Brûe in Istanbul

Galata-brug

9.0/10

Die Galata-brug (Turks: Galata Köprüsü) is ’n brug oor die Goue Horing in Istanboel, Turkye. Veral sedert die einde van die 19de eeu kom dit dikwels voor in letterkunde, teaterstukke, poësie en romans.

Geskiedenis

Die eerste bekende brug wat oor die Goue Horing gebou is, is tydens die bewind van Justinianus I in die 6de eeu gebou naby die Mure van Konstantinopel aan die westekant van die stad. In 1453, tydens die val van Konstantinopel, het die Ottomaanse Turke ’n mobiele brug gemaak deur hul skepe teen mekaar te trek sodat die soldate van die een kant van die Goue Horing na die ander kon beweeg.

In 1502–1503 het sultan Bajezid II beplan om ’n brug op die huidige plek te bou. Leonardo da Vinci het ’n enkelvakbrug sonder presedent ontwerp wat met ’n lengte van 240 m en ’n breedte van 24 m die langste brug in die wêreld sou gewees het as dit gebou is. Die sultan het egter die ambisieuse projek afgekeur. Nog ’n Italiaanse kunstenaar, Michelangelo, is genooi om ’n brug te ontwerp, maar het dit van die hand gewys. Die plan om ’n brug oor die Goue Horing te bou het agterweë gebly tot in die 19de eeu.

’n Kleiner weergawe van Da Vinci se "Goue Horing-brug" is in 2001 laat bou naby Oslo, Noorweë, deur die eietydse kunstenaar Vebjørn Sand. Die Vebjørn Sand-Da Vinci-projek wil die ontwerp gebruik om brûe reg oor die wêreld te laat bou, onder andere oor die Goue Horing, met die gebruik van plaaslike materiaal en in samewerking met plaaslike kunstenaars as ’n wêreldwye kunsprojek.

Hayratiye

In die vroeë 19de eeu het Mahmut II (1808–1839) ’n brug ’n entjie hoër op laat bou, tussen Azapkapı en Unkapanı. Die brug, bekend as die Hayratiye ("weldaad" in Afrikaans), is op 3 September 1836 geopen. Dit was tussen 500 en 540 m lank.

Cisr-i Cedid

Die eerste Galata-brug by die mond van die waterweg is in 1845 laat bou deur Valide Sultan, die ma van sultan Abdülmecid I (1839–1861) en is 18 jaar lank gebruik. Dit was bekend as die Cisr-i Cedid of Nuwe Brug om dit te onderskei van die vroeëre brug, wat toe bekend gestaan het as die Cisr-i Atik of Ou Brug.

Tol

Vir die eerste drie dae was die gebruik van die brug gratis. Daarna moes tolbelasting bekend as mürüriye aan die vlootministerie betaal word. Die belasting is op 25 November 1845 ingestel en was soos volg:

  • Gratis: militêre personeeel en wetstoepassers, brandbestryders aan diens, kerklui
  • 5 para: voetgangers
  • 10 para: voetgangers met ’n vrag
  • 20 para: diere met ’n vrag
  • 100 para: perdekarre
  • 3 para: skape, bokke en ander diere

Die belasting is tot op 31 Mei 1930 ingevorder deur amptenare in wit uniforms wat weerskante van die brug gestaan het.

Die tweede brug

Hierdie brug is in 1863 deur ’n tweede houtbrug vervang wat gebou is in opdrag van sultan Abdülaziz (1861–1876) tydens verbeterings wat aangebring is voor die besoek van Napoleon III aan Istanboel.

Die derde brug

In 1870 is ’n kontrak met ’n Franse maatskappy, Forges et Chantiers de la Mediteranée, geteken vir die bou van ’n derde brug, maar die projek is afgestel met die begin van die Frans-Pruisiese Oorlog. Die kontrak het toe in 1872 na ’n Britse maatskappy, G. Wells, gegaan. Die brug, wat in 1875 voltooi is, was 480 m lank en 14 m breed. Dit is tot in 1912 gebruik, toe dit hoër op geskuif is om die toe werklike ou Cisr-i Atik-brug te vervang.

Die vierde brug

Die vierde Galata-brug is in 1912 deur die Duitse maatskappy MAN AG gebou. Die drywende brug was 466 m lank en 25 m breed. Dit is in 1992 erg in ’n brand beskadig en moes plek maak vir die moderne brug wat vandag gebruik word.

Vandag

Die vyfde Galata-brug is deur ’n Turkse maatskappy gebou net ’n paar meter van die vorige brug, tussen Karaköy en Eminönü. Dit is in Desember 1994 voltooi. Dit is ’n wipbrug met ’n lente van 490 m. Die dek is 42 m breed en het drie verkeersbane en ’n voetgangerbaan in elke rigting. Tremspore is ook onlangs bygevoeg sodat trems van Zeytinburnu in die voorstede naby die Atatürk- Internasionale Lughawe na Kabataş naby die Dolmabahçe-paleis kan loop.

Verwysings

Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
Kategorieë:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
istanbul
6 April 2011
Galata Bridge, Until the 19th century old Byzantine city of Constantinople was completely seperated from Galata and Pera by the Halic or Golden Horn
Büsra S
10 June 2013
Ortam bahane manzara sahane:)
Laai meer kommentaar
foursquare.com
Plek
Kaart
Adres

0.2km from Rüstem Paşa Mahallesi, Galata Köprüsü, Fatih/İstanbul, Turkye

Kry aanwysings
Oop ure
Mon-Sun 24 Hours
Verwysings

Galata Bridge (Galata Köprüsü) op Foursquare

Galata-brug op Facebook

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Hotel Bulvar Palas

vanaf $80

Tugra Hotel

vanaf $39

Best Nobel Hotel 2

vanaf $46

Star City Hotel

vanaf $70

Babel Park Hotel

vanaf $70

Tugra Hotel

vanaf $0

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nuwe Moskee

Nuwe Moskee

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Spice Bazaar, Istanbul

The Spice Bazaar, (Türkçe. Mısır Çarşısı, or Egyptian Bazaar) in Ista

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Rüstem Pasha Mosque

The Rüstem Pasha Mosque (Türkçe. Rüstem Pasha Camii) is an Ott

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Tünel

Die Tünel (Afrikaans: Tonnel) is ’n kort ondergrondse treinspoor in Is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Istanbul Sirkeci railway station

Istanbul Sirkeci (Türkçe. Sirkeci Garı) is a terminus main station of

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Galata-toring

Die Galata-toring in Istanboel.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Süleymaniye-moskee

Goue Horing.]]

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Basketmakers' Kiosk

The Basketmakers' Kiosk (Turkish: Sepetçiler Köşkü), also known as Sep

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Tünel

Die Tünel (Afrikaans: Tonnel) is ’n kort ondergrondse treinspoor in Is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Theodosius Cistern

The Theodosius Cistern (greek: Κινστέρνα Θεοδοσίου, turk: Şerefiye Sa

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Valens Aqueduct

The Valens Aqueduct (Türkçe. Bozdoğan Kemeri, meaning 'Aqueduct of th

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Sanjō Ōhashi

]]Sanjō Ōhashi (三条大橋) is a bridge in Kyoto, Kyoto Prefectur

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Djamarat-brug

Die Djamarat-brug (Arabies: جسر الجمرات Djisr Al-Djamarat) is ’n voe

Sien alle soortgelyke plekke