Chimborazo is 'n bergmassief en 'n dormante vulkaan in Suid-Amerika in die middel van Ecuador. Dit het 'n hoogte van 6268 meter en is die hoogste berg in Ecuador.
Die hoogste punt van die berg is die plek wat die verste van die middelpunt van die Aarde af is. Alhoewel Mount Everest hoër is, is Chimborazo weens die ronding om die ewenaar verder van die Aarde se kern af.