Élysée-paleis

Die Élysée-paleis [eli'ze] (Frans Palais de l'Élysée) is die ampswoning van die Franse Staatspresident en vernoem na die nabygeleë Champs-Élysées in die middestad van Parys. Die paleis lê noord van die Seinerivier in 55, rue du Faubourg-Saint-Honoré in die 8de Arrondissement van Parys - digby die Avenue des Champs-Élysées en die Place de la Concorde.

Geskiedenis

paleis is tussen 1718 en 1722 volgens 'n ontwerp van die argitek Armand-Claude Mollet gebou, wat die erf tevore aan die graaf van Evreux, Henri-Louis de la Tour d'Auvergne, verkoop en die opdrag gekry het om 'n nuwe paleis vir die graaf op te rig.

Ná die graaf se afsterwe in 1753 het Jeanne-Antoinette Poisson, beter bekend as Marquise de Pompadour, die destydse geliefde van die Franse koning Lodewyk XV, die paleis gekoop en dit aan die binnekant deur haar argitek stylvol laat renoveer. Die tuin is aansienlik vergroot en van kolonnades, tuinhuise en 'n doolhof voorsien. Die Marquise het die Élysée-paleis in 1764 aan die Franse koning vererf.

Die paleis was nou in besit van die Bourbon-dinastie en het aanvanklik as gastehuis vir ambassadeurs en later as 'n kunsgalery vir skilderye gedien. Tussentyds het koning Lodewyk XV die paleis aan 'n bankier verkoop; sy kleinseun koning Lodewyk XVI het dit egter teruggekoop en dit aan sy niggie, die hertogin van Bourbon, geskenk.

Met die omverwerping van die monargie in 1792 as gevolg van die Franse Rewolusie en die inhegtenisneming van die hertogin in April 1793 het die paleis, wat nou Hôtel de Bourbon genoem is, leeg gestaan en as bewaarplek vir gekonfiskeerde kosbare meubels van emigrante en gevangenes gedien. Die hertogin het die paleis vier jaar later teruggekry, maar weens haar emigrasie na Spanje aan die gesin van 'n ondernemer verkoop, wat dit vir sy opspraakwekkende feestelikhede gebruik het.

In 1805 het Joachim Murat, die swaer van Napoléon Bonaparte, die paleis gekoop en omgebou. Nadat Murat in 1808 deur keiser Napoléon tot koning van Napels verklaar is, het die keiser die gebou oorgeneem en herdoop tot "Élysée-Napoléon-paleis". Ná sy egskeiding enkele maande later het hy die paleis egter aan sy gewese vrou, keiserin Joséphine, oorgelaat. In 1812 het Napoléon die paleis weer self in besit geneem en hier twee jaar later, kort voor die ondergang van sy keiserryk, sy akte van troonsafstand onderteken.

In 1816 het die Bourbone-dinastie die paleis weer in besit geneem. Koning Lodewyk XVIII het die Élysée-paleis aan sy neef Charles-Ferdinand, hertog van Berry oorgelaat, wat hier saam met sy eggenote Maria Karolina van Bourbon-Sisilië ingetrek het. Met sy afsterwe net vier jaar later het Lodewyk Filips, die laaste Franse koning tussen 1830 en die Rewolusie van Februarie 1848, die paleis oorgeneem.

Die Nasionale Vergadering van Frankryk het in 1848 'n dekreet uitgereik waarvolgens die paleis die ampswoning van die toekomstige presidente van die Tweede Franse Republiek sou wees. Net vier jaar later het die republiek weer tot 'n einde gekom, toe Lodewyk Napoléon Bonaparte, 'n neef van Napoléon I en die eerste verkose president, homself tot die keiser van 'n nuwe Franse keiserryk verklaar het. Toe hy in 1870 gedurende die Duits-Franse Oorlog deur die Duitsers gevange geneem is, is hy in Frankryk afgeset en die Derde Franse Republiek uitgeroep. Alhoewel die eerste Staatspresident van die Derde Republiek, Adolphe Thiers, die paleis nog nie heeltemaal vir sy amptelike bedrywighede kon gebruik nie, het die Élysée sedert 1873 steeds as die Franse Presidente se ampswoning gedien.

Op 22 Januarie 1963 is die Élysée-verdrag deur generaal Charles de Gaulle en die Wes-Duitse Bondskanselier Konrad Adenauer hier onderteken.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Nicolas Nova
1 June 2013
Make sure to visit the Salon Pierre Paulin from the Pompidou era, it feels like going in a spaceship
Jamie Boyd
20 January 2017
Fantastic historical building worth a visit
Elysee
3 January 2012
Entrez dans le bureau du Président, traversez la Salle des fêtes ou encore découvrez les œuvres d'art de l'hôtel d’Évreux en parcourant la visite virtuelle du Palais de l’Élysée sur Elysee.fr
Elysee
21 November 2011
Bienvenue au Palais de l'Elysée! Découvrez des informations sur l'histoire de la présidence et les déplacements du chef de l'Etat sur notre page foursquare : http://www.foursquare.com/Elysee
Nicolas Bermond
22 December 2020
Une visite du temple de la démocratie s’impose.
Hervé Piedvache
17 August 2018
Une bien belle battisse pas toujours bien habitée.
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Magnificent Studio Heart of Paris

vanaf $87

Melia Paris Notre-Dame

vanaf $678

Hotel Les Rives de Notre Dame

vanaf $606

Hotel Le Notre Dame

vanaf $299

Hotel Henri IV Rive Gauche

vanaf $249

Hotel Esmeralda

vanaf $99

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Petit Palais

The Petit Palais (Small Palace) is a museum in Paris, France. Built

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Grand Palais

The Grand Palais ('Grand Palace') is a large glass exhibition hall

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Église de la Madeleine

L'église de la Madeleine (more formally, L'église S

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Palais de la Découverte

The Palais de la Découverte is a science museum located in the Grand

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Place de la Concorde

The Place de la Concorde is one of the major public squares in Paris,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Luxor Obelisk

The Luxor Obelisk (French: Obélisque de Louxor) is a 23 metres (75

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Champs-Élysées

The Avenue des Champs-Élysées (French pronunciation: ]  ( )) is a pre

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Musée Jacquemart-André

The Musée Jacquemart-André is a public museum located at 158 B

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Praagse kasteel

Die Praagse kasteel (Tsjeggies: Pražský hrad) is die grootste g

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Casa Rosada

La Casa Rosada (Spanish for 'The Pink House'), officially known as the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Rashtrapati Bhavan

Rashtrapati Bhavan (Sanskrit for 'President House / Presidential

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Bellevue Palace (Germany)

Schloss Bellevue is a château in the centre of Berlin. It is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Quirinal Palace

The Quirinal Palace (known in Italian as the Palazzo del Quirinale or

Sien alle soortgelyke plekke