Oktoberfest

thumb|right|280px|Die feesterrein net voor die opening in 2006 Die Oktoberfest in die Beierse hoofstad München (Suid-Duitsland) is die grootste volksfees ter wêreld. Dit word sedert 1810 op die Theresienwiese in die weste van München gehou en lok jaarliks meer as ses miljoen besoekers. Die plaaslike brouerye brou 'n spesiale bier, die sogenaamde Wiesn Märzen, met meer stamwort en 'n hoër alkoholgehalte vir hierdie fees.

Geskiedenis

Die eerste Oktoberfest

Oktoberfeste is vroeër dikwels in Beiere gehou om die laaste voorrade Maartbier voor die begin van die nuwe brouseisoen te verbruik.

Die huidige groot Oktoberfest in München is in vergelykung met ander volks- en skuttersfeeste in Duitsland nog 'n relatief onlangse verskynsel en is vir die eerste keer op 17 Oktober 1810 gehou. Ter geleentheid van hulle bruilof op 12 Oktober 1810 het kroonprins Lodewyk I van Beiere en prinses Therese van Sakse-Hildburghausen op 'n weiland net buite München 'n groot perdewedren gehou. Die weiland word sedertdien Theresienwiese genoem, en in die plaaslike Beierse dialek word na die Oktoberfest dus ook as d' Wiesn ("die weiland") verwys.

Aangesien kroonprins Lodewyk baie in die antieke Griekeland belang gestel het, het een van sy onderdane voorgestel om die fees in die styl van die antieke Olimpiese Spele te hou. Lodewyk was begeester deur hierdie idee, en in sy vroeë jare het die Oktoberfest gevolglik nog 'n oorwegend sportiewe karakter gehad. Die koningshof het destyds besluit om die perdewedren presies een jaar later nog eens te hou, en die tradisie van die jaarlikse Oktoberfest het 'n aanvang geneem.

Die ontwikkeling tot 'n volksfees

19de eeu

As gevolg van die Napoleontiese Oorloë het die fees in 1813 nie plaasgevind nie, maar daarna het die Oktoberfest jaarliks gegroei. Naas die perdewedren het ook klimpale, kegelbane en skommels die feesgangers vermaak. In 1818 is die eerste karousel opgebou. 'n Aantal loterye het met hul gewilde pryse - porselein, silwer- en juweliersware - volwasse besoekers gelok. Vanaf 1819 is die fees deur die stadsregering van München as 'n jaarlikse gebeurtenis georganiseer.

In 1850 is 'n standbeeld van Bavaria op die feesterrein opgerig, en in 1853 is 'n erehal, die Ruhmeshalle München, vlakby die standbeeld voltooi. In die volgende jare het die fees enkele kere as gevolg van cholera-epidemieë (in 1854 en 1873) en oorloë (die Pruisies-Oostenrykse Oorlog in 1866 en die Duits-Franse Oorlog in 1870) nie plaasgevind nie.

Teen die einde van die 19de eeu het die Oktoberfest geleidelik sy huidige karakter as 'n internasionale volksfees begin ontwikkel. Die begin van die fees is weens die warmer weer na September geskuif, en net die laaste week van die Oktoberfees lê sedertdien nog in Oktober. Sedert 1880 het die plaaslike owerhede die verkoop van bier toegestaan, en in 1881 het feesgangers die eerste braaihoenders (Beiers: Hendl) geniet. Die meer as 400 stalletjies en tente is destyds ook van elektriese lig voorsien. Groot biertente het nou steeds meer sitplekke vir besoekers en verhoë vir die tradisionele blaasorkeste gebied. Die fees het daarnaas ook steeds meer die karakter van 'n vermaaklikheidspark gekry.

20ste eeu

In die jaar 1910 het die Oktoberfest sy 100ste verjaardag gevier, en daar is 12 000 hektoliter bier geskink. Die Bräurosl, die grootste biertent, het destyds reeds sitplekke vir 12 000 besoekers gebied. Tans is die Hofbräu-Festhalle met 10 000 sitplekke die grootste biertent op die Oktoberfest.

