Golden Gate-brug

Die Golden Gate-brug is 'n brug oor die San Franciscobaai in Kalifornië in die Verenigde State van Amerika. Die 2 824 meter (9 266 voet) lange brug strek van San Francisco na Marin County. Bouwerk het in 1933 begin en dis in 1937 vir verkeer oopgestel. Na voltooiing was dit die langste brug ter wêreld, maar vandag is daar verskeie brûe wat langer as dit is.

Die Golden Gate-brug is een van sewe projekte van siviele ingenieurswese wat deur die American Society of Civil Engineers (ASCE) as die "Sewe Wonders van die Moderne Wêreld" aangewys is.

Geskiedenis

Aanvanklik kon die baai slegs per veerdiens, wat 20 minute duur, oorgesteek word. Voor die brug gebou is, was San Francisco die grootste Amerikaanse stad wat steeds meestal deur veerbote bedien is. Sommige kenners het gemeen dat 'n brug nie haalbaar is nie, omdat die seestrome uiters sterk is. Die baai is ook baie diep in die middel (102 m) en sterk winde en mis sou die konstruksie bemoeilik.

In 1916 nooi San Francisco se stadsingenieur ander ingenieurs om voorstelle vir 'n brug in te dien. Joseph Strauss het 'n goedkoop ontwerp voorgelê, wat slegs $17 miljoen sou kos, maar baie het gedink dat dit lelik sou lyk. Plaaslike owerhede het hom gevra om saam met ander kenners te werk en die ontwerp aan te pas. Hy aanvaar die voorstel. Die nuwe ontwerp, waartoe veral Irving Morrow bygedra het, was dié van 'n hangbrug. Die ontwerp maak van hoë torings gebruik, met die brug wat aan kabels daaronder hang.

Die brug is die Golden Gate-brug genoem omdat dit die Golden Gate-seestraat, die waters tussen die San Francisco-skiereiland en die Marin County-skiereiland, oorspan.

In 1930 het die plaaslike regerings van San Francisco en Marin County ooreengekom om effekte te verkoop om geld vir die brug in te samel. Die nuwe brug sou $30.1 miljoen kos, maar as gevolg van Wall Street se 1929-ineenstorting kon hulle nie die effekte verkoop kry nie. Uiteindelik het die Bank van Amerika, wat in San Francisco gebaseer is, ingestem om al die effekte te koop en sodoende die plaaslike ekonomie te stimuleer.

Konstruksie

Die brug se afmetings.

Konstruksie het op 5 Januarie 1933 begin en die brug is in April 1937 voltooi. Elf mense sterf tydens die bou van die brug. Later word nette vir veiligheid onder die brug gespan. Negentien man is in hierdie nette van 'n gewisse dood gered.

Na voltooiing word die brug met 'n roosoranje seëlaar, 'n tipe verf wat die brug teen water en humiditeit moet beskerm, geverf. Mense hou van die kleur, omdat dit by die omgewing inpas en maklik in die mis gesien kan word. Gevolglik is die brug oranje geverf.

Vandag

Mense kan die brug enige tyd van die dag per motor of motorfiets oorsteek. Fietse en voetgangers word slegs in die dagure toegelaat. Die brug mag glad nie met rolskaatse, skaatsplanke of bromponies oorkruis word nie.

Nadat die brug geopen is, moes bestuurders 50 sent betaal om die brug in enige rigting te gebruik. Vandag hoef bestuurders vanaf die noordelike kant (as hulle San Francisco verlaat) nie te betaal nie. Op 2 September 2008 is 'n fooi van $6 ingestel vir voertuie vanaf die suidekant (na San Francisco). 'n Pas kan ook gekoop word wat die fooi na $5 per rit verlaag.

Mense spring gereeld van die brug af om selfmoord te pleeg. Hulle val 75 meter en meeste is opslag dood as hulle die water tref. Niemand weet presies hoeveel mense al hier selfmoord gepleeg het nie.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Chris O
16 September 2014
If you are crossing in an open air bus it is cool and very windy. If you have a hat, one hand on your hat is recommended. Long sleeves and long pants would last be best in the am or when overcast.
Robert Thach
20 July 2015
It's obvious that making a stop in San Francisco and checking out this bridge is a no brainier! Been to this city several times, and the bridge has always amazes me! Great city, awesome bridge!
Fodor's Travel
28 January 2016
The Golden Gate Bridge is without a doubt the most well known emblem of San Francisco. Walking or biking across the bridge is a great experience, with incredible views from both sides.
Jacob Ford
18 April 2018
Go under the bridge. At Vista Point, off the parking lot, look for a steep set of stairs. It connects the pedestrian side to the biker side through an underroad passage.
Kat ????
29 May 2017
If you plan to walk or bike on the bridge, bring a warm jacket (yes even in summer) and secure your hat / don't wear a loose hat - or it will get blown away by the strong wind!
Max Blue ????????
8 November 2014
Be sure to either walk or cycle the bridge at least once. Be sure to go to the Marina Headlands afterwards for an even better view of the bridge and San Francisco
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Pacific Remedy Penthouse - Twitter Square, a Tritium Premier Collection

vanaf $591

Inn at the Opera

vanaf $298

Sleep Over Sauce

vanaf $0

Travelodge by Wyndham San Francisco Central

vanaf $197

SOMA Park Inn - Civic Center

vanaf $199

Days Inn by Wyndham San Francisco Downtown/Civic Cntr Area

vanaf $318

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Fort Point, San Francisco

Fort Point is a masonry seacoast fortification located at the southern

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kirby Cove Camp

Kirby Cove Camp is a campground and scenic area managed by the Golden

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Vista Point

Vista Point is 'n toeristeaantreklikheid, een van die Skilderagtige

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Fort Baker

Fort Baker is one of the components of California's Golden Gate

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Bay Area Discovery Museum

The Bay Area Discovery Museum is a children's museum located in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hawk Hill (California)

Hawk Hill is a Шаблон:Convert peak in the Marin Headlands, just north

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Baker Beach

Baker Beach is a public beach on the peninsula of San Francisco,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Palace of Fine Arts

The Palace of Fine Arts in the Marina District of San Francisco,

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Galata-brug

Die Galata-brug (Turks: Galata Köprüsü) is ’n brug oor die Goue Hori

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
碓氷第三橋梁 (めがね橋)

碓氷第三橋梁 (めがね橋) is 'n toeristeaantreklikheid, een van die Brûe in Sak

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Rama IX Bridge

Rama IX Bridge is a bridge in Bangkok, Thailand over the Chao Phraya

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Suramadu Bridge

The Suramadu Bridge (Indonesian: Jembatan Suramadu), also known as the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dom Luis I-brug

Die Dom Luis I brug (Portugees: Ponte Dom Luís I) oor die rivier

Sien alle soortgelyke plekke