Nigerrivier

Die Nigerrivier (Engels: Niger River, Frans: (le) fleuve Niger [(lə) flœv niʒɛʁ]) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Wes-Afrika. Die rivier, met 'n lengte van 4 180 km (2 597 myl), is ná die Nylrivier en die Kongorivier die derde langste rivier in Afrika. Die huidige nasies Niger en Nigerië het hulle name van die rivier afgelei.

Die Nigerrivier ontspring in die Hooglande van Guinee, net oos van die grens tot Sierra Leone. Aansluitend vloei die rivier in noordoostelike rigting deur Guinee tot die grens van Mali. Hier bereik die Nigerrivier dié land se hoofstad, Bamako, en vloei verder in noordoostelike rigting tot by Timboektoe. Net oos van die stad bereik die rivier sy noordelikste punt in die suidelike deel van die Sahara-woestyn en vloei later in suidoostelike rigting. Naby Gao vloei dit deur die Sahel-streek en kruis die grens van Niger. Hier vloei die rivier deur Niamey, die hoofstad van Niger. Aansluitend vorm die Nigerrivier gedeeltelik die grens tussen Benin en Niger en bereik die drielandepunt tussen Niger, Burkina Faso en Benin. Aansluitend bereik die rivier Nigerië en verlaat die Soedan-gebied, wat deur reënwoud opgevolg word. In die suidelike sentrum van Nigerië net suid van die hoofstad Abuja mond die Benuerivier, die Nigerrivier se grootste sytak, uit. Vanaf hier vloei die rivier in suidelike rigting en mond in die uitgestrekte Nigerdelta naby die hawestad Port Harcourt in die Golf van Guinee uit.

Die Nigerrivier word in Manding Jeliba of Joliba ("Groot Water"), Orimiri of Orimili ("Groot Water") in Igbo, Egerew n-Igerewen ("rivier van riviere") in Tuareg, Isa Ber ("groot rivier") in Songhay, Kwara in Hausa en Oya in Joroeba genoem. Die naam van die rivier is vermoedelik afgelei van die Latynse word niger vir swart of die Tuareg-word Egerew n-igerewen, wat vir die middelloop rondom Timboektoe gebruik is. Timboektoe was die suidelike einde van die Trans-Sahara-handel met die westelike Middellandse See en die bron vir die meeste Europese kennis van die gebied.

Nadat die Europese magte in die 16de en 17de eeu begin het, skepe langs die kus van Wes-Afrika te stuur, het hulle geglo, dat die Sénégalrivier die mondingsrivier van die Nigerrivier is. Mungo Park het in die 18de eeu die eerste Europese ontdekkingsreisiger geword, wat die Nigerrivier vir die eerste keer in sy hele loop bevaar en die destydse ryke besoek het. Daardeur is die verloop van die Nigerrivier verken.

Sien ook

  • Lys van riviere in Afrika

Verwysings

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie .
In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Daar is nog geen wenke of wenke vir Nigerrivier nie. Miskien is u die eerste een wat nuttige inligting vir medereisigers plaas? :)

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Protea Hotel Owerri Select

vanaf $160

GADE PLACE HOTEL

vanaf $85

ROYAL PARAGON HOTEL

vanaf $77

Golden Tulip Port-Harcourt Hotel

vanaf $160

Fullmoon Hotels

vanaf $0

Bon Hotel Delta

vanaf $116

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nun River

The Nun River is a river in Nigeria. The Nun is formed when the Niger

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Forcados River

The Forcados River is a channel in the Niger Delta, in southern

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Oguta Lake

Oguta Lake is the largest natural lake in the Imo State of Nigeria.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Benin Museum

Benin Museum is 'n toeristeaantreklikheid, een van die Museums in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mount Agou

Mount Agou (earlier known as Mount Baumann) is the highest mountain in

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Canals of Amsterdam

Amsterdam, capital of the Netherlands, has more than one hundred

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Donaukanal

The Donaukanal ('Danube Canal') is a former arm of the river Danube,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Fontanka River (Фонтанка)

Fontanka River (Фонтанка) is 'n toeristeaantreklikheid, een van die

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
River Cam

The River Cam is a tributary of the River Great Ouse in the east of

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Griboyedov Canal

The Griboyedov Canal or Kanal Griboyedova (Russian: кана́л Гриб

Sien alle soortgelyke plekke