Joya de Cerén (Spaans vir "Juweel van Cerén") is 'n antieke argeologiese Maya-terrein in die department La Libertad in El Salvador, sowat 35 km noordoos van San Salvador. Dit kenmerk 'n onder lae van vulkaniese as heel merkwaardig bewaarde Voor-Colombiaanse boer-dorp. Daarna word dikwels verwys as "Pompeji van die Amerikas", in vergelyking met die befaamde Antieke Romeinse ruïnes.
Deur 'n klein boeregemeenskap bewoon so vroeg as 1200 v.C., is Cerén aan die suidoostelike kant van die kulturele Maya-gebied geleë. Dit is in 200 n.C. ontruim weens die uitbarsting van die vulkaan Ilopango, en is nie vroeër herbevolk as 400 n.C. nie. Dit was in die tyd van sy finale ontruiming, 'n sytak van die nabygeleë San Andrés.
Rondom die jaar 590 het 'n ander nabygeleë vulkaan, Loma Caldera, uitgebars en die dorp onder 14 lae as begrawe. Die dorpenaars was blykbaar in staat om betyds te vlug – geen lyke is gevind nie – alhoewel hulle gereedskap, keramiek, meubels, en selfs half-geëet kos in hul haas om te ontsnap agter gelaat het. Die terrein het besonders goed bewaar gebly as gevolg van die lae temperatuur van die as en se baie vinnige val, 'n 4 tot 8 meter dikke laag het die dorp binne ure bedek.
Die terrein is in 1976 onwetend deur 'n stootskraper bestuurder, wie grond vir 'n landbou-projek van die regering nivelleer het, ontdek. Dit is diepgaande ondersoek deur Payson Sheets, 'n professor van Antropologie aan die Universiteit van Colorado Boulder, in 1978 en 1980, waarna die werk op die terrein onderbreek is deur burgerlike twis en oorlogvoering. Die uitgrawings is voortgesit in 1988 en het sedertdien voortgegaan. Sowat 70 geboue is uitgegrawe, insluitend skure, kombuise, woonkwartiere, werkswinkels, 'n godsdienstige struktuur, en 'n gemeenskaplike sauna.
Miskien selfs meer belangrik as die geboue is paleoethnobotaniese oorblyfsels wat op die terrein gevind is. Die lae temperatuur van die nat as van Loma Caldera, sowel as sy vinnige val, verseker die behoud van baie van die plantmateriaal. Van groot belang was die ontdekking van maniok-velde, die eerste keer dat verbouing van maniok op 'n argeologiese terrein in die Nuwe Wêreld gevind is. Hoewel die maniok lankal ontbind het, het navorsers gips-gooi deur die gevolglike holtes in die as in te vul geskep. Die boere het die maniok "net ure" voor die uitbarsting geplant.
Joya de Cerén is in 1993 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.