Forts in Kazan'

Kazanse Kremlin

Eugeny Nemo, Vadim I and 30,118 more people have been here
8.8/10
<tr class="mergedrow"> <td colspan="2" align="center">
Ligging van Kazanse Kremlin op 'n kaart (Rusland)
Kazanse Kremlin
Kazanse Kremlin
Posisie van die Kazanse Kremlin in Rusland

</td> </tr>

Historiese en argitektoniese kompleks van die Kazanse Kremlin*
Unesco-wêrelderfenisgebied
290px
Die Spasskaja-toring van die Kazanse Kremlin.

<tr class="mergedbottomrow"> <th colspan="2" style="text-align: center; font-size: smaller; padding-bottom: 0.7em;">Koördinate: </th> </tr>

| Lande | Vlag van Rusland Rusland |- | Tipe | Kultureel |- | Kriteria | ii, iii, iv |- | Verwysings | 980 |- class="adr" | Streek† |style="line-height:150%; white-space:nowrap;"| Europa |- |- |- |colspan="2" align="center" style="background:#eee; font-size:110%;"| Inskripsiegeskiedenis |- |Inskripsie |style="line-height:150%;"| 2000  (24ste Sessie) |- |- |- |colspan="2" style="line-height:150%; padding-top:0.8em; border-top: 1px #aaa solid; text-align:left; font-size:80%; font-weight:lighter;"|* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |}

Die Kazanse Kremlin (Russies: Казанский Кремль, Kazanski Kreml; Tataars: Казан кирмәне, Qazan kirmäne) is die belangrikste historiese vesting van Tatarstan. Dit is op bevel van Iwan die Verskriklike gebou op die ruïnes van vorige kasteel van die khans van Kazan. Dit is sedert 2000 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Monumente

Die Mariaboodskap-katedraal (1554-'62). Daar is talle ou geboue in die Kazanse Kremlin, waarvan die Mariaboodskap-katedraal (1554-'62) die oudste is. Soos baie Kazanse geboue uit dié tydperk is dit van plaaslike sandsteen gebou in plaas van stene. Die katedraal is ná die Russiese Rewolusie van 1917 van die Ortodokse Christene weggeneem. Die kloktoring is in vyf vlakke gebou om soos die Iwan die Grote-kloktoring in Moskou te lyk, maar is in 1930 deur die Kommuniste afgebreek.

Die katedraal is ’n paar jaar gelede gerestoureer. Op 21 Julie 2005, op die feesdag van die heilige ikoon Ons Dame van Kazan, is ’n replika van die langverlore ikoon in die teenwoordigheid van 10 000 pelgrims in die pas gerestoureerde katedraal geplaas.

Die opvallendste baken van die kremlin is die skewe Söyembikä-toring, wat moontlik uit die tyd van Pieter die Grote dateer.

Nog ’n maklik herkenbare baken is die Spasskaja-toring, die hoofingang tot die kompleks. Die toring is genoem na die Spasski-klooster wat daarnaby geleë was. Van die klooster se kerke was die Kerk van Sint Nikolaas (1560's) en die Katedraal van die Verheerliking van die Verlosser (1590's), wat albei tydens Josef Stalin se bewind deur die Kommuniste verwoes is.

Ook van belang is die sneeuwit torings en mure wat in die 16de en 17de eeu gebou maar later gerestoureer is; die Qol-Şärif-moskee wat onlangs in die kremlin herbou is; en die Goewermentshuis (1843-'53) wat nou die Paleis van die President van Tatarstan is. Laasgenoemde staan vermoedelik op die terrein van die eertydse paleis van die khans. Tussen die paleis en Söyembikä-toring is die paleiskerk wat op die fondament van ’n Middeleeuse moskee gebou is.

Die Qol-Şärif-moskee, die grootste moskee in Europa, is op 24 Junie 2005 ingewy. Sowat 17 000 mense, onder andere afgevaardigdes van 40 lande, het dit bygewoon.

Aan die noordemuur van die Kremlin is nog ’n toring met ’n ingang – die Geheime Toring. Dit word so genoem omdat dit voorheen ’n geheime watertoevoerput gehuisves het. Dit bied ook aan voetgangers toegang tot die Kremlin.

Eksterne skakels

link=Commons:Category:Kazan Kremlin
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Steeds bestaande kremlins in Rusland
Kategorie:Kremlins Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Rusland
AstrachanIzborskKazanKolomnaMoskouNizjni Nowgorod • Pskof • Smolensk • Soezdal • Solowjetski-klooster • Staraja Ladoga • TobolskToelaWeliki Nowgorod
Post a comment
Tips & Hints
Arrange By:
Daria Zderikhina
23 February 2012
Невообразимая красота!
Vladimir Pisarevskiy
20 May 2012
Чудесен, когда солнечная погода! Просто невероятно красив!!
Load more comments
foursquare.com
Location
Map
Address

proyezd Sheykmana, 4, Kazan, Respublika Tatarstan, Rusland, 420111

Get directions
Open hours
Sun 11:00 AM–9:00 PM
Mon-Wed Noon–8:00 PM
Thu-Fri 11:00 AM–9:00 PM
References

Kazan Kremlin (Казанский Кремль) on Foursquare

Kazanse Kremlin on Facebook

Hotels nearby

See all hotels See all
Mirage Hotel

starting $64

The Kremlin under the window

starting $67

The Kremlin is 5 meters away

starting $38

Crystal Hotel

starting $32

Express Hotel&Hostel

starting $6

Hostel Enot

starting $11

Recommended sights nearby

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Catedral de la Anunciación de Kazán
Rusland

Catedral de la Anunciación de Kazán is a tourist attraction located i

Add to wishlist
I've been here
Visited
Qolsharif Mosque
Rusland

Qolsharif Mosque is a tourist attraction located in Kazan', Rusland

Add to wishlist
I've been here
Visited
Söyembikä Tower
Rusland

Söyembikä Tower is a tourist attraction located in Kazan', Rusland

Add to wishlist
I've been here
Visited
Спасо-Преображенский монастырь (Казань)
Rusland

Спасо-Преображенский монастырь (Казань) is a tourist attra

Add to wishlist
I've been here
Visited
Спасская башня (Казанский кремль)
Rusland

Спасская башня (Казанский кремль) is a tourist attraction located

Add to wishlist
I've been here
Visited
Musa Cəlilin heykəli (Kazan)
Rusland

Musa Cəlilin heykəli (Kazan) is a tourist attraction located in K

Add to wishlist
I've been here
Visited
Թաթարստանի հանրապետության ազգային թանգարան
Rusland

Թաթարստանի հանրապետության ազգային թանգարան is a tourist attracti

Add to wishlist
I've been here
Visited
Кремлёвская набережная (Казань)
Rusland

Кремлёвская набережная (Казань) is a tourist attraction located

Similar tourist attractions

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
San Juan National Historic Site
Puerto Rico

San Juan National Historic Site is a tourist attraction located in San

Add to wishlist
I've been here
Visited
Fort San Felipe del Morro
Puerto Rico

Fort San Felipe del Morro is a tourist attraction located in San Juan,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Belém Tower
Portugal

Belém Tower is a tourist attraction located in Lissabon, Portugal

Add to wishlist
I've been here
Visited
Belvedere (fort)
Italië

Belvedere (fort) is a tourist attraction located in Florence, Italië

Add to wishlist
I've been here
Visited
Agra Fort
Indië

Agra Fort is a tourist attraction located in Agra, Indië

See all similar places