Orkney

|+ Àrcaibh / Isles of Orkney

Orkney-eilande

(Vlag van Orkney) (Landswapen van Orkney)
Land Skotland
Amptelike tale Engels, Skots-Gaelies
Hoofstad Kirkwall
58° 58' N, 2° 57' W
Grootste stad Kirkwall
Aantal eilande (waarvan bewoon) 70 (20)
Grootste eiland The Mainland (523 vk km)
Administrasie Skotse raadsgebied (council area)
Plaaslike raad Raad van die Orkney-eilande
Regeringsparty Onafhanklikes
Oppervlakte
 - Totaal
 - % water

990 vk km
- %
Bevolking
  2006 (skatting)
 - Bevolkingsdigtheid

19 800
20/vk km
Inlywing by Noorweë Geannekseer in 875
Inlywing by Skotland Geannekseer op
20 Februarie 1472
Tydsone UTC +0

Orkney (Skots-Gaelies: Àrcaibh, Engels: Isles of Orkney of Orkney Islands [ˌɔːknɪˈaɪləndz}; byvoeglike naamwoord: Orkadies, afgelei van die verouderde benaming Orkade) is 'n Skotse eilandgroep wat uit die hoofeiland Mainland en naastenby 100 kleiner eilande bestaan. Orkney word deur die Pentland Firth noord van Caithness van die Skotse vasteland geskei. Die grootste nedersetting en administratiewe sentrum is Kirkwall.

In administratiewe opsig vorm Orkney een van die 32 raadsgebiede (council areas) van Skotland en 'n kiesafdeling van die Skotse parlement.

Orkney word reeds sowat 5 500 jaar lank deur mense bewoon. Die eerste bewoners was Neolitiese stamme en later Pikte totdat die eilandgroep in 875 ná 'n Wiking-inval deur Noorweë geannekseer en deur Noorse setlaars gekoloniseer is. In 1472 is Orkney deur die Skotse Kroon geannekseer nadat 'n bruidskat nie betaal is nie.

Orkney behels sommige van die oudste en bes-bewaarde argeologiese plekke uit die Jongsteentydperk, en die "Hart van die Neolitiese Orkney" is deur die UNESCO tot wêrelderfenisgebied verklaar.

Etimologie

Die eerste historiese verwysing na die eilandgroep dateer uit die 1ste eeu n.C. - die geograaf Claudius Ptolemaeus (90-168) het die eilande Orcades genoem. Hierdie term is afgelei van die ou Gaeliese naam Insi Orc of "Eiland van die Orcs" (die term orc verwys na 'n jong vark of wildevark.

Toe die Noorse Wikings hulle op die eilande gevestig het, het hulle die woord orc as orkn vertolk - die Oud-Noorse term vir robbe. Saam met die agtervoegsel -ey (wat "eiland" beteken) is die Oud-Noorse naam Orkneyjar gevorm, wat in Engels later tot Orkney verkort is.

Geografie

Die seestraat Pentland Firth skei Orkney van die Skotse vasteland. Die firth is tussen Brough Ness op die eiland South Ronaldsay en Duncansby Head in Caithness sowat 11 kilometer wyd.

Orkney lê tussen 58° 41' en 59° 24' Noord, en 2° 22' en 3° 26' Wes en strek oor 'n afstand van 80 kilometer vanuit die noordooste in suidwestelike rigting en 47 kilometer vanuit die ooste in westelike rigting. Die eilandgroep beslaan 'n totale oppervlakte van 990 vierkante kilometer. Met die uitsondering van sommige steil sandsteenberge en rotswande in die weste van die groter eilande bestaan die argipel hoofsaaklik uit laagliggende gebiede.

Hoy is die mees bergagtige eiland, en hier verrys ook die hoogste bergspits van Orkney, Ward Hill (481 meter). Die enigste ander eilande met noemenswaardige berge is die hoofeiland Mainland (een van sy twee hoogste bergspitse met 268 meter heet toevallig ook Ward Hill, die ander Wideford Hill), en Rousay.

Byna alle eilande het lochs of mere; die grootstes is The Loch of Harray en The Loch of Stenness op Mainland. Orkney se riviere is eerder stroompies wat die hoër geleë gebiede dreineer. Die eilandgroep word behalwe vir die weste van Mainland, Hoy en Rousay deur 'n ruwe, onreëlmatige kuslyn gekenmerk, en die eiland word deur seestrate, wat plaaslik sounds of firths genoem word, van mekaar geskei. Net noordoos van Hoy is die term Bring Deeps gebruiklik. Suid van Mainland lê Scapa Flow, 'n natuurlike hawe waar sedert die Wiking-tydperk groter vlote aangedoen het en waar die Duitse Vloot homself in 1919 ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog gesink het. Die Fall of Warness, wat onder meer bekend staan vir sy getyekrag-toetsaanleg lê suidwes van Eday.

