Royal residences in Chambord

Kasteel van Chambord

Vadim I, Tatiana Istratova and 147,592 more people have been here
8.8/10

Die koninklike Kasteel van Chambord in Chambord in die Franse département Loir-et-Cher is die grootste van alle kastele in die Loirevallei met 400 vertrekke. Die kasteel, wat as die ideale voorbeeld van 'n 16de eeuse Franse Renaissance-kasteel beskou word, is vanaf 1519 as jag- en pronkkasteel vir koning Frans I opgerig. Boubedrywighede het voortgeduur tot in die 1540's, maar dit is nooit voltooi nie.

Die kasteel se boustyl is 'n unieke mengsel van tradisionele middeleeuse boukuns en klassieke Renaissance-argitektuur. Die oorspronklike ontwerp word aan Domenico da Cortona toegeskryf. Ander bronne beweer dat die Franse Renaissance-argitek Philibert Delorme by die projek betrokke was of dat Leonardo da Vinci dit ontwerp het.

Die hoofboufase is in 1541 voltooi, maar boubedrywighede het tot 1547 voortgeduur, en die ontwerp is verskeie kere verander. Toe die kasteel voltooiing genader het, het Frans I sy aartsvyand, keiser Karel V, uitgenooi om hom met dié simbool van rykdom en mag te beïndruk. Oorspronklik was Frans I ook van voorneme om die Loire na sy kasteel te herlei, maar dié plan is gestaak. 'n Kleiner systroom is wél herlei.

'n Argitektoniese eienaardigheid, waarvan die konsep aan Leonardo da Vinci toegeskryf word, staan sentraal in die kasteel - 'n dubbele stel helikstrappe wat só ontwerp is dat een persoon op kan stap en 'n ander af, sonder dat hulle mekaar ooit raakloop. Die trap lei na 'n indrukwekkende dakterras wat Cathérine de Medici graag vir haar astrologiese waarnemings gebruik het.

Die trap is as 'n simbool vir Frankryk se politieke status as grootmoondheid beskryf en as 'n monument vir die absolute monargie, maar dit is ook as ideale trap vir liefdesgeheime beskou. 'n Liefdesverhouding het moontlik ook die aanleiding vir die bou van die kasteel gegee. Frans I het slegs tydens sy uitspattige jagekspedisies saam met sy hofstaat in Chambord gewoon. Maar die nabygeleë woning van die aantreklike hertogin van Thoury was moontlik ook 'n rede om enkele dae in die kasteel te bly.

In 1792 is van die meubels verkoop en houtversierings verwyder. Die kasteel het 'n tyd lank leeg gestaan, alhoewel daar in die 19de eeu restourasiewerk verrig is. Die laaste privaat eienaar was Paul-Louis Courier, hertog van Bordeaux en graaf van Chambord wat die kasteel in 1921 gekoop het. Dit is sedert 1930 in staatsbesit en staan oop vir die publiek.

Eksterne skakels

Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Post a comment
Tips & Hints
Arrange By:
Patricia Nogueira
11 October 2011
2 hour visit minimum, well worth it.
Andie Atmodjo
24 February 2013
Amazing palace
Load more comments
foursquare.com
Location
Map
Address

0.1km from Le Château, 41250 Chambord, Frankryk

Get directions
Open hours
Mon-Sun 10:00 AM–5:00 PM
References

Château de Chambord on Foursquare

Kasteel van Chambord on Facebook

Hotels nearby

See all hotels See all
Chabottes, Chambord by bike

starting $0

Relais de Chambord

starting $188

La Maison d'à Côté

starting $98

L'Orée des Châteaux

starting $69

Logis Hôtel du Cygne

starting $86

Hotel de la Bonnheure

starting $76

Recommended sights nearby

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Château de Menars
Frankryk

Château de Menars is a tourist attraction located in Cour, Frankryk

Add to wishlist
I've been here
Visited
Château de Beauregard, Loire Valley
Frankryk

Château de Beauregard, Loire Valley is a tourist attraction located

Add to wishlist
I've been here
Visited
Château de Cheverny
Frankryk

Château de Cheverny is a tourist attraction located in Cour-Chaverny,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Château de Blois
Frankryk

Château de Blois is a tourist attraction located in Blois, Frankryk

Add to wishlist
I've been here
Visited
Château de Talcy
Frankryk

Château de Talcy is a tourist attraction located in Talcy, Frankryk

Add to wishlist
I've been here
Visited
Château de Chaumont
Frankryk

Château de Chaumont is a tourist attraction located in Chaumont,

Add to wishlist
I've been here
Visited
George V Bridge, Orléans
Frankryk

George V Bridge, Orléans is a tourist attraction located in Orléans, F

Add to wishlist
I've been here
Visited
Château de Troussay
Frankryk

Château de Troussay is a tourist attraction located in Cormeray,

Similar tourist attractions

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Orangery Palace
Duitsland

Orangery Palace is a tourist attraction located in Potsdam, Duitsland

Add to wishlist
I've been here
Visited
Pena National Palace
Portugal

Pena National Palace is a tourist attraction located in Sintra,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Castle Solitude
Duitsland

Castle Solitude is a tourist attraction located in Laichle, Duitsland

Add to wishlist
I've been here
Visited
Cecilienhof
Duitsland

Cecilienhof is a tourist attraction located in Potsdam, Duitsland

Add to wishlist
I've been here
Visited
Sint Michail-kasteel
Rusland

Die suidelike aansig van Sint Michail-kasteel.

See all similar places