Die Juscelino Kubitschek brug (Portugees Ponte Juscelino Kubitschek) —ook bekend as die President JK Brug of die JK Brug (Portugees Ponte JK)—oorkruis die Paranoámeer in Brasília. Dit is vernoem na Juscelino Kubitschek de Oliveira, voormalige president van Brasilië. Dit is ontwerp deur die argitek Alexandre Chan en struktuuringenieur Mário Vila Verde. Chan het die Gustav Lindenthal Medalje vir die projek gewen by die 2003 International Bridge Conference in Pittsburgh.
Dit bestaan uit drie 200-voet hoë asimmetriese staal boë wat diagonaal heen en weer oor die brug loop. Die brug is 0,75 myl lank en is in 2002 teen 'n koste van VSA $56.8 miljoen voltooi. Die brug het 'n voetgangerlooplys en is toeganklik vir fietsryers en skaatsers.