Edinburg-kasteel

Edinburg-kasteel is ’n antieke vesting wat die silhoeët van Edinburg, Skotland, oorheers vanaf die vulkansiese Castle Rock waarop dit geleë is.

Die terrein word al sedert die 9de eeu v.C. bewoon, hoewel die aard van die vroegste nedersetting onduidelik is. ’n Koninklike kasteel staan al daar minstens sedert die bewind van David I in die 12de eeu, en dit was die terrein van ’n koninklike woning tot in 1603. As een van die belangrikste vestings in Skotland was die kasteel betrokke by baie historiese konflikte, van die Oorloë van Skotse Onafhanklikheid in die 14de eeu tot die Jakobiete-opstand van 1745. In die laat 17de eeu het dit ’n militêre basis met ’n groot garnisoen geword. Sy belangrikheid as historiese monument is in die 19de eeu besef en sedertdien is verskeie restourasieprojekte aangepak.

Weinig van die huidige geboue het voor die Lang-beleg van die 16de eeu bestaan, toe die vesting grootliks deur artillerievuur verwoes is. Die belangrikste uitsondering is Sint Margaret-kapel, die oudste gebou in Edinburg, wat uit die vroeë 12de eeu dateer. Onder die ander belangrike geboue van die kasteel is die Koninklike Paleis en die 15de-eeuse Groot Saal.

Die kasteel is nou onder toesig van Historic Scotland en is Skotland se tweede grootste toeriste-attraksie.

Die kasteel staan op die basalt-vulkaanprop van ’n uitgewerkte vulkaan wat sowat 340 miljoen jaar gelede ontstaan het, tydens die laat-Steenkooltydperk. Dit is 120 m bo seespieël. In die suide, weste en noorde word dit beskerm deur loodregte kranse wat sowat 80 m bo die omringende landskap uitstyg. Die enigste maklike toegang is dus van die oostekant af.

Die kasteel staan aan die bopunt van die Koninklike Myl, aan die westekant van Edinburg se Ou Stad. Dit word verdeel in drie dele, of wyke (Engels: wards), wat deur poorte geskei word.

Voor die kasteel is die lang skuins voorhof bekend as die Esplanade. Van daar kan die Halfmaan-battery gesien word met die Koninklike Paleis aan die noordekant en die hoofpoort, wat toegang tot die Onderste Wyk bied, onder.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

Verdere leesstof

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Gary Hor
18 October 2016
Worth paying for! Came here after lunch; spent almost half the day here, exploring the castle grounds and the many towers, dungeons and rooms. The oldest building in Edinburgh is here! Don't miss it!
Bret Buelo
14 April 2016
Take the free tour, only takes about 30 minutes. Very informative but not too much. Ends at the top so you can work your way back down to castle gate with what was most interesting to you. Great views
Dean McVey
3 November 2018
You can’t not go! Save this for a clear day of weather if you have the choice. Book tickets and go early! Top tip - join the free hourly guided tour. The war memorial inside is moving and poignant.
Michael Rizzato
14 February 2020
I Love this Castle, such a great history and important landmark! You can see the Scottish Jewels, the stone of Destiny and St. Margaret’s Chapel, the oldest building in Edinburgh. Worth the money!
Yarn Lam
31 July 2023
Huge place to explore the many war museums within the castle. Don’t miss seeing the Crown Jewels and there are mediaeval music performances in the Great Hall. Views are amazing too.
E A S
24 January 2024
You will need at least 3 hrs to visit everywhere in the castle. At 15:15 most areas are getting closed. Choose ur time slot wisely. Price is 20£ for one person. Great view and clearly told history.
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
The Principal Edinburgh George Street

vanaf $270

Le Monde Hotel

vanaf $233

Apple Apartments Edinburgh

vanaf $358

Old Waverley Hotel

vanaf $187

Mercure Edinburgh City Princes Street Hotel

vanaf $274

Destiny Scotland - Rose Street Flats

vanaf $135

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Scottish National War Memorial

The Scottish National War Memorial is located in Edinburgh Castle and

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Ross Fountain

Ross Fountain is an ornate iron fountain from the mid-19th Century

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
National Gallery of Scotland

The National Gallery of Scotland, in Edinburgh, is the national art

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Gladstone's Land

Gladstone's Land is a surviving 17th century high-tenement house

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
The Oxford Bar

The Oxford Bar is a public house situated on Young Street, Edinburgh,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Heart of Midlothian (Royal Mile)

The Heart of Midlothian is a heart-shaped mosaic built into the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Scott Monument

The Scott Monument is a Victorian Gothic monument to Scottish author

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St Giles' Cathedral

St Giles' Cathedral, ook bekend as die High Kirk of Edinburgh, is die

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Londense Tower

Haar Majesteit se Koninklike Paleis en Fort, beter bekend as die

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Old Westbury Gardens

Old Westbury Gardens is the former estate of John Shaffer Phipps

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Arundel Castle

Arundel Castle in Arundel, West Sussex, England is a restored medieval

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dover Castle

Dover Castle is situated at Dover, Kent and has been described as the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hearst Castle

Hearst Castle is 'n kasteelagtige herewoning wat die Amerikaanse

Sien alle soortgelyke plekke