In die jare van die Eerste Wêreldoorlog (1914 tot 1918) is geen Oktoberfest gehou nie. In 1919/1920 is slegs 'n beskeie "Herfsfees" gevier, en in 1923/1924 kon die fees as gevolg van die heersende hiperinflasie nie gehou word nie. Ook gedurende die Tweede Wêreldoorlog tussen 1939 en 1945 het die fees nie plaasgevind nie. In die na-oorlogse München is tussen 1946 en 1948 tenminste weer klein "Herfsfeeste" gehou. Die Oktoberfest het dus sedert sy begin 24 keer nie plaasgevind nie.

1950 het die burgemeester van München, Thomas Wimmer, die eerste biervat getap, en hierdie "amptelike" openingseremonie vind nou jaarliks plaas. Die Oktoberfest het in die volgende jare tot die grootste volksfees ter wêreld ontwikkel. Die perdewedren is ná die oorlog - met uitsondering van die 150-jaarfeesvierings in 1960 - nie meer gehou nie.

Die mees tragiese gebeurtenis in die geskiedenis van die Oktoberfest was die bomontploffing by die hoofingang op 26 September 1980, een van die grootste aanslae ooit in Duitsland wat deur 'n jong regsgesinde ekstremis gepleeg is. Dertien mense, waaronder per ongeluk ook die dader, het hulle lewens verloor en meer as 200 is beseer.

Die Oktoberfest vandag

Tans lok die Oktoberfest jaarliks meer as ses miljoen besoekers, waaronder talle buitelandse gaste uit onder meer Italië, die Verenigde State, Japan en Australië. In die laaste jare het 'n groeinde aantal besoekers met tradisionele Beierse volksdrag gepronk.

Die feesterrein met 'n oppervlakte van 31 hektaar en 'n personeel van 12 000 (waarvan 1 600 kelners en kelnerinne) bied tans sowat 100 000 sitplekke in die biertente. Die gemiddelde aantal jaarlikse besoekers is sowat ses miljoen - met 'n rekord van 7,1 miljoen wat in 1985 behaal is. Tans kom sowat sestig persent van die besoekers uit München, twaalf persent uit die res van Beiere en sowat vyftien persent uit die buiteland, veral uit Italië. In 2007 was daar 6,2 miljoen besoekers wat 6,7 miljoen liter bier gedrink en 'n halfmiljoen braaihoenders geëet het. Daar word beraam dat die totale omset van die Oktoberfest in München sowat een miljard € beloop.

Die oormatige gebruik van alkohol het in die laaste jare 'n probleem geword. Sedert 2005 word die uitbundigheid van sommige besoekers met die nuwe Ruhige Wiesn-konsep getemper sodat die tradisionele atmosfeer bewaar kan word en ook gesinne met kinders en bejaardes die fees weer kan geniet - tot by ses uur saans word net tradisionele blaasmusiek in die tente toegelaat en die geluid van musiek mag nie meer 85 dB oorskry nie.

Die hoogtepunte van die fees

(Argentinië) se Oktoberfest in 2006 getap is]] In 1887 was die feesterrein nog buite die stad geleë, en die fees het met die gashere se optog na die Wiesn begin. Hierdie optog vanuit die middestad na die feesterrein met die plaaslike brouerye se pragtig versierde perdewaens, die gashere se koetse en die verskillende biertente se blaasorkeste is nog steeds die amptelike openingseremonie, en dit word tans deur München se burgemeester en die Münchner Kindl, die "kindjie van München" of amptelike wapenfiguur van die stad, gelei.

Nadat die optog die Wiesn bereik het, word die eerste biervat stiptelik om twaalfuur smiddags deur München se burgemeester in die Schottenhamel-feestent "getap". Die feesgangers kyk gespanne toe en wonder hoeveel hamerslae die burgemeester gaan benodig om die biervat te open. Sodra hy uitroep "O'zapft is!" ("Die vat is getap!"), is die Oktoberfest amptelik geopen. Op die Bavaria-trap word vervolgens 'n saluut van twaalf skote gevuur - dit is die sein vir die ander biertente se gashere dat hulle nou ook die eerste bier mag bedien.

Op die eerste Sondag van die Oktoberfest vind sedert 1950 die tradisionele optog van volkspele-groepe plaas. Met meer as 8 000 deelnemers, wat in tradisionele kleredrag oor 'n afstand van sewe kilometer vanuit die Maximilianeum na die feesterrein trek, is hierdie optog een van die grootstes van sy soort wêreldwyd. Die optog met die eerste minister van Beiere en sy eggenote, versierde perdewaens, en orkeste en groepe uit Beiere, Oostenryk, Switserland, Noord-Italië en ander Europese gebiede word eweneens deur die Münchner Kindl gelei.

