Die Montagne Noire (let. "Swart Berg") is 'n bergreeks in die suidweste van Frankryk. Dit is geleë aan die suidwestelike punt van die Massif Central. Dit is geleë in die grens gebied van die Tarn, Hérault en Aude departmente. Die reeks se hoogste punt is die Pic de Nore teen 1 210 m.