Die eilande se name dui gewoonlik hul landskapsvorme aan: Die Noorse uitgang -ey, wat in Engels na -a of -ay verander het en letterlik "eiland" beteken, verwys na die groter eilande; eilandjies het die uitgang -holm, terwyl daar na geïsoleerde rotse as skerries verwys word.

Die seestrome van Orkney se getye (wat plaaslik races of roosts genoem word) word deur hul hoë spoed gekenmerk. Draaikolke kom gereeld voor, en hul stormagtige waters hou 'n bedreiging vir kleiner bote in.

Die opvallendste kenmerk van Orkney se flora is die gebrek aan bome wat onder meer aan die sterk winde te danke is. Nogtans lewer die voorkoms van turf die bewys dat die eilande vroeër wél bebos was. Die ontbossing was 'n mensgemaakte ramp wat die argipel waarskynlik nog voor die Jongsteentydperk getref het aangesien die steenargitektuur van vroeë nedersettings soos Skara Brae reeds bewys lewer vir die skaarste aan timmerhout.

Die grootste deel van Orkney se landoppervlakte word deur landbougebiede beslaan. Landbou is ook die vernaamste sektor van Orkney se ekonomie, terwyl ook vissery 'n belangrike bron van inkomste is. Orkney voer veral beesvleis, kaas, whisky, bier, vis en seekos.

Klimaat

Danksy die invloed van die warm Golfstroom word Orkney deur 'n gematigde, maar vogtige seeklimaat gekenmerk. Die Golfstroom vloei in noordoostelike rigting aan die wateroppervlak van die Atlantiese Oseaan en bring ook warm lugmassas uit die gebied van die Golf van Mexiko saam sodat Orkney se gemiddelde temperature nie sy noordelike ligging weerspieël nie.

Die verskil tussen die gemiddelde temperature van somer en winter beloop minder as 10 °C - tydens die relatief milde winters daal die kwik tot 'n gemiddelde temperatuur van tussen 5 en 6 °C, terwyl in die somer 'n gemiddelde van 15 °C aangeteken word. Maksimum-temperature is nie hoër as 19 °C nie.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Carl Griffin
4 December 2015
Pretty little city. St Magnus Cathedral is a highlight.
Angelina Laing
6 November 2011
The Fish n Chips take away is phenomenal! :-)
andy hayes
23 January 2011
every christmas day and new years day, a local phenomenon known as 'the ba' occurs. Has to be seen to be believed!
Scarlet Rose
29 October 2013
Super cute town.
Angelina Laing
20 December 2011
A must see in Kirkwall. :-)
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
St Ola Hotel

vanaf $103

Albert Hotel

vanaf $178

Karrawa Guest House

vanaf $101

Stromness Hotel

vanaf $91

Seaview Hotel

vanaf $91

A Castle View Bed and Breakfast

vanaf $62

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Burroughston Broch

Burroughston Broch is an Iron Age archaeological site on the island of

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Bishop's Palace, Kirkwall

The Bishop's Palace, Kirkwall was built at the same time as the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Blackhammer Chambered Cairn

Blackhammer Chambered Cairn is a Neolithic cairn on Rousay, in Orkney,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Earl's Palace, Kirkwall

The Earl's Palace is a ruined Renaissance-style palace near St

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St Magnus Church, Egilsay

St Magnus's Church on Egilsay, one of the Orkney Islands in Scotland,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Broch of Gurness

The Broch of Gurness is an Iron Age broch village on the northwest

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Cuween Hill Chambered Cairn

Cuween Hill Chambered Cairn (grid reference ) is a Neolithic chambered

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Midhowe Chambered Cairn

Midhowe is a large Neolithic chambered cairn located on the south

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kneiphof

Kneiphof (Lithuanian: Knypava; Polish: Knipawa) was a quarter of

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Namiseom

Namisum is a tiny half-moon shaped island located in Chuncheon, South

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Santorini

Santorini (Greek: Σαντορίνη, pronounced ]), officially Thira (G

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Skye

Skye or the Isle of Skye (Scottish Gaelic An t-Eilean Sgitheanach

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Isla Contoy

Isla Contoy is a small island in the Mexican state of Quintana Roo,

Sien alle soortgelyke plekke