Millennium Park (Chicago)

Millennium Park is 'n nuwe vername burgersentrum in Chicago en een van die stad se belangrike bakens langs die oewer van die Michiganmeer. Die projek maak deel uit van burgemeester Richard M. Daley se ambisieuse idee om Daniel Burnham se oorspronklike Chicago-plan uit die jaar 1909 te verwesenlik.

Die beplanning het in Oktober 1997 en die boubedrywighede in Oktober 1998 begin. Die projek is in Julie 2004 voltooi. Millennium Park is op 16 Julie 2004 plegtig ingewy as deel van 'n driedaagse feestelikheid, wat onder meer 'n inwydingskonsert van die Grant Park-orkester en -koor ingesluit het. 300 000 mense het die inwydingseremonie bygewoon.

Millennium Park het sedertdien tot een van die mees spoggerige woonbuurte in die stad ontwikkel, en die plaaslike poskode 60602 is deur Forbes as die gewildste in die land aangewys, onder meer danksy nuwe luukse-geboue soos The Heritage at Millennium Park in 130 N. Garland-straat. Nuwe projekte soos Waterview Tower, The Legacy en Momo sal die gewildheid verder verhoog. Die gemiddelde prys vir 'n eiendom het volgens Forbes in 2005 VSA-$ 710 000 bereik.

Millennium Park maak deel uit van die groter Grant Park, een van die grootste openbare parke in die stad en 'n voortreflike voorbeeld van Chicago se pos-moderne argitektuur. Hier lê die McCormick Tribune-ysskaatsbaan, Wrigley Square se Peristyle, die Joan W. en Irving B. Harris-teater vir Musiek en Dans, AT&T Plaza, Lurie-tuin, die Chase-promenade en Trees in Millennium Park.

Die park behels drie bekende kunswerke: Cloud Gate, Crown Fountain en die Jay Pritzker-pawiljoen. Millennium Park word dikwels as die grootste daktuin ter wêreld beskou, aangesien dit bo-oor 'n uitgestrekte spoorwegterrein en parkeergarage gebou is.

Pritzker-pawiljoen

Die Jay Pritzker-pawiljoen is een van die mees kenmerkende geboue in Millennium Park, wat volgens 'n ontwerp van die befaamde argitek Frank Gehry met 4 000 vaste en 'n bykomende 7 000 sitplekke in die grasperk opgerig is. Die pawiljoen met sy massiewe titaanpanele, wat soos 'n bekoorlike bloeisel of die seile van 'n groot skip lyk, weerspieël Gehry se tipiese styl.

Die Pritzker-pawiljoen huisves die Grant Park-musiekfees, die enigste reeks van buitelug-konserte met klassieke musiek, wat danksy die stedelike befondsing gratis toegang vir besoekers bied.

Oos van die pawiljoen span die enigste brug ter wêreld, wat deur Frank Gehry ontwerp is. Die voetgangerbrug met 'n lengte van 925 voet is net soos die pawiljoen van titaan gemaak en beskik oor 'n laag uit hardehout. Die brug kronkel soos 'n fladderende lint oor die nabygeleë Columbus Drive.

Cloud Gate

AT&T Plaza pronk met Cloud Gate, 'n skulptuur wat oor drie verdiepings strek en 110 ton weeg. Plaaslike inwoners het die bynaam The Bean - "Die Boontjie" - aan die kunswerk gegee. Die skulptuur is die werk van die wêreldbekende kunstenaar Anish Kapoor - sy eerste in die Verenigde State. Die kunswerk is danksy private skenkings teen 'n totale bedrag van VSA-$ 23 miljoen geskep.

Cloud Gate is 'n hoogs gepoleerde reflekterende staalskulptuur en versinnebeeld 'n kwiksilwerdruppel, wat nog net bokant die grond sweef voordat dit uiteindelik sou land. Die spieëlagtige oppervlak van die kunswerk reflekteer besoekers, die stadshorison en die hemel; dit het intussen die gewildste skulptuur in Chicago geword.

