Mosambiekeiland

Mosambiekeiland (Portugees: Ilha de Moçambique) is 'n eiland en stad in Mosambiek met 54 315 inwoners (2005), wat deel uitmaak van die provinsie Nampula. Mosambiekeiland, wat sy naam ook aan die voormalige Portugese kolonie en huidige onafhanklike republiek in die suid-ooste van Afrika verleen het, is danksy sy historiese geboue deur die UNESCO in 1991 tot wêrelderfenisgebied verklaar.

Geografie

Die smal eiland met 'n oppervlak van 1,5 vierkante kilometer het sy ontstaan aan 'n koralerif te danke. Mosambiekeiland lê enkele kilometer van die vasteland af oorkant 'n seestraat. 'n Brug met 'n lengte van drie kilometer, wat net vir motors, maar nie busse of vragmotors geskik is nie, verbind die eiland sedert 1960 met die hawestad Lumbo.

Geskiedenis

Mosambiek het al vroeg 'n belangrike rol vir Islamitiese handelaars uit Zanzibar gespeel, en hulle handelsbetrekkinge het tot by Asië gestrek.

Die Portugese seevaarder en ontdekkingsreisiger Vasco da Gama was in 1498 die eerste Europeër, wat die eiland se sjeik, Moussa Ben Mbiki, ontmoet het. Die sjeik het ook die naamgewer vir die eiland geword. In 1506 het die Portugese Tristão da Cunha en Alfonso de Albuquerque die eilandstad beset.

Alfonso de Albuquerque het in 1508 die fort São Sebastião op die mees noordelike punt van die eiland teen aansienlike koste opgerig; vir die fort is genommerde stene uit Europa ingevoer. In 1607 en 1608 het die eiland Nederlandse aanvalle weerstaan.

Danksy die florerende slawehandel en sy gunstige geografiese ligging ontwikkel die stad tot een van die grootste en belangrikste hawens in Mosambiek. Ook goud en speserye is van hier uitgevoer. Met die opening van die Suezkanaal begin die ekonomiese agteruitgang van die eiland. Mosambiekeiland het tot by die jaar 1898 as die hoofstad van Mosambiek gedien; die setel van die koloniale regering is daarna verskuif na Lourenço Marques (die huidige Maputo) in die suide van die land.

Tot by die einde van die 19de eeu was die stad, wat ook as 'n belangrike sentrum vir Christelike sendelinge gedien het, die setel van die goewerneur-generaal en van 'n biskop. Sy pragtige historiese geboue sluit die goewerneurspaleis, die katedraal, 'n doeanekantoor, 'n tuighuis en die stylvolle kantore van Franse, Switserse en Duitse handelshuise in.

Die stad se bevolking het uit sowat 150 Europeërs (meestal Portugese), enkele honderd Baniane (wat die handel met Indië oorheers het), 'n aantal Sjinese en Arabiere en tussen 4 000 en 5 000 Makoea bestaan. Mosambiekeiland het sedert die einde van die 19de eeu en weens die gevolge van die Mosambiekse burgeroorlog toenemend verval.

Bevolking

Tans is oorbevolking een van die grootste probleme van die eilandstad: Daar is een inwoner per 27,6 vierkante meter. Die oorgrote meerderheid van die bevolking woon in die riethuise van Makutistad in die suide van die eiland.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Jonathan Carr-Harris
15 December 2016
Amazing history and culture
Felipe Silva
18 May 2013
Ilha é uma relíquia. Não vá embora sem conhecer o forte (vá com guia).
Juny Junior Atumane
13 October 2015
Bom para passear
Gulamo Momade Gulamo Issufo
Está pequena Ilha que habitamos
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Coral Lodge 15.41

vanaf $473

Anantara Medjumbe Island Resort and Spa

vanaf $1284

Avani Pemba Beach Hotel and Spa

vanaf $115

Raphael's Hotel

vanaf $99

CM Test Hotel - Do Not Book

vanaf $8

Nampula Hotel by Montebelo

vanaf $65

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Fort São Sebastião

The Fort of São Sebastião on the Island of Mozambique is the oldest c

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Moskouse Kremlin

Vir ander gebruike van die woord of naam Kremlin sien Kremlin

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Old Havana

Old Havana (español. La Habana Vieja) contains the core of the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Perito Moreno Glacier

The Perito Moreno Glacier is a glacier located in the Los Glaciares

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Geirangerfjord

Die Geirangerfjord in die Sunnmøre-streek van die provinsie (fylke)

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Batalha Monastery

Mosteiro Santa Maria da Vitória, more commonly known as the Batalha

Sien alle soortgelyke plekke