Mount Kenya (Massai: Kirinyaga en Kinyaa, "swart-en-wit-berg") is 'n bergmassief in Afrika wat in die sentrum van Kenia net noord van die hoofstad Nairobi en net suid van die ewenaar geleë is. Met sy hoogte van 5 199 meter is dit die tweede hoogste berg en bergmassief in Afrika ná Kilimandjaro. Die massief bestaan uit drie vulkane: Batian, Nelion en Point Lenana. Die Mount Kenya Nasionale Park is in 1997 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.