Katedraal van Petrus en Paulus

Die Katedraal van Petrus en Paulus (Russies: Петропа́вловский собо́р; Petropawlofski sobor) is ’n Russies-Ortodokse katedraal in Sint Petersburg, Rusland. Dit is in die Fort van Petrus en Paulus geleë en is die stad se eerste en oudste baken. Dit is tussen 1712 en 1733 op Zajatsji-eiland aan die Newarivier gebou. Beide die fort en die kerk is aanvanklik deur tsaar Pieter die Grote laat bou en deur Domenico Trezzini ontwerp. Die katedraal se kloktoring is die hoogste Ortodokse toring in die wêreld.

Die katedraal

Die katedraal is toegewy aan die apostels Petrus, die stad se beskermheilige, en Paulus. Die huidige gebou is die tweede op die terrein; die eerste kerk wat net ná die stad se stigting deur Pieter die Grote laat bou is, is in April 1704 ingewy.

Die huidige gebou, die eerste steenkerk in Sint Petersburg, is deur Trezzini ontwerp en tussen 1712 en 1733 gebou. Die goue toring is 123 meter hoog en het ’n goue engel aan die spits wat ’n kruis vashou. Die engel is een van die belangrikste simbole van die stad.

Die katedraal het ook ’n unieke ikonostase, of beeldewand. Dit is gewoonlik ’n plat muur in Oosters-Ortodokse kerke met drie deure in, waaronder die sentrale Heilige Deur. In die Katedraal van Petrus en Paulus vorm die ikonostase egter ’n soort toring oor die heiligdom, of altaar.

Die katedraal is in 1919 gesluit en in 1924 in ’n museum omskep. Dit is steeds amptelik ’n museum, hoewel kerkdienste in 2000 hervat is. Feitlik al die Russiese tsaars sedert Pieter die Grote is in die katedraal begrawe, ook Nikolaas II en sy gesin wat in Julie 1998 hier herbegrawe is. Die enigste twee tsaars wat nie hier begrawe is nie, is Pieter II en Iwan VI.

Op 28 September 2006 is keiserin Maria Fjodorowna, Nikolaas II se ma, ook in die katedraal herbegrawe om te voldoen aan haar wens om naas haar man, Alexander III, begrawe te word. Sy is op 13 Oktober 1928 in bannelingskap in haar geboorteland, Denemarke, oorlede.

Die katedraal was die stad se katedraalkerk (setel van die biskop) tot met die bou van die Sint Isak-katedraal in 1859. Die huidige katedraalkerk is die Kazan-katedraal aan Nefski-prospekt.

Die kloktoring

Die kloktoring met sy goue spits is ’n oorheersende gesig in die stad. Dit het ’n klokkespel waarop konserte dikwels gespeel word. Die restoureerders van die engel aan die spits van die toring het in 1997 ’n briefie gekry waarin restoureerders van 1953 verskoning vra vir die werk wat hulle gevoel het afgejaag en slordig was (die Sowjet-leier Nikita Chroesjtsjof wou die engel laat herstel vir die viering van die stad se 250ste bestaanjaar). Daar word beweer die 1997-restoureerders het weer ’n briefie vir die volgende geslagte gelos, maar die inhoud daarvan is nie bekend nie.

Die katedraal se klokkespel is ’n geskenk van die regering van Vlaandere en meer as 350 borge uit verskillende lande. Dit is geskenk namens die koningin van België, die Belgiese Koning Boudewijn-fonds, die regering van die provinsie Vlaandere, die owerhede van verskeie Vlaamse stede en gemeenskappe en gewone burgers uit talle lande.

Die eerste klokke is in 1720 deur Pieter die Grote laat aanbring, maar in 1756 het die toring in ’n donderstorm afgebrand en die klokke is verwoes. Nuwe klokke is bestel, wat in 1776 geïnstalleer is. Die klokke is egter nie goed ingestem nie en Russiese klokkemakers het dit in die 19de eeu ooringestem. Hulle het egter ook nie veel beter sukses behaal nie. Daarom is 51 nuwe klokke in 2001 in Nederland laat maak.

