Sentraal Kalahari Wildreservaat

Die Sentraal Kalahari Wildreservaat (Tswana: Lefelo la diphologolo la Central Kalahari) is 'n uitgebreide nasionale park in die Kalahariwoestyn van Botswana. Die park is in 1961 gestig en beslaan 'n gebied van 52 800 vierkante kilometer ('n elfde van Botswana se oppervlakte), wat dit die tweede grootste wildreservaat ter wêreld maak.

Sien ook

Die landskap is meestal plat of stadig golwend met bosse en gras wat die sandduine bedek, asook dele met groter bome. Baie van die riviervalleie is tot soutpanne gefossileer. Vier versteende riviere kronkel deur die reservaat, insluitend Deception Valley, wat 16 000 jaar gelede begin vorm het.

Boesmans (die San) het die land vir duisende jare as nomadiese jagters bewoon. Sedert die 1990's probeer die Botswana-regering om die Boesmans van die reservaat te verwyder, omdat hulle blykbaar 'n drein op finansiële hulpbronne is, ten spyte van hul inkomste uit toerisme. In 1997 is 'n driekwart van die San-bevolking uit die reservaat verskuif, en in Oktober 2005 het die regering hul gedwonge verskuiwing na kampe buite die park voortgesit, totdat slegs sowat 250 permanente inwoners oorgebly het. In 2006 verklaar Botswana se hof die uitsettings onwettig en bevestig die Boesmans se reg om na die reservaat terug te keer. Die meeste Boesmans word egter toegang tot die park geweier. 'n Landswye verbod op jag het dit ook vir Boesmans onwettig gemaak om hul tradisionele jagter-versamelaar leefwyse te beoefen, ten spyte daarvan dat privaat wildplase jaggeleenthede aan toeriste bied.

In 2014 is 'n diamantmyn (Ghaghoo-myn, wat deur Gem Diamonds bedryf word) in die suidooste van die reservaat geopen. Die maatskappy beraam dat die myn tot $4.9 miljard se diamante kan lewer.

Van die diere wat hier voorkom: buffels, savanne-olifante, witrenosters, gevlekte hiënas, strandwolwe (bruin hiëna), ratels, graatjiemeerkatte, witkwasmuishonde, vlakvarke, jagluiperde, rooikatte, wildehonde, rooijakkalse, bakoorjakkalse, silwerjakkalse, luiperde, leeus, blouwildebeeste, bontkwaggas, elande, swartwitpense, gemsbokke, springbokke, steenbokke, rooibokke, koedoes, erdvarke, waaierstertmeerkatte, vlakhase, ystervarke, bobbejane, rooihartbeeste en volstruise.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Daar is nog geen wenke of wenke vir Sentraal Kalahari Wildreservaat nie. Miskien is u die eerste een wat nuttige inligting vir medereisigers plaas? :)

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Deception Valley Lodge

vanaf $629

Mokoro Lodge

vanaf $70

Maun Lodge

vanaf $115

Kang Ultra Stop

vanaf $59

Centre Lodge

vanaf $78

Royal Tree Lodge

vanaf $338

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Makgadikgadi Pan

The Makgadikgadi Pan is a large salt pan in the middle of the dry

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Yosemite Nasionale Park

Yosemite Nasionale Park (Engels: Yosemite National Park, uitgespreek

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Jasper National Park

Jasper National Park is the largest national park in the Canadian

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Los Glaciares National Park

Parque Nacional Los Glaciares (Spanish: The Glaciers) is a national

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Yoho National Park

Yoho National Park is located in the Canadian Rocky Mountains along

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Badlands National Park

Badlands National Park, in southwest South Dakota, United States

Sien alle soortgelyke plekke