Queen's House

Die Queen's House met die suilegange weerskante.

Die Queen's House is ’n voormalige koninklike woning wat tussen 1614 en 1617 gebou is in Greenwich, wat toe ’n paar kilometer met die Teems-rivier langs van Londen was en nou ’n stadsdistrik is. Dit is ontwerp deur Inigo Jones, vir wie dit ’n belangrike eerste kommissie was, vir Anna van Denemarke, die koningin van Jakobus I. Jones het dit omstreeks 1635 verander vir Henrietta Maria van Frankryk, die koningin van Karel I.

Die Queen's House is een van die belangrikste geboue in Britse argitektuur omdat dit die eerste bewustelik klassieke gebou is wat in Brittanje gebou is. Voorheen is daar by die klassieke styl geleen, maar dit was beperk tot klein detail. Die huis moes rewolusionêr gelyk het vir die Britte van dié tyd. Jones kry ook die krediet vir die bekendstelling van Palladianisme met die bou van die huis, hoewel hy afgewyk het van die matematiese beperkings van Palladio. Vandag is die huis deel van die Britse maritieme museum en word dit gebruik vir uitstallings van die museum se aansienlike versameling maritieme skilderye en portrette.

Vroeë geskiedenis

Die Queen's House is gebou as ’n uitbreiding van die Greenwich-paleis, wat later deur koning Hendrik VII herontwikkel is as die Paleis van Placentia. Dit is gebruik deur die koningin en haar binnekring. Binne sewe jaar nadat die veranderings vir Henrietta Maria aangebring is, het die hoflewe egter verdwyn met die begin van die Engelse Burgeroorlog in 1642. Van die binnekant van die oorspronklike huis het net drie plafonne en ’n paar muurversierings oorgebly.

Van die skilderye wat Karel I vir die huis laat skilder het, is nou in ander geboue soos Marlborough House en die Nasionale Galery in Londen.

Die Greenwich-hospitaal

Die Ou Koninklike Vlootkollege met die Queen's House daaragter. Hoewel die huis nog in ’n amptelike hoedanigheid gebruik is, is die hoofpaleis van die 1660's tot die 1690's mettertyd gesloop en vervang deur die Greenwich-hospitaal (amptelik die Koninklike Hospitaal vir Seemanne) wat van 1696 tot 1751 gebou is volgens ’n meesterplan van sir Christopher Wren. Dit word nou die Ou Koninklike Vlootkollege genoem, na aanleiding van sy latere gebruik van 1873 tot 1998. Koningin Maria II het gelas dat die Queen's House sy uitsig op die rivier behou (wat verkry is ná die sloping van die hoofpaleis). Wren het toe ’n gebou ontwerp met twee ooreenstemmende dele en ’n oop stuk tussenin wat net so breed soos die huis is. Die geheel is ’n indrukwekkende argitektoniese ensemble wat strek van die Teems-rivier tot by Greenwich-park en het daartoe gelei dat dit in 1997 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied geword het.

19de-eeuse aanbouings

Die Tulptrap, die eerste spiraaltrap in Engeland wat nie in die middel gestut is nie. Van 1806 af was die huis self die middelpunt van wat in 1892 die Koninklike Hospitaalskool vir die seuns van seemanne geword het. Daarvoor is nuwe vleuels vir verblyf aangebou wat met die huis verbind is met suilegange van 1807 en latere aanbouings van tot 1876.

In 1933 het die skool na ’n nuwe terrein geskuif. Die geboue is opgeknap en het deel van die maritieme museum geword.

Onlangse jare

Die huis is tussen 1986 en 1999 verder gerestoureer, nie altyd oordeelkundig nie. Dit word nou hoofsaaklik gebruik vir uitstallings van die maritieme museum se aansienlike versameling maritieme skilderye en portrette uit die 17de tot 20ste eeu en vir ander private geleenthede. Dit is oop vir die publiek.

