Matterhorn (Duits: Matterhorn, [ˈmatərˌhɔrn]; Frans: Mont Cervin, [mɔ̃ sɛʁvɛ̃]; Italiaans: Cervino, [ˈtʃerˈviːno]) is 'n berg in die Alpe wat op die waterskeiding en grens tussen Switserland en Italië geleë is. Dit is 'n groot, byna simmetriese piek in die Penniniese Alpe wat 4 478 meter hoog is; dit is een van die hoogste bergpieke in die Alpe en Europa.