Crown Fountain

Crown Fountain, wat ter ere van Chicago se Cown-gesin vernoem is, is deur die Katalaanse konseptuele kunstenaar Jaume Plensa ontwerp. Dit is die eerste installasie van sy soort wêreldwyd. Deurskynende glasblokke is gebruik om twee torings van 50 voet elk teen die middel van swart graniet-plaza, wat met 'n ag duim diepe laag van water bedek word, op te rig. Agter die glasstene gesofistikeerde LCD-videoskerms aangebring, wat - sodra hulle verlig word - video's met die gesigte van naastenby duisend Chicagose burgers vertoon. Die video's versinnebeeld die etniese diversiteit van die stad, terwyl die gesigte van 'n klein waterval oorstroom word.

Die installasie is 'n grapperige moderne weergawe van historiese fonteine en hulle spuitgeute. Net soos water uit die oop monde van dié wesens gespuit het, bevat die video's spesifieke momente, wanneer die persoon haar of sy mond open, en skielik begin spesiale tuite water na die middel van die poel te spuit. Besoekers word uitgenooi om oor die waterbedekte plaza te loop om sodoende die indruk te kry dat hulle op water loop.

Lurie Garden

Lurie Garden is deur Gustafson Guthrie Nichol en die Nederlandse botanis Piet Oudolf as 'n nuwe botaniese tuin in die middestad van Chicago ontwerp. Die tuin lê tussen 'n nuwe orkes-pawiljoen, wat deur Gehry Partners ontwerp is, en die Renzo Piano Building Workshop se uitbreiding van die Chicago Art Institute. Die hele tuin is bo-oor die boonste dek van die Millennium-parkeergarage gebou. Sodra dit uitgegroei het, sal 'n reusagtige "gespierde" haag die binnetuin aan die noordelike en westelike kant omsluit.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Jackie Mann
21 August 2015
The free events here in the summer are awesome, although trying to enjoy the park otherwise can be hard during tourist season. The beat time is fall or spring early in the morning- no one's there!
Shawn Calhoun
26 June 2017
An absolutely world class park in one of the best cities I've ever visited. Try to catch a summer concert at the amphitheater.
Jason
22 June 2015
Free concerts in the park. Lots of green space and art. I was really impressed with all this park had to offer and it was all free. I love Chicago.
Thamer A
4 May 2018
One of the coolest places I have ever visited in Chicago. It’s perfect for families to enjoy the good weather. Strongly recommend.
Noel Rodriguez
27 July 2017
An amazing place to catch a free concert during the summer, awesome views of Chicago's skyline, and just be one with Chicago's residents.
Shania G
8 July 2018
If you do not visit Chicago frequently, definitely a place to check out. There's always something to check out in Chicago though, even just walking down the streets can be a nice day in the city.
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Hampton Inn Chicago/McCormick Place, IL

vanaf $0

Hampton Inn & Suites Teaneck Glenpointe, NJ

vanaf $0

Premier Luxury Suites

vanaf $1138

Chicago South Loop Hotel

vanaf $135

Hilton Garden Inn Chicago McCormick Place

vanaf $159

Home2 Suites By Hilton Chicago McCormick Place

vanaf $175

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Cloud Gate

Cloud Gate is a public sculpture by Indian-born British artist Anish

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Crown Fountain

Crown Fountain is an interactive work of public art and video

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Aon Center (Chicago)

The Aon Center (200 East Randolph Street, formerly Amoco Building) is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Art Institute of Chicago

The Art Institute of Chicago (AIC) is an encyclopedic fine art museum

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Fountain of the Great Lakes

Fountain of the Great Lakes or Spirit of the Great Lakes Fountain is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Chicago Theatre

The Chicago Theatre, originally known as the Balaban and Katz Chicago

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Chicago Picasso

The Chicago Picasso (often just The Picasso) is an untitled monumental

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Flamingo (sculpture)

Flamingo, created by noted American artist Alexander Calder, is a 53

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Central Park, Manhattan

Central Park is 'n openbare park in die hartjie van Manhattan in New

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Englischer Garten

The Englischer Garten or 'English Garden' is a large public park in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Treptower Park

Treptower Park is 'n openbare park in Berlyn wat regstreeks aan die

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Vondelpark

The Vondelpark is a public urban park of 47 hectares (120 acres) in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Washington Square Park

Washington Square Park is one of the best-known of New York City's

Sien alle soortgelyke plekke