Die naam "Queen's House" is ook in ’n stadium vir Buckingham-paleis gebruik tydens die bewind van George III voor dit in ’n paleis omskep is.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Queen's House.
  • 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
Koördinate: 51°28′52″N 0°0′14″W / 51.48111°N 0.00389°W / 51.48111; -0.00389Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Geboue en strukture in Londen Kategorie:Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot Park • Balmoral-kasteel • Birkhall • Buckingham-paleisClarence House • Gatcombe Park • Highgrove House • Hillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleis • Llwynywermod • Royal Lodge • Sandringham House • Thatched House Lodge • Windsor-kasteel
 Histories  Paleis van Beaulieu • Beaumont-paleis • Brantridge Park • Bridewell-paleis • Carlton House • Coombe Abbey • Coppins • Cumberland Lodge • Dunfermline-paleisEdinburg-kasteel • Eltham-paleis • Falkland-paleis • Fort Belvedere • Hampton Court-paleisKew-paleisLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van Mey • Osborne House • Paleis van Placentia • Queen's HouseRoyal Pavilion • Savoy-paleis • Stirling-kasteelLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van Whitehall


In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Jon Choo
2 January 2015
Marvel at the Tulip stairs, one of the most beautiful stairs ever made.
Marisa Alexis
6 August 2017
Not as majestic as National trust sites, but for free entry it's great to visit while in Greenwich park (which is fantastic by the way)
Londonist
24 October 2010
An often overlooked attraction in Greenwich, but contains some remarkable paintings. Seek out the sinking of the Scharnhorst in the south-west corner of the top floor.
Mike Brosche
10 July 2023
Brilliant little capture of history, free tour was brilliant giving you great background to the house’s history
L0ma
10 October 2020
Free entry and close to greenwich park.. has unique architecture and portraits of elizabeth the first.
Luca B.
13 March 2013
L'ingresso è gratuito, la mostra è piccola ma all'interno si può osservare la Tulip Staircase. Da notare l'esterno della residenza, di ispirazione Palladiana.
Laai meer kommentaar
foursquare.com
6.2/10
Ekaterina Mikheeva, Vadim I en 3,520 meer mense was hier

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Spectacular Strand 2 bed apartment!!

vanaf $0

Amba Hotel Charing Cross

vanaf $645

1 Compton

vanaf $0

Clarendon Serviced Apartments - Chandos Place

vanaf $0

The Grand at Trafalgar Square

vanaf $418

Amba Hotel Charing Cross

vanaf $0

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
National Maritime Museum

The National Maritime Museum (NMM) in Greenwich, England is the

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Old Royal Naval College

The Old Royal Naval College is the architectural centrepiece of

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Greenwich (Londen)

Greenwich, Engelse uitspraak: [ˈɡrɛnɪtʃ], [ˈɡrɪnɪdʒ], [ˈɡrɪnɪtʃ

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Greenwich-meridiaan

Die Greenwich-meridiaan is die 0°-lengtelyn of nulmeridiaan. Dit is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Royal Observatory, Greenwich

The Royal Observatory, Greenwich (formerly the Royal Greenwich

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
New Zealand Memorial

The New Zealand Memorial is an obelisk in Greenwich which commemorates

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Cutty Sark

Die Cutty Sark was 'n teeklipper wat in 1869 in Skotland gebou is. Sy

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Peter Harrison Planetarium

The Peter Harrison Planetarium is a 120-seat digital laser

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hampton Court-paleis

Die groot poorthuis van Hampton Court-paleis.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nymphenburg Palace

The Nymphenburg Palace (German: Schloss Nymphenburg), i.e. 'Nymph's

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Royal Pavilion

240px

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Paleis van Westminster

Paleis van Westminster en Westminster-abdy insluitend Sint Margaret se

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Wawel Castle

The Gothic Wawel Castle in Cracow in Poland was built at the behest of

Sien alle soortgelyke plekke