva Hajičová
  • Václav Hampl
  • Miroslav Hroch
  • Bedřich Hrozný
  • Vojtěch Jarník – wiskundige
  • Konstantin Josef Jireček
  • Erazim Kohák
  • Karel Kosík
  • Tomáš Garrigue Masaryk – filosoof, politikus, 1ste president van Tsjeggo-Slowakye
  • Vilém Mathesius
  • Josef Matoušek
  • Jan Mukařovský – Literêre teoretikus, linguis (taalkundige)
  • Alois Musil – orientalis
  • Milan Nakonečný
  • Jaroslav Nešetřil – wiskundige
  • Jan Patočka – filosoof
  • Josef Ladislav Píč
  • Antonín Rezek
  • Stanislav Segert
  • Petr Sgall
  • František Josef Studnička
  • Vojtěch Šafařík
  • František Šmahel
  • Pavel Tichý
  • Dušan Třeštík
  • Petr Vopěnka
  • Ivan Wilhelm
  • Zdenek Herman
  • Friedrich Adler
  • Alfred Amonn
  • Gustav Becking
  • Albert Einstein – teoretiese fisikus
  • Phillip Frank – teoretiese fisikus
  • Gerhard Gentzen
  • Heinrich Hilgenreiner
  • Otto Kahler
  • Gustav Karl Laube
  • Ernst Mach – teoretiese fisikus
  • Günther von Mannagetta und Lërchenau Beck
  • Hans Petersson
  • Josef Pfitzner (1901–1945), Nazi politikus, geskiedkundige en Standartenführer in die SA wat vir oorlogsmisdade tereggestel was
  • Ernst Pringsheim
  • Ernst Pringsheim, Jr.
  • Friedrich Reinitzer –
  • Samuel Friedrich Stein
  • Friedrich Weleminsky
  • Moritz Winternitz
  • Alfred Woltmann

Leierskap

  • Prof. MUDr. Tomáš Zima, DrSc., MBA het prof. RNDr. Václav Hampl, DrSc. op 1 Februarie 2014 opgevolg as Rektor van die Karelsuniversiteit.

Verwysings

Verdere leeswerk

  • Chad Bryant: Prague in Black. Nazi Rule and Czech Nationalism. Harvard Press
  • cs (František Kavka): The Caroline University of Prague. A short history
  • Peter Demetz: Prague in Black and Gold. Scenes from the Life of European City

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Aycan
26 March 2017
Has a very nice bookstore
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Old Town Square Hotel & Residence

vanaf $356

Hotel Lippert

vanaf $141

Grand Hotel Praha

vanaf $302

Hotel Cerny Slon

vanaf $117

Dusni Apartments

vanaf $93

U T?í Bubn?

vanaf $107

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Wallensteinträdgården

Wallensteinträdgården är en barockträdgård vid Wall

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Wallenstein Palace

Wallenstein Palace (Czech: Valdštejnský palác) is a Baroque palace in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St. George's Convent, Prague

The Convent of Saint George was a Benedictine convent located in the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Lennon Wall

The Lennon Wall is a wall in Prague, Czech Republic. Once a normal

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Sint-Vituskatedraal

Die Sint-Vituskatedraal (Tsjeggies: Katedrála sv. Víta oder Chrám sv

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Praagse kasteel

Die Praagse kasteel (Tsjeggies: Pražský hrad) is die grootste g

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Prague Castle View Point

Prague Castle View Point is 'n toeristeaantreklikheid, een van die

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Golden Lane

Golden Lane (in Czech Zlatá ulička) is a street situated at the P

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
University of Helsinki

The University of Helsinki (Finnish: Helsingin yliopisto, Swedish:

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
University of Tokyo

The University of Tokyo (東京大学, Tōkyō daigaku), abbreviated as Todai

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Sofia University

The St. Clement of Ohrid University of Sofia or Sofia University

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Ghent University

Ghent University (in Dutch, Universiteit Gent, abbreviated UGent) is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
University of Chicago

The University of Chicago is a private university located principally

Sien alle soortgelyke plekke