Katedraal van Glasgow

Die Katedraal van Glasgow (Engels: Glasgow Cathedral, High Kirk of Glasgow of St Mungo's Cathedral) is 'n Middeleeuse katedraal wat tans as vergaderplek van 'n gemeente van die Kerk van Skotland se Presbiterie van Glasgow dien. Die Katedraal van Glasgow is noord van High Street en oos van Cathedral Street vlakby die akademiese hospitaal Glasgow Royal Infirmary geleë, sowat een myl oos van die huidige middestad.

"Katedraal" word as historiese eretitel gebruik om na die kerkgebou te verwys. Die titel het sy oorsprong in die tyd voor die Skotse Hervorming toe die katedraal as Rooms-Katolieke moederkerk in die Aartsbisdom van Glasgow en sodoende as cathedra (setel) van die aartsbiskop van Glasgow gedien het (die huidige moederkerk en setel van die aartsbiskop is St. Andrew's-katedraal).

Die eerste Katedraal van Glasgow, wat van steen gebou is, is in 1136 onder biskop John (1117−1147) in teenwoordigheid van koning David I en sy hof gewy, maar is later blykbaar deur 'n brand vernietig. Die huidige Gotiese kerkgebou is in 1197 ingewy en is dus al meer as 800 jaar in gebruik, met enkele uitbreidings. Dit is die enigste Middeleeuse kerkgebou op die Skotse vasteland wat die beeldestorme en ander gewelddadige optrede van teenstanders van die Rooms-Katolieke geloof in die tyd van die Protestantse Hervorming vanaf 1560 oorleef en tot vandag bewaar gebly het. So dateer die katedraal se oop houtplafon uit die Middeleeue, met hout wat grotendeels in die 14de eeu bewerk is.

Latere toevoegings sluit die kerktoring en die gebrandskilderde vensters in. Die oorspronklike kerktoring was 'n houtkonstruksie wat in die vroeë 15de eeu deur 'n bliksemslag aan die brand gesteek en vernietig is. In die volgende dekades het die huidige toring en sy agthoekige spits ontstaan. Die sogenaamde Millennium Window in die kerkskip se noordmuur is op 3 Junie 1999 deur Haar Koninklike Hoogheid Prinses Anne ingewy.

Volgens oorlewering het die katedraal se kripte regstreeks oor die plek ontstaan waar Sint Kentigern (ook Mungo genoem, 518−603) in 612 sy laaste rusplek gevind het. St Kentigern was die eerste biskop in die vroeg-Middeleeuse Koninkryk Strathclyde. Ná sy benoeming tot biskop deur koning Rhydderch Hael in 540 was St. Kentigern dertien jaar in Glasgow werksaam. Nadat plaaslike bewoners in opstand teen die nuwe godsdiens gekom het, was St. Kentigern genoodsaak om uit Strathclyde te vlug. In 581 het hy vanuit sy toevlugsoord, die klooster van St. David van Menevia, na Glasgow teruggekeer om sy sendingwerk voort te sit.

In 1836 het die Katedraal van Glasgow Kroonbesit (dit wil sê staatsbesit) geword. Sedert 1857 word die hele katedraalgebou deur die staat (tans Historic Scotland) bestuur wat sedertdien gedurig herstelwerk uitvoer.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie .
Amptelike webtuiste Media Beeldmateriaal
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
ドーラ
28 December 2011
Behind the cathedral, the necropolis stretches up and over a green hill. The Victorian tombs of the city’s wealthy industrialists make for an intriguing stroll, great views and a vague Gothic thrill.
ドーラ
28 December 2011
The most interesting part of the cathedral, the lower church, is reached by a stairway. Its forest of pillars creates a powerful atmosphere around St Mungo’s tomb.
Frances O'Neill
11 December 2013
Fantastic FREE treasure hunts around Glasgow Cathedral just download Global Treasure Apps to get started, www.globaltreasureapps.com Everyone loves a treasure hunt especially if there is a Reward!
Paige Hunter
6 May 2019
If you go on a Sunday, you can often hear choir rehearsal.
Diego Chohfi
9 January 2014
This cathedral is beautiful! Gigantic and majestic, looks like that you're inside the old times! Best place in Glasgow so far.
Luis Urea
1 June 2023
Visita obligatoria. Tiene la Iglesia arriba y las catacumbas abajo
Laai meer kommentaar
foursquare.com
9.0/10
Vadim I, Tatiana Istratova en 6,206 meer mense was hier
Kaart
91 Wishart St, Glasgow, Verenigde Koninkryk Kry aanwysings
Sun 10:00 AM–5:00 PM
Mon 10:00 AM–6:00 PM
Tue-Wed 10:00 AM–5:00 PM
Thu 9:00 AM–5:00 PM
Fri 10:00 AM–5:00 PM

Glasgow Cathedral op Foursquare

Katedraal van Glasgow op Facebook

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
citizenM Glasgow

vanaf $222

Apex City of Glasgow Hotel

vanaf $152

DoubleTree by Hilton Glasgow Central

vanaf $286

DoubleTree by Hilton Glasgow Central

vanaf $0

Point A Hotel Glasgow

vanaf $175

Hampton by Hilton Glasgow Central

vanaf $160

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Provand's Lordship

The Provand's Lordship located in Glasgow, Scotland, today stands as a

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Glasgow City Chambers

The City Chambers in Glasgow, Scotland has functioned as the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Equestrian statue of the Duke of Wellington, Glasgow

The equestrian Wellington Statue, most often featured with a traffic

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Buchanan Street

Buchanan Street is one of the main shopping thoroughfares in Glasgow,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
The Lighthouse (Glasgow)

The Lighthouse in Glasgow, is Scotland's Centre for Architecture,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St Andrew's Cathedral, Glasgow

The Metropolitan Cathedral Church of Saint Andrew is a Roman Catholic

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Celtic Park

Celtic Park is a football stadium in the Parkhead area of Glasgow in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Finnieston Crane

The Finnieston Crane is a crane and landmark in Glasgow, Scotland. It

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St Giles' Cathedral

St Giles' Cathedral, ook bekend as die High Kirk of Edinburgh, is die

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dunkeld Cathedral

Dunkeld Cathedral stands on the north bank of the River Tay in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St. Patrick's Cathedral, New York

Saint Patrick's Cathedral is a

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Chartres Cathedral

The Cathedral of Our Lady of Chartres, (français. Cathédrale N

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Katedraal van Straatsburg

thumb|right|250px|Die Katedraal van Straatsburg Die Rooms-Katolieke

Sien alle soortgelyke plekke