Nuwe Nasionale Operahuis (Oslo)

Die Nuwe Nasionale Operahuis in die Noorse hoofstad Oslo is sedert April 2008 die tuiste van Den Norske Opera & Ballet.

Geskiedenis

Nadat die debat oor die oprigting van 'n nuwe operahuis in Oslo al dekades lank gevoer is, is die eerste bouplanne vir die ambisieuse gebou van beton, marmer en glas in 1998 aan die publiek bekend gestel. Twee alternatiewe persele by die voormalige Vestbanestasjonen (die westelike stasie van Oslo) en in die ou Folketeater-gebou is uiteindelik verwerp, en die Noorse parlement, die Storting, het op 15 Junie 1999 die besluit geneem om die nuwe operahuis net soos die Sydney Opera House digby die hawe op te rig. Volgens die amptelike beplanning sal die Oslo-operahuis tot die middelpunt van die nuwe stadsbuurt Bjørvika suidoos van Oslo se hoofstasie ontwikkel.

Die boubedrywighede het op 17 Februarie 2003 amptelik begin, terwyl die hoeksteen van die nuwe gebou in die najaar van 2004 gelê is. Die inwyding van die operahuis is oorspronklik vir September 2008 beplan, maar aangesien die boubedrywighede al maande vroeër voltooi is, het die plegtige inwyding vyf maande voor die beplande datum plaasgevind. Die boukoste het 4,13 miljard Noorse kroon (6,5 miljard ZAR) beloop.

Argitektuur

Die Nuwe Nasionale Operahuis word as die grootste kulturele projek in die na-oorlogse Noorweë beskou. Die gebou, wat soos 'n gletser, 'n drywende ysberg en sneeu - tipiese natuurverskynsdels van die noorde van Noorweë - lyk, is deur die Noorse Snøhetta-argitekte ontwerp wat reeds bekendheid met hulle argitektoniese konsep vir die Nuwe Biblioteek van Alexandrië in Egipte verwerf het.

Die operahuis het 'n wydte van 100 meter, 'n lengte van 207 meter en beskik met sy oppervlakte van 38 500 vierkante meter oor meer as 1 500 vertrekke. Naas twee kleiner tonele bied die hooftoneel sitplekke vir 1 358 toeskouers. Die Groot Saal, wat met Duitse eikehoutpanele uitgelê is, pronk met die grootste ligkroon in Noorweë wat deur Snøhetta in samewerking met Hadeland Glassverk geskep is. Die ligkroon het 'n deursnee van sewe meter en 'n gewig van 8,5 ton. 8 500 hipermoderne ligdiodes word as ligbron ingespan.

Die fasade van die operahuis bestaan uit 90 persent wit Italiaanse Carrara-marmer en tien persent Noorse graniet wat in Rennebu ontgin is. Die massiewe gebruik van wit marmer is omstrede, en reeds voor die amptelike inwyding van die gebou het sommige van die sowat 36 000 marmerplate om onbekende redes geel verbleek. Die probleem is waarskynlik aan die koel en vogtige klimaat van Oslo te wyte.

Inwyding

Die operahuis is op 12 April 2008 plegtig ingewy. Die plegtige seremonie is regstreeks op die Norse televisie NRK uitgesaai en dwarsdeur die land as 'n kulturele gebeurtenis van nasionale belang gevier. Die sowat 1 400 eregaste by die inwyding het die Noorse koning Harald V en sy eggenote koningin Sonja, verteenwoordigers van die Deense en Sweedse koningshuise, die eerste ministers van Ysland en Finland en die Duitse bondskanselier Angela Merkel ingesluit.

Twintig solosangers en sestig dansers het by die openingsgala opgetree; die aanbiedings het onder meer uitreksels uit Richard Wagner se opera Der Fliegende Holländer ingesluit. Aangesien die ingewikkelde tegniek van die toneel nie betyds geïnstalleer kon word nie, is die opvoering van Jorden rundt på 80 dager, 'n opera van die Noorse komponis Gisle Kverndokk, tot aanstaande jaar uitgestel.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Chris Shanahan
27 March 2016
Epic architecture with a great mix of glass and wood design. Great cafe to have a drink and recharge. Interesting sculpture in the water just outside the building.
Oleg Anisimov
19 November 2016
Guided tour in English is strongly recommended. For 100 NOK you will see the inner space of the theatre (costumes production, decoration factory, ballet school for children etc).
Andrea
12 April 2015
Avoid the 100kr tickets, they are cheap but offer a bad view of the show (especially the ones on the sides of stage). BTW building's architecture is amazing and the quality of the plays is superlative
Bijan Kafi
11 February 2015
The building is meant to resemble a floating iceberg. It's designers deliberately intended for its structure to "open towards the Oslo fjord" and invite people to climb it. Don't miss the top view!
OJ Brat
10 April 2016
We ain't got nothing like Paris, Vienna or La Scala in Milano. But we have this. Beautiful Scandinavian design. This is what the rest of the world look to for inspiration. I love going to the opera.
Özden Hantal
23 February 2018
It was near the sea with an amazing view.500mio eur has been spent for the building,acoustic of the walls1400 people capacity,60 people work at costume workshops for the performances.Take 50mins tour.
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Best Western Plus City Hotel

vanaf $288

Scandic Oslo City

vanaf $318

Comfort Hotel Karl Johan

vanaf $223

Thon Hotel Astoria

vanaf $177

Clarion Hotel Royal Christiania

vanaf $110

Comfort Hotel Xpress Central Station

vanaf $212

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Oslo Cathedral

Oslo Cathedral (Oslo domkirke, previously the Our Savior's Church) was

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Oslo Kongsgård estate

The Oslo Kongsgård estate (Norwegian: Oslo kongsgård) was a royal r

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Old Bishop's Palace in Oslo

The Old Bishop's Palace in Oslo was the residence of the Catholic

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Karl Johans gate

Karl Johans gate is the main street of the city of Oslo, Norway. The

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Akershus Fortress

Akershus Fortress (Norwegian: Akershus Festning) or Akershus Castle

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Norway's Resistance Museum

Norway's Resistance Museum (Norwegian: Norges Hjemmefrontmuseum), also

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Det Norske Teatret

Det Norske Teatret is a theatre in Oslo. The theatre was founded in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nationaltheatret

Nationaltheatret ('The National Theatre') is one of Norway's largest

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Odessa Opera and Ballet Theater

The Odessa National Academic Theatre of Opera and Ballet is the oldest

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Teatro Massimo

The Teatro Massimo Vittorio Emanuele is an opera house and opera

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Royal Opera House

Die Royal Opera House is 'n operahuis en sentrum vir uitvoerende

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Palais Garnier

The Palais Garnier, also known as the Opéra de Paris or Opéra G

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Metropolitan Opera

The Metropolitan Opera Association of New York City, founded in April

Sien alle soortgelyke plekke