Die totale gewig van die klokke is 15 160 kg; die grootste een weeg sowat 1 000 kg en die kleinste een 10 kg. Die klokkespel het ’n omvang van vier oktawe en die meeste klassieke en moderne musiek kan dus daarop gespeel word.

Verwysings

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie .
In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
مهسا محق
13 August 2015
Romanov family are buried here; Peter the greatd as well as his wife and his daughter, Catherine the Great and his husband; the third Peter, Nicolas the second the last king of Russia an his family
Dave Milne
5 April 2018
Impressive church within the Peter & Paul Fortress. No city in the world can have a larger volume of exquisite architecture, so you almost stop noticing it after a while. But this is still special.
Y Y
8 May 2017
Ugly outside but beautiful inside
Mostafa Farouk
25 September 2015
The first Orthodox church I ever admire v.clean, luxury full of fine arts & not stinky+dark like the Egyptian coptic ones! !كاتدرائية بطرس وپولس في #سان_بطرسبورج رغم أنها أرثوذكسية إلا أنها رائعة الفن
Dmitry Dwarf
26 October 2012
У мраморного саркофага императора Павла I обращаются к нему с различными просьбами. Говорят, чаще всего сбываются прошения по служебным делам: о повышении в должности или о заграничных командировках.
Danny Tristan
24 June 2013
Зарешечено все. И вокруг колокола, колокола, колокола! Можете попасть на студентов репетирующих (играют на Карильоне) - затыкайте уши. Снизу может звучит круто, но рядом с ним убийственно.
Laai meer kommentaar
foursquare.com
8.2/10
Anton Frolov, Ilya Sharin en 15,163 meer mense was hier
Kaart
тер. Петропавловская Крепость, 7, Sankt-Peterburg, Rusland, 197101 Kry aanwysings
Mon-Fri 10:00 AM–7:00 PM
Sat 10:00 AM–5:45 PM
Sun 11:00 AM–7:00 PM

Peter and Paul Cathedral op Foursquare

Katedraal van Petrus en Paulus op Facebook

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
STN Apartments by the Hermitage

vanaf $43

Sonata at Nevsky Hotel

vanaf $72

Small Central Studio near Ermitasce

vanaf $56

Modern Studio3 old center near Hermitasce

vanaf $56

Sonata at Nevsky 5

vanaf $91

Nevsky 3 Guest House

vanaf $57

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Zajatsji-eiland

Zajatsji-eiland (Russies: Заячий остров, Zajatsji ostrof), wat vertaal

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Fort van Petrus en Paulus

Die Fort van Petrus en Paulus (Russies:

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Monument to Peter I (Peter and Paul Fortress)

The Monument to Peter I in the Peter and Paul Fortress in Saint

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kronverksky Strait

The Kronverksky Strait (Russian: Кронверкский пролив) is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Military Historical Museum of Artillery, Engineers and Signal Corps

The Military Historical Museum of Artillery, Engineers and Signal

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Leningrad Zoo

The Leningrad Zoo or Leningradskiy Zoopark (русский. Ленинг

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Alexander Park

Alexander Park or Alexandrovsky Park (Russian:

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Trinity Bridge (Saint Petersburg)

Trinity Bridge (Russian: Тро́ицкий мост, Troitskiy Most) is a bascule

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Sint Basilius-katedraal

Die Sint Basilius- of Pokrof-katedraal.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kazan Cathedral, St. Petersburg

Kazan Cathedral or Kazanskiy Kafedralniy Sobor (русский. Каза́н

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St Volodymyr's Cathedral

St Volodymyr's Cathedral (Ukranian: Патріарший кафедраль

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Katedraal van Christus die Verlosser

Die Katedraal van Christus die Verlosser (Russies: Храм Хри

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Saint Sophia Cathedral in Kiev

Saint Sophia Cathedral in Kiev (ukrainian: Собор Святої Софії, Sob

Sien alle soortgelyke plekke