Art museums and galleries in Saint-Petersburg

Hermitage

8.7/10

Die Hermitage in Sint Petersburg is een van die grootste en omvangrykste kuns-en-kultuurhistoriese museums in die wêreld. Daar is internasionale takke in Amsterdam, Londen, Las Vegas en Ferrara in Italië. Die Hermitage hou die Guinness-wêreldrekord as die plek met die grootste versameling skilderye.

Geskiedenis

Die museum het in 1764 ontstaan uit die versameling van Katharina die Grote, wat gedurende haar bewind duisende skilderye gekoop het. Daarmee het sy die versameling van tsaar Pieter die Grote aansienlik vergroot. Katharina se onderskeie opvolgers het die versameling bly uitbrei. Die museum is in 1852 onder tsaar Nikolaas I vir die publiek oopgestel. Dit bevat versamelings uit die Oudheid (onder meer Egipte), die Middeleeue en nuwer kuns van sowel die Weste as die Ooste. Argeologiese vondste en kuns uit Asië en die Russiese kultuur van die 8ste tot die 19de eeu is ook goed verteenwoordig.

Daar is meer as drie miljoen stukke in die hele versameling, wat oor meer as twee en ’n half eeue bymekaargemaak is. Die museum het die Beleg van Leningrad in 1941-1944 deurstaan, ondanks Hitler se opdrag dat die hele stad verwoes moet word. Die beste stukke van die versameling is toe tydelik in ’n gebied agter die Oeral-gebergte versteek.

Van 1929 tot 1932 het ’n kommunistiese organisasie, Antiquariat, in die geheim vyftig top-skilderye verkoop, onder meer sewe van Rembrandt soos Pallas Athene, Portret van Titus, Portret van ’n Ou Man, ’n Poolse Edelman en Meisie met ’n Besem.

Geboue

Die Hermitage word gehuisves in ’n aantal argitektonies interessante geboue:

  • Die Winterpaleis (1754-'62, argitek V.V. Rastrelli)
  • Die Klein Hermitage (1764-'67, argitek J.B. Vallen-Delamot)
  • Die Ou Hermitage (1771-'87, argitek Y.M Felten)
  • Die Nuwe Hermitage (1839-'52, argitek Leopold von Klenze)
  • Die Hermitage-teater (1783-'87, argitek Dzj. Kwarengi)
  • Die Mensjikof-paleis (1710-'20, argitekte D.M. Fontana, I.G. Sjedel)
  • Die gebou van die Hoofstaf (argitek K.I. Rossi)

Versamelings

Die Hermitage bevat verskeie afdelings met verskillende soorte kuns, soos:

  • Prehistoriese kuns
  • Antiek
  • Westerse Europese (skilder)kuns van onder andere Peter Paul Rubens, Rembrandt, Leonardo da Vinci, Rafaël, Giorgione, Titiaan, Michelangelo en Vincent van Gogh. Ook van Jean-Baptiste Siméon Chardin, Caravaggio, Annibale Carracci, Luca Giordano, Salvatore Rosa, Gianmaria Crespi, Tiepolo, Francesco Guardi, Pierre-Auguste Renoir, Paul Gauguin, Pablo Picasso en Henri Matisse
  • Die arsenaal
  • Oosterse kuns
  • Russiese kultuur
  • Numismatiek (munte)
  • Die paleis van Pieter die Grote
  • Die Mensjikof-paleis
  • Gebou van die Hoofstaf
  • Porseleinmuseum
  • Permanente tentoonstellings in die Konstantinofski-paleis

Rembrandt

Die museum het twintig skilderye van Rembrandt en dus een van die grootste versamelings van dié beroemde kunstenaar se werk. (Die Rijksmuseum in Amsterdam het negentien). Werke sluit in:

  • Die Aanbidding van die Wyse Manne (1632)
  • Danaë (1636)
  • Dawid en Jonatan (1642)
  • Heilige Familie (1645)
  • Jong Vrou met Oorbelle (1657)
  • Landskap met ’n Ruiter (1648-'50)
  • Die Offerande van Isak (1635)
  • Portret van ’n Geleerde (1631)
  • Die Terugkeer van die Verlore Seun (c. 1668)
  • Winterlandskap (c. 1650/'54)

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]

Eksterne skakel

Post a comment
Tips & Hints
Arrange By:
nasya kopteva
2 January 2013
если спуститься на первый этаж по Церковной лестнице - обнаружите небольшое почтовое отделение. отсюда можно отправить письмо или открытку со штемпелем почтового офиса Эрмитажа.
D.R.O.N.
11 December 2012
Сразу предупреждаю: здесь Моны Лизы нет, она в Лувре. И Джоконды нет, она тоже там!
Load more comments
foursquare.com
Location
Map
Address

Dvortsovaya naberezhnaya, 38, Sankt-Peterburg, Rusland, 191186

Get directions
Open hours
Tue-Thu-Sat-Sun 10:30 AM–6:00 PM
Wed-Fri 10:30 AM–9:00 PM
References

Hermitage Museum (Государственный Эрмитаж) on Foursquare

Hermitage on Facebook

Hotels nearby

See all hotels See all
The Bridge Hotel

starting $129

Katyusha

starting $50

Apartments Gorokhovaya 4

starting $37

Ticket To Train

starting $6

Nevsky 3 Guest House

starting $57

Sonata at Nevsky 5

starting $91

Recommended sights nearby

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Winterpaleis
Rusland

Die Winterpaleis (Russies: Зимний дворец) lê in Sint Petersburg a

Add to wishlist
I've been here
Visited
Palace Embankment
Rusland

Palace Embankment is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Grand Church of the Winter Palace
Rusland

Grand Church of the Winter Palace is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Palace Square
Rusland

Palace Square is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Alexander Column
Rusland

Alexander Column is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Hermitage Bridge
Rusland

Hermitage Bridge is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Palace Bridge
Rusland

Palace Bridge is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Pevchesky Bridge
Rusland

Pevchesky Bridge is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Similar tourist attractions

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Museum of Fine Arts, Houston
Verenigde State van Amerika

Museum of Fine Arts, Houston is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Museo del Prado
Spanje

Museo del Prado is a tourist attraction located in Madrid, Spanje

Add to wishlist
I've been here
Visited
São Paulo Museum of Art
Brasilië

São Paulo Museum of Art is a tourist attraction located in São P

Add to wishlist
I've been here
Visited
Albertina, Vienna
Oostenryk

Albertina, Vienna is a tourist attraction located in Vienna, Oostenryk

Add to wishlist
I've been here
Visited
Whitney Museum of American Art
Verenigde State van Amerika

Whitney Museum of American Art is a tourist attraction located in New

See all similar places