Djebel Barkal

Djebel Barkal (Arabies: جبل بركل) is ’n klein berg by die dorp Karima sowat 400 km noord van Khartoem, Soedan. Dit staan by ’n groot draai in die Nylrivier in ’n streek met die naam Nubië. Dit word ook Jebel of Gebel Barkal gespel.

Die berg is 98 m hoog, is plat bo en is oënskynlik as ’n landmerk gebruik deur handelaars op die belangrike roete tussen Sentraal-Afrika, Arabië en Egipte omdat die rivier daar maklik was om oor te steek. Die berg en die historiese stad Napata aan sy voet is in 2003 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar.

Geskiedenis

Omstreeks 1450 v.C. het die Egiptiese farao Toetmoses III sy ryk tot in dié streek uitgebrei en Djebel Barkal as sy suidelike grens beskou. Daar het hy ’n veldtog gevoer naby die stad Napata, wat sowat 300 jaar later die hoofstad van die onafhanklike Koninkryk van Koesj geword het. Die 25ste-dinastiese Egiptiese koning Pije het tydens die Nuwe Ryk se bestaan sy tempel van Amoen in dié stad laat bou en sy Oorwinningstele van sy 20ste bewindsjaar in die tempel opgerig.

Ruïnes

Die ruïnes om Djebel Barkal sluit in minstens 13 tempels en 3 paleise, wat vir die eerste keer in die 1820's deur Europese ontdekkers beskryf is. Uitgrawings is in 1916 egter eers begin doen deur twee spanne onder George Reisner. Van die 1970's af word nog uitgrawings gedoen. Die grootste tempels, soos dié van Amoer, word vandag steeds deur die plaaslike bevolking as heilig beskou.

Djebel Barkal was ook ’n koninklike dodeakker en die ruïnes van verskeie piramides word hier aangetref. Die eerste konings is in die 3de eeu v.C. hier begrawe.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie .
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Daar is nog geen wenke of wenke vir Djebel Barkal nie. Miskien is u die eerste een wat nuttige inligting vir medereisigers plaas? :)

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Pyramisa Isis Island Aswan Resort & Spa

vanaf $66

Sofitel Legend Old Cataract Aswan

vanaf $268

Nefertari Hotel Abu Simble

vanaf $90

Basma Hotel Aswan

vanaf $40

Madi Otel

vanaf $37

Pyramisa Isis Island Resort Aswan

vanaf $0

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nuri Pyramids

Nuri is a place in modern Sudan on the south (east) side of the Nile.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
El-Kurru

El-Kurru was one of the royal cemeteries used by the Nubian royal

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Chavín de Huantar

Chavín de Huántar is an archaeological site containing ruins and a

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Machu Picchu

Machu Picchu (wat Ou Piek in die Quechua taal beteken; en ook soms na

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Akropolis van Athene

Die Akropolis van Athene is die besbekende akropolis (Gr. akros,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Persepolis

Persepolis*

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Quebrada de Humahuaca

The Quebrada de Humahuaca is a narrow mountain valley located in the

Sien alle soortgelyke plekke