Isakkatedraal

Die Isakkatedraal (Russies: Исаа́киевский Собо́р, Isaakijefski Sobor) in Sint Petersburg, Rusland, is die grootste Russies-Ortodokse katedraal in die stad. Dit is die grootste Ortodokse basilika en die vierde grootste katedraal (volgens volume onder die koepel) in die wêreld. Dit is opgedra aan sint Isak van Dalmasië, ’n beskermheilige van Pieter die Grote, wat op dié heilige se feesdag gebore is.

Geskiedenis

Aleksander I van Rusland het opdrag gegee vir die bou van die kerk op Isakplein om ’n vroeëre struktuur deur Vincenzo Brenna te vervang. Dit was die vierde kerk wat agtereenvolgens op dié terrein gebou is.

Die eerste katedraal is gebou ter ere van sint Isak van Dalmasië, op wie se feesdag Pieter I gebore is. Aan die einde van keiser Paul se bewind het daar ’n taamlik lelike struktuur gestaan wat half met marmerblokke en half met rooi bakstene versier was. Dit is deur mense van dié tyd beskou as ’n simbool van Paul se bewind omdat die tsaar sy hofargitek, Brenna, opdrag gegee het om ’n vroeë marmerstruktuur deur Rinaldi te voltooi.

Nadat Aleksander I opdrag vir die bou van ’n nuwe kerk gegee het, het ’n spesiale kommissie verskeie ontwerpe beoordeel, onder andere van die Frans gebore Auguste de Montferrand, wat aan die ateljee van Napoleon se ontwerper, Charles Percier, studeer het. Montferrand se ontwerp is deur verskeie lede van die kommissie veroordeel vanweë die droë en "vervelige" ritme van die vier identiese kolonnades. Hulle het gemeen die katedraal sal ondanks sy grootte plat en onindrukwekkend lyk. Die kommissie, wat uit bekende Russiese argitekte bestaan het, was ook bekommerd oor die bou van ’n groot, nuwe gebou op die ou, onstabiele fondament. Die keiser het eindelik tussenbeide getree en ten gunste van Montferrand beslis.

Dit het 40 jaar geduur om die katedraal onder toesig van Montferrand te bou, van 1818 tot 1858. Die fondament is versterk en innoverende metodes is gebruik om die enorme pilare op te rig. Dit het eindelik ’n ongelooflike miljoen goue roebel gekos. Onder die Sowjetregering is al die godsdienstige tooisels verwyder. In 1931 is dit verander in ’n museum van die geskiedenis van godsdiens en ateïsme. In 1937 is die museum verander in ’n museum van die katedraal en sy vorige versamelings is oorgeplaas na die museum van die geskiedenis van godsdiens in die Kazankatedraal.

Ná die verbokkeling van die Sowjetunie is die museum verwyder en gereelde aanbidding is hervat, maar net in die linkerkantse kapel van die katedraal. Die hoofdeel word net op feesdae gebruik.

Op 10 Januarie 2017 het Georgi Poltaftsjenko, die Sint Petersburgse goewerneur, aangekondig die katedraal sal aan die Russies-Ortodokse Kerk oorgedra word.

Ontwerp

Die neoklassieke buitekant van die katedraal is geskoei op die Russies-Bisantynse formule van ’n Griekse kruisgrondplan, met ’n groot sentrale koepel en vier kleiner koepels. Die buitekant is versier met grys en pienk stene en het altesaam 112 rooi granietkolomme met Korintiese pilaarkoppe wat elk uit ’n enkele blok geskep is: 48 op grondvlak, 24 op die rotonde van die boonste koepel, 8 op elk van vier kantkoepels en 2 wat elk van vier vensters omraam. ’n Paadjie waar toeriste kan stap, loop om die rotonde.

Die hoofkoepel is 101,5 meter hoog en is oorgetrek met suiwer goud. Dit is versier met 12 standbeelde van engele deur Josef Hermann. Montferrand se ontwerp van die koepel word ondersteun deur ’n struktuur van gietyster. Dit is die derde historiese geval van ’n gietysterkoepel.

