Die Melbourne Grand Prix Renbaan by Albert Park in Melbourne is die baan waarop die Australiese Grand Prix-motorwedren jaarliks in Australië gehou word. Die Grand Prix is die oudste oorblywende motorrenkompetisie in Australië wat reeds 79 keer sedert die eerste keer in 1928 op Phillipeiland gehou is. Sedert 1985 is die wedren 'n rondte van die FIA Formule Een-Wêreldkampioenskap.