Oktoberfest-vierings in ander lande

Duitse immigrante het die Oktoberfest-tradisie ook in oorsese lande bewaar. Die Oktoberfest in die Kanadese tweelingstad Kitchener-Waterloo (provinsie Ontario) is met 700 000 besoekers tans die grootste Oktoberfest buite Duitsland. 'n Groot aantal ander Noord- en Suid-Amerikaanse stede hou hul eie jaarlikse Oktoberfest, waaronder Blumenau (deelstaat Santa Catarina, Brasilië, meer as 600 000 besoekers), Cincinnati (deelstaat Ohio, VSA, meer as 500 000 besoekers), Villa General Belgrano (provinsie Córdoba, Argentinië), Valdivia (Chili) en Llanquihue (Chili).

In September 2007 het die eerste Oktoberfest in Montréal (provinsie Québec, Kanada) plaasgevind.

Bronne en verdere leesstof

  • Von Welser, Maria: Münchner Oktoberfest. München: Bummel-Verlag, 1982, ISBN 388781004X
  • 175 [Hundertfünfundsiebzig] Jahre Oktoberfest: 1810–1985, uitgegee deur die Landeshauptstadt München, saamgestel deur Richard Bauer en Fritz Fenzl. München: Bruckmann-Verlag 1985, ISBN 3-7654-2027-1
  • Stolte, Reiner: Die Geschichte vom Münchner Oktoberfest – The History of the Munich Oktoberfest. Strokiesverhaal, München: Herbert-Utz-Verlag 2004, ISBN 3-8316-1168-8
  • Veiz, Brigitte: Das Oktoberfest, Masse, Rausch und Ritual. Psycho-Sozial-Verlag 2006, ISBN 3898064840

Verwysings

Шаблон:Reflist

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Hanna Avlas
29 September 2016
A place of true happiness and celebration, fun and joy. Beer is good. 80 % of visitors wear traditional Bavarian costumes that makes an atmosphere. A lot of "deadly drunk bodies" at the end of a day.
Naga Rajesh Garikiparthi
1 October 2017
Its awesome because people are happy for no specific reason. You just drink and dance and go on a crazy ride. Visit during the night as it is much more beautiful and festive under lights.
Lufthansa
27 September 2013
Last year 6.4 million beer lovers visited Oktoberfest. We'd need over 12.167 A380-800 aircrafts to bring them all to Munich. Have a nice Oktoberfest 2013!
Zafer Kilic
18 February 2018
Best festival in the earth and Paulaner must have beer in the festival. Carnaval part is awesome. You must throw some balls to bans
Adhith Shanmugam
28 September 2014
The one of a kind party in the world! Good German food,big mug of beer and super thrilling rides.Please have fun in the rides first and then have food/drink.Prost everyone!
Stephanie Reese
1 October 2015
Bier! Go sometime during the week early and you might be able to grab a table inside a tent.
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Louis Hotel

vanaf $625

Platzl Hotel

vanaf $411

Hotel Falkenturm

vanaf $254

CORTIINA Hotel

vanaf $572

Hotel Am Markt Munich

vanaf $156

Hotel Schlicker

vanaf $168

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Theresienwiese

Theresienwiese is an open space in the Munich borough of

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Bavaria statue

The Bavaria statue (German just 'Bavaria') is a bronze-cast statue of

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Deutsches Theater München

Deutsches Theater München ('German Theatre') is a theatre in Munich,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Circus Krone

Circus Krone, based in Munich, is the largest circus in Europe and the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Justizpalast (Munich)

The Justizpalast Munich (Palace of Justice) is a palatial courthouse

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Karlsplatz (Stachus)

Stachus is a large square in central Munich. The square has been named

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Alter Botanischer Garten (Munich)

Alter Botanischer Garten is located in Maxvorstadt, Munich, Bavaria,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Asamkirche, Munich

Munich's Catholic Church of St. Johann Nepomuk, better known as the

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Blackpool Illuminations

Blackpool Illuminations is an annual lights festival, founded in 1879

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hyde Park Winter Wonderland

Hyde Park Winter Wonderland is a large annual Christmas event held in