Eastern Orthodox cathedrals in Saint-Petersburg

Kerk van die Verlosser op Bloed

8.8/10

Die Kerk van die Verlosser op Bloed (Russies: Храм Спаса на Крови) is een van die belangrikste besienswaardighede in Sint Petersburg, Rusland. Dit word ook genoem die Kerk op Gestorte Bloed en die Katedraal van die Wederopstanding van Christus (Собор Воскресения Христова), sy amptelike naam. Die naam verwys na die bloed van tsaar Aleksander II wat op 13 Maart [O.S. 1 Maart] 1881 daar gesterf het in ’n sluipmoordaanval.

Geskiedenis

Die bou van die kerk het in 1883 begin onder Aleksander II se seun, tsaar Aleksander III, as ’n gedenkteken aan sy pa. Die bouwerk het stadig gevorder en is eers in 1907 tydens die bewind van tsaar Nikolaas II voltooi. Geld vir die bouwerk is geskenk deur die keiserlike familie en baie private skenkers.

Die kerk is opsigtelik geleë aan die Gribojedof-kanaal. Terwyl tsaar Aleksander II langs die kanaal gery het, het ’n anargis ’n granaat na sy koets gegooi. Dit het ontplof en die tsaar, wat nie beseer is nie, het uitgeklim. Terwyl hy met die skuldige gepraat het, het ’n ander samesweerder nog ’n granaat gegooi. Hyself is dood en die tsaar ernstig gewond. Aleksander is na die Winterpaleis geneem, waar hy ’n paar uur later dood is.

’n Tydelike altaar is opgerig op die plek waar die bom ontplof het terwyl ’n meer permanente gedenkteken beplan is. Daar is besluit dat die deel van die straat waar die sluipaanval plaasgevind het, deur die mure van ’n kerk omring sou word. Daardie deel van die kanaaloewer is tot in die kanaal vergroot sodat daar genoeg plek vir die kerk sou wees, met ’n altaar op die plek waar die aanval plaasgevind het.

Argitektuur

Die argitektuur van die kerk verskil van dié van Sint Petersburg se ander geboue, wat hoofsaaklik in ’n Barok- en ’n Neoklassisistiese styl gebou is. Die Verlosser op Bloed is egter volgens die styl van Middeleeuse Rusland in die gees van die romantiese nasionalisme. Dit lyk soos die 17de-eeuse kerke van Jaroslawl en die beroemde Sint Basilius-katedraal in Moskou.

Die kerk bevat meer as 7 500 vierkante meter mosaïek, meer as enige ander kerk in die wêreld. Die binnekant is ontwerp deur die mees vooraanstaande kunstenaars van daardie tyd, onder andere Wiktor Wasnetsof, Michail Nesterof en Michail Wroebel.

Rewolusie van 1917

Ná die Russiese Rewolusie is die kerk geplunder en erg verniel. Die Sowjet-regering het dit in die vroeë 1930's gesluit. Tydens die Tweede Wêreldoorlog, toe baie mense dood is van honger tydens die Beleg van Leningrad deur Nazi-Duitsland, is die kerk gebruik as ’n tydelike stoor vir die lyke van mense wat óf van honger óf van siektes óf in gevegte dood is en die kerk is verder beskadig. Ná die oorlog is dit as ’n pakhuis vir groente gebruik en dit het gelei tot die spottende naam "Verlosser op Aartappels".

Moderne tyd

In Julie 1970 is die bestuur van die kerk oorgedra aan die Sint Isak-katedraal. Dit is gebruik as ’n baie winsgewende museum en die opbrengs is gebruik om die kerk te restoureer. Dit het 27 jaar geduur en die kerk is in Augustus 1997 heropen. Dit is egter nooit ingewy nie en dien nie as ’n kerk nie, maar as ’n mosaïekmuseum. Selfs voor die rewolusie was dit nie ’n openbare kerk nie, maar bloot ’n gedenkteken aan die vermoorde tsaar. Die enigste dienste wat daar gehou is, is gedenkdienste. Die kerk is tans een van die grootste toeriste-attraksies in Sint Petersburg.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel

Eksterne skakels

Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Post a comment
Tips & Hints
Arrange By:
Фонд Сколково
26 September 2012
Сооружён в память того, что на этом месте 1 марта 1881 года в результате покушения был смертельно ранен император Александр II.
Elena???? B
4 February 2012
Внутри храма - 7000 кв. м. мозаики. Картины выкладывали вручную 40 мастеров, на протяжении 12 лет. После революции 10% мозаики было утрачено из-за сырости. В храме был овощной склад. Сейчас ведется ре
Load more comments
foursquare.com
Location
Map
Address

Church of the Savior on Blood, Sankt-Peterburg, Rusland, 191186

Get directions
Open hours
Wed 3:00 PM–8:00 PM
Thu Noon–9:00 PM
Fri Noon–10:00 PM
Sat 11:00 AM–Midnight
Sun 11:00 AM–9:00 PM
Mon Noon–8:00 PM
References

Church of the Savior on the Spilled Blood (Храм Спаса на Крови) on Foursquare

Kerk van die Verlosser op Bloed on Facebook

Hotels nearby

See all hotels See all
The Bridge Hotel

starting $129

Katyusha

starting $50

Apartments Gorokhovaya 4

starting $37

Ticket To Train

starting $6

Nevsky 3 Guest House

starting $57

Sonata at Nevsky 5

starting $91

Recommended sights nearby

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Novo-Konyushenny Bridge
Rusland

Novo-Konyushenny Bridge is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Museum of Soviet Arcade Machines
Rusland

Museum of Soviet Arcade Machines is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Tripartite Bridge
Rusland

Tripartite Bridge is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Шведская церковь Святой Екатерины
Rusland

Шведская церковь Святой Екатерины is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Palácio Mikhailovsky
Rusland

Palácio Mikhailovsky is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Russian Museum
Rusland

Russian Museum is a tourist attraction located in Saint-Petersburg,

Add to wishlist
I've been here
Visited
Mikhaylovsky Theatre
Rusland

Mikhaylovsky Theatre is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Часы с барометром
Rusland

Часы с барометром is a tourist attraction located in Saint-Petersbu

Similar tourist attractions

See all See all
Add to wishlist
I've been here
Visited
Sint Basilius-katedraal
Rusland

Die Sint Basilius- of Pokrof-katedraal.

Add to wishlist
I've been here
Visited
Saint Sophia Cathedral in Kiev
Oekraïne

Saint Sophia Cathedral in Kiev is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Smolnı kafedralı
Rusland

Smolnı kafedralı is a tourist attraction located in S

Add to wishlist
I've been here
Visited
Assumption Cathedral in Smolensk
Rusland

Assumption Cathedral in Smolensk is a tourist attraction located in

Add to wishlist
I've been here
Visited
Isakkatedraal
Rusland

Die Isakkatedraal (Russies: Исаа́киевский Собо́р, Isaakijefski Sobor

See all similar places