Inaccessible-eiland

Inaccessible is 'n eilandjie in die Tristan-argipel in die suidelike Atlantiese Oseaan. Die ander eilande in die groep is Tristan da Cunha, Nightingale en Gough en twee rotspunte bekend as Middle en Stoltenhoff. Hulle is dele van die bergreeks (die mid-Atlantiese rif) wat van noord na suid op die bodem van die Atlantiese Oseaan loop en bo die oppervlak van die see uitsteek.

Inaccessible is 14 km2 groot en het 'n vierkantige en plat piek. Die hoogste punt is aan die westekant en is 560 m bo die seevlak . Dit is 'n rustende vulkaan en die krater is gevul met water. Die onbewoonde eiland is 29 km van Tristan da Cunha, 32 km suidwes van Nightingale en 370 km noord van Gough. Middle en Stoltenhoff is op gesigsafstand.

In 1821 het die skip Blenden Hall in digte mis by die eilandjie vergaan. Vyftig oorlewendes het vir 3 maande hier oorleef deur voëleiers te eet voordat hulle deur inwoners van Tristan da Cunha gewaar en gered is. Vanaf November 1871 het twee jong Duitse avonturiers, die broers Frederick en Gustav Stoltenhoff, vrywillig op die eilandjie gaan woon. Hulle is in Oktober 1873 deur die navorsingskip HMS Challenger gered en na Kaapstad gebring.

Fauna en flora

Al hierdie eilandjies is in wetenskaplike kringe bekend om hul ongerepte flora en fauna. Veral die “eilandriethaan” (Atlantisia rogersi), wat ooreenkomste met die kiwi van Nieu-Seeland toon, is uniek. Die Inaccessible-streepkoppie (Nesospiza acunhae) is endemies aan die eiland. Inaccessible is 'n wêrelderfenisgebied.

Bibliografie

  • Green, Lawrence G.: Strange Africa. Kaapstad: Howard Timmins, 1982. ISBN 0-86978-081-6
  • Green, Lawrence G.: Where men still dream. Kaapstad: Howard B. Timmins, s.j.
  • Rosenthal, Eric: Shelter from the spray. Being the true and surprising story of the brothers Fredrick and Gustav Stoltenhoff, lately of Cape Town, their various adventures on a desert island and elsewhere, their love affairs and subsequent fate. Kaapstad: Howard B. Timmins, 1952.
In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
29 February 2012
hey! this is the island we're looking for.. came here from 9gag :Dhttp://9gag.com/gag/3002962
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Perito Moreno Glacier

The Perito Moreno Glacier is a glacier located in the Los Glaciares

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Old City of Bern

The Old City of Bern is the medieval city center of Bern, Switzerland.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Boyana Church

The Boyana Church (български. Боянска църква, Boyanska tsarkva) is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Great Smoky Mountains National Park

Great Smoky Mountains National Park is a United States National Park

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Madriu-Perafita-Claror Valley

The Madriu-Perafita-Claror Valley is a glacial valley in the southeast

Sien alle soortgelyke plekke