Christus die Verlosser

Christus die Verlosser
Standbeeld van Christus die Verlosser wat oor Rio de Janeiro uittroon.
Standbeeld van Christus die Verlosser wat oor Rio de Janeiro uittroon.
Land Vlag van Brasilië Brasilië
Onthul 12 Oktober 1931
Plek Rio de Janeiro, Brasilië
Ontwerp Heitor da Silva Costa
Vervaardig Paul Landowski

Christus die Verlosser (Portugees: Cristo Redentor) is 'n groot standbeeld van Jesus Christus in die wyk Alto da Boa Vista in die stad Rio de Janeiro in Brasilië. Die beeld is 38 meter hoog en staan op die 710 meter hoë Corcovado-berg, wat oor die stad uitkyk. Van 1931 tot 2010 was dit die grootste Art Deco-standbeeld ter wêreld.

Geskiedenis

Hoof van Christus die Verlosser

Die idee vir die standbeeld dateer uit 1850 en kom van die Katolieke priester Pedro Maria Boss. Hy vra koningin Isabel om dit te finansier, maar sy is nie daarvoor te vinde nie. In 1889 word die projek finaal afgelas, nadat Brasilië 'n republiek geword en die nuwe wette bepaal het dat die kerk en staat geskei moet bly.

In 1921 kry die kerk van Rio de Janeiro dit reg om nuwe lewe in die plan te blaas. Hulle organiseer 'n Semana do Monumento ("Monumenteweek") om geld in te samel sodat die monument tog verwesenlik kan word.

Op 12 Oktober 1931, na 9 jaar se werk, was die monument gereed en is dit in 'n uitgebreide seremonie deur president Getúlio Vargas ingewy. Een van die beplande hoogtepunte was die aanskakel van die beligting. Dit sou deur Guglielmo Marconi vanaf sy seiljag gedoen word, maar as gevolg van slegte weer moes arbeiders op die berg die beligting met die hand aanskakel.

Die monument weeg 1 145 ton, het 'n hoogte van 38 meter en die spanbreedte tussen die twee arms is 28 meter. Die beeld is deur ingenieur Heitor da Silva Costa ontwerp en in Frankryk deur die Frans-Poolse beeldhouer Paul Landowski gebou, waarna dit in blokke van 16 ton na Brasilië verskeep is.

Toegang

Christus die Verlosser op die Corcovado-berg

'n Tandrat-baan, die Corcovado Rack Railway, klim van die Floresta da Tijuca tot reg onder die standbeeld. Die tog duur 20 minute. Die berg kan ook per motor bestyg word. Daarna moet 'n verdere 222 tree geklim word, wat aan die einde van die tandrat-baan se stasie begin. Die beeld kan deesdae ook met een van die drie hysbakke of die vier roltrappe bereik word.

Interessante feite

  • In 2007 is dié Christusbeeld as een van die Sewe Nuwe Wonders van die wêreld aangewys.
  • As gevolg van aardverskuiwings na hewige reënval is die standbeeld in April 2010 vir die eerste keer sedert sy inhuldiging vir die publiek gesluit.
  • Op 17 Januarie 2014 is 'n vinger van die standbeeld deur 'n bliksemstraal beskadig.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Christus die Verlosser.

Koördinate: Kategorie:Koördinate op Wikidata

Kategorie:Monumente Kategorie:Rio de Janeiro Kategorie:Geboue in Brasilië Kategorie:Christendom in Brasilië Kategorie:Jesus

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Emilio Borel
15 August 2014
Children aged 6-12 pay half the adult fare and under 5 get in for free. Try and arrive as early as possible so as to avoid big crowds and get the best shots at the top. The view up there is amazing!
Carlos Alcantara
26 December 2014
There is no doubt why this is one of the 7 wonderful things in the World! Its amazing, fantastic view of all Rio de Janeiro. It's definitely a must do when in RJ.
Quinn Comendant
27 August 2016
The hiking trail between Parque Lage and Corcovado (the mountain on which is the Christ) is very difficult and reais climbing over rocks and slippery terrain. It takes at least a couple hours.
Sezgin Güzel
24 November 2015
this place occupied our minds butconsidering the best time of day:)) just do it as earlier as possible and focus on the rest in Rio ✌️even if there is fog up in there, take your sun cream with you.
ᴡ Hay
12 August 2014
Highly recommend hiking up from Parque Lage. Takes about an hour and a half and isn't easy going but it's a great feeling when you get up there! You can buy your entry ticket at the turnstile up top.
Gato Monge
14 July 2013
RIO DE JANEIRO - World Heritage UNESCO The site consists of an exceptional urban setting encompassing the key natural elements that have shaped and inspired the development of the city
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Américas Granada Hotel

vanaf $39

Ibis Rio de Janeiro Centro

vanaf $50

Rio's Presidente Hotel

vanaf $31

Belga Hotel

vanaf $28

Ibis Budget Rio de Janeiro Centro

vanaf $33

Hotel Carioca

vanaf $20

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Corcovado

Corcovado (Portuguese pronunciation: [koɾkoˈvadu]), meaning '

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Parque Lage

Parque Lage (in full 'Parque Enrique Lage') is a public park in the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Rodrigo de Freitas Lagoon

Rodrigo de Freitas Lagoon (Portuguese: Lagoa Rodrigo de Freitas) is a

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Rio de Janeiro Botanical Garden

The Rio de Janeiro Botanical Garden or Jardim Botânico is located at

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Cemitério São João Batista

Cemitério São João Batista (Cemetery of Saint John the Baptist) is a

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hipódromo da Gávea

Hipódromo da Gávea is located in Gávea neighborhood, Rio de Ja

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Copacabana

Copacabana is 'n buurt in die suide van die Brasiliaanse stad Rio de

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Praia de Ipanema

A praia de Ipanema localiza-se no bairro de Ipanema, na zona Sul da

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Abraham Lincoln (1920 statue)

Abraham Lincoln (1920) is a colossal seated figure of U.S. President

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
RG1/1 RX-78-2 ガンダム Ver.GFT

RG1/1 RX-78-2 ガンダム Ver.GFT is 'n toeristeaantreklikheid, een van die

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Vulcan statue

The Vulcan statue is the largest cast iron statue in the world, and is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Big Tex

Big Tex is a 55-foot (16 m) tall statue and marketing icon of the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
The Keeper of the Plains

The Keeper of the Plains is a Шаблон:Convert Cor-Ten steel sculp

Sien alle soortgelyke plekke