Die Hockenheimring is 'n motorrenbaan, geleë in the Rhynvallei naby die dorp Hockenheim in Baden-Württemberg, Duitsland. Behalwe vir ander motorrenbyeenkomste, is dit elke tweede jaar die gasheer van die Duitse Grand Prix, so ook in 1970, 1977–1984, 1986–2006, 2008, 2010, 2012, 2014. Die baan het 'n baie plat helling en beskik oor 'n FIA Graad 1-lisensie.