Paquimé was 'n voor-Spaanse nedersetting, wat die noordweste van die Sierra Madre Occidental beïnvloed het, asook die oorgrote deel van die weste van Chihuahua en sommige gebiede in die ooste van Sonora. Dit het noue kulturele bande met die argeologiese kulture van Mogollon en, verder noordwaarts, met Anasazi, wat in Arizona, Utah, Colorado en Nieu-Meksiko bestaan het, gehad, en het deel uitgemaak van die Pueblo-kultuur.
Paquimé is veral bekend vir die groot bouwerke uit adobe en tapia. Dit vorm omvangryke komplekse van aanmekaargeskakelde ruimtes, wat in al sy aspekte in die latere kulture van Mogollon en van Anasazi gevind kan word. Navorsers het bereken, dat die nedersetting 'n bevolking van sowat 3 500 gehad het, maar hul taalkundige en etniese kartering bly onbekend. 'n Duidelike verband met Meso-Amerika word deur die Balspelplekke gedemonstreer, wat ook tot diep in Arizona voorkom.
Die Argeologiese Sone van Paquimé, Casas Grandes is in 1998 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.
Literatuur
- (en) Charles C. Di Peso: Casas Grandes, a fallen trading center of the Gran Chichimeca. 3 Bde., Dragoon, Amerind Foundation 1974. ISBN 0873580567.
- (en) Charles C. Di Peso: Prehistory:Southern periphery in: Handbook of North American Indians, Bd. 9: Southwest. Washington, Smithsonian Institution 1978. bl. 152-177.
- (es) Arturo Guevara Sánchez: Guía oficial: Paquime y Las Cuarenta Casas. México, INAH, 1991. ISBN 968-32-0348-5.