Die ontwerp van die katedraal se bronsdeure, met reliëfwerk deur Iwan Witali, is geskoei op die deure van die Battistero di San Giovanni in Florence. Onder die hoofkoepel hang ’n wit duif wat die Heilige Gees voorstel. Strukture soos kolomme, muurpilare, die vloer en ’n standbeeld van Montferrand bestaan uit veelkleurige graniet en marmer wat uit alle dele van Rusland kom. Die ikoonmuur word omraam deur agt kolomme van halfedelstene.

Die binnemure was aanvanklik versier met talle skilderye deur Karl Brjoellof en ander Russiese meesters. Toe die skilderye begin agteruitgaan weens die koue, klam toestande in die katedraal, het Montferrand opdrag gegee dat hulle as mosaïekwerke gereproduseer word; dit is egter nooit voltooi nie.

Tegnologie

William Handyside en ander ingenieurs het verskeie tegnologiese innovasies gebruik met die bou van die katedraal. Die pilare van die kolonnades is regop gehou met behulp van groot houtstellasies voordat die mure gebou is. Die gebou staan op 10 000 boomstompe wat laat sak is in die moerasagtige oewers waarop die katedraal staan. Die koepel is verguld met ’n tegniek soortgelyk aan spuitverfwerk; die oplossing wat gebruik is, het giftige kwik ingesluit wat die lewe van 60 werkers geëis het.)

Die 12 vergulde standbeelde van engele, wat elk ses meter hoog is en oor die binnekant van die rotonde na mekaar kyk, is geskep met behulp van ’n galvanoplastiek-tegniek, wat meebring dat hulle net enkele millimeters dik en baie lig is. Dit was die eerste keer dat dié tegniek in argitektuur gebruik is.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Ma Hi
24 July 2016
Magnificent architecture...also it has a great view when you go on the top of it...highly recomended!
Christopher Doyle
13 September 2015
You don't need a museum ticket to get to the top, just a colonnade ticket. It's worth going inside but be warned; it's less cathedral more souvenir shop now!
Hyun Ku Kang
18 October 2015
Please, please drop by the point to find how the architecture is beautiful, you would also get sky view on the top of the church with 150 rubles of extra cost
Ben Baron
9 September 2014
Amazing neoclassical building on the outside, the cathedral is a wonderland of Orthodox iconography inside. Take the stairs to the dome for a dramatic view of the city.
H Pt
14 August 2016
Here was the most beautiful cathedral I've ever seen! And don't miss climbing 300 stairs, you can see St. Petersburg like a panorama photo????
Pedja (PJ) Krstic
22 August 2016
Beautiful view from the top but it gets crowded. Go in the evening for great panoramic views.
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
STN Apartments by the Hermitage

vanaf $43

Sonata at Nevsky Hotel

vanaf $72

Small Central Studio near Ermitasce

vanaf $56

Modern Studio3 old center near Hermitasce

vanaf $56

Sonata at Nevsky 5

vanaf $91

Nevsky 3 Guest House

vanaf $57

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Angleterre Hotel

The Angleterre (Russian: Англетер) Hotel is a modern luxury busines

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Saint Petersburg Manege

The Manege is a former riding academy for the Imperial Horse Guards

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hotel Astoria

Hotel Astoria (русский. гости́ница «Асто́рия») is a

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Monument to Nicholas I

The Monument to Nicholas I (Russian: Памятник Николаю I) is a bronze

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nabokov House

Nabokov House is the house in Saint Petersburg with the modern street

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Центральный музей связи имени А. С. Попова

Центральный музей связи имени А. С. Попова — один из ст

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Blue Bridge (Saint Petersburg)

The Blue Bridge (Russian: Си́ний мост, Siniy most), is a 97.3 mete

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Senate Square (Saint Petersburg)

Senate Square (Russian: Сенатская площадь), formerly known as Decemb

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Sint Basilius-katedraal

Die Sint Basilius- of Pokrof-katedraal.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kazan Cathedral, St. Petersburg

Kazan Cathedral or Kazanskiy Kafedralniy Sobor (русский. Каза́н

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St Volodymyr's Cathedral

St Volodymyr's Cathedral (Ukranian: Патріарший кафедраль

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Katedraal van Christus die Verlosser

Die Katedraal van Christus die Verlosser (Russies: Храм Хри

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Saint Sophia Cathedral in Kiev

Saint Sophia Cathedral in Kiev (ukrainian: Собор Святої Софії, Sob

Sien alle soortgelyke plekke