Shanidar-grot

Die Shanidar-grot (Koerdies: Şaneder of Zewî Çemî Şaneder; Arabies: كَهَف شانِدَر) is ’n argeologiese terrein op Berg Bradost in Irakse Koerdistan. Die oorblyfsels van 10 Neanderdallers van tussen 35 000 en 65 000 jaar gelede is in die grot ontdek. Daar is ook twee latere "proto-Neolitiese" begraafplase, waarvan een van sowat 10 600 jaar gelede dateer en 35 individue bevat.

Die bekendste van dié Neanderdallers is Shanidar 1, wat verskeie beserings in sy lewe oorleef het, moontlik danksy versorging deur ander lede van sy groep, en Shanidar 4, wie se lyk langs ’n blom lê, wat óf ’n teken van begrafnisrituele óf dierekontaminasie kan wees.

Die terrein lê in die Zagrosgebergte in die Arbil-goewernement en naby die Groot-Zabriviervallei.

Oorblyfsels

Die 10 Neanderdallers op die terrein is gevind in ’n Moustérien-laag wat ook honderde stukke steengereedskap bevat, onder meer pylpunte, skrapers, afgekapte stukke klip en dierebene.

Die eerste nege (Shanidar 1-9) is tussen 1957 en 1961 deur Ralph Solecki en ’n span van die Columbia-universiteit ontdek. Die skelet van Shanidar 3 word in die Smithsonian Institution gehou. Die ander (Shanidar 1, 2, en 4-8) was in Irak en is dalk tydens die 2003-invalle in die land verwoes, hoewel afgietsels in die Smithsonian gehou word. In 2006 het Melinda Zeder tussen bene by die Smithsonian been- en voetbene van ’n tiende Neanderdaller, nou bekend as Shanidar 10, ontdek.

Shanidar 1

Shanidar 1 was ’n ou Neanderdaller wat onder sy ontdekkers as "Nandy" bekend is. Hy was tussen 40 en 50 jaar oud, wat besonder oud vir ’n Neanderdaller is (gelyk aan sowat 80 jaar vandag). Hy toon tekens van kwaai misvorming. Hy is een van vier redelik volledige skelette uit die grot met traumaverwante abnormaliteite, wat in sy geval alledaagse aktiwteite pynlik kon gemaak het.

Al sy beserings het lank voor sy dood gesond geword, wat daarop dui dat die Neanderdallers hul bejaardes en siekes versorg het. Shanidar 1 is nie die enigste Neanderdaller van die grot of elders wat tekens van beserings en heling toon nie.

Shanidar 2

Shanidar 2 was ’n volwasse man, wat blykbaar in ’n rotsstorting in die grot dood is, want sy skedel en bene was vergruis. Daar is tekens van begrafnisrituele: ’n klein hopie klippe en pylpunte is bo-op die graf gekry. Daar is ook ’n groot vuur by die graf gemaak.

Shanidar 3

Shanidar 3 was ’n man van tussen 40 en 50 en is in dieselfde graf as Shanidar 1 en 2 ontdek. ’n Wond aan een van sy ribbes toon hy is moontlik dood aan komplikasies van ’n steekwond deur ’n skerp implement. Beengroei om die wond dui daarop dat Shanidar 3 minstens ’n paar weke ná die besering nog geleef het met die voorwerp steeds in sy lyf. Die hoek van die wond sluit die moontlikheid van selfbesering uit en stem ooreen met ’n wond wat deur iemand anders toegedien is, óf per ongeluk óf met opset. Volgens onlangse navorsing kon die voorwerp oor ’n afstand gegooi gewees het. Dit kan die vroegste voorbeeld wees van interpersoonlike geweld in die menslike fossielrekord en die enigste voorbeeld onder Neanderdallers.

Die teenwoordigheid van vroeë mense, moontlik met wapens wat gegooi is, in dié tyd in Wes-Asië dui op moontlike interspesie-konflik.

Shanidar 4 en die "blombegrafnis"

Die skelet van Shanidar 4, ’n man van 30 tot 45 jaar oud, is in 1960 deur Solecki ontdek. Hy het in ’n fetale posisie op sy linkersy gelê.

Baie jare lank is geglo daar is tekens van begrafnisrituele by Shanidar 4 se graf. Grondmonsters wat agt jaar ná die ontdekking ondersoek is om die soort stuifmeel in die omgewing te toets, het tekens getoon van volledige blomplante (of minstens blomkoppe) in die grond. Verdere ondersoeke het getoon die spesifieke blomsoorte kon gekies gewees het volgens hul medisinale waarde. Dit het gelei tot die idee dat die man dalk ’n medisyneman of sjamaan kon gewees het vir die Shanidar-Neanderdallers.

Onlangse ondersoeke het getoon die plante is dalk deur diere na die grot gebring omdat gate van ’n soort muisagtige dier bekend as die Persiese woestynmuis, daarnaby ontdek is. Dié muise berg groot hoeveelhede saad en blomme op sekere plekke in hul gate en kom algemeen in die Shanidar-mikrofauna voor.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Daar is nog geen wenke of wenke vir Shanidar-grot nie. Miskien is u die eerste een wat nuttige inligting vir medereisigers plaas? :)

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
DoubleTree by Hilton Van

vanaf $50

Elite World Van Hotel

vanaf $71

The Crater Hotel

vanaf $47

Hotel Izgi Turhan

vanaf $29

Shmayaa Hotel

vanaf $96

Mesopotamia Hotel

vanaf $30

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Lake Urmia

Lake Urmia (Шаблон:PerB Daryacheh-ye Orumieh; Kurdî. زه ریاچه ی

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Lalish

Lalish (Arabic: لالش‎,Kurdish: Laliş, also called Lalişa nûranî)

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nineve

Nineve (Akkadies: Ninua; voorheen Ninevé in Afrikaans) is ’n an

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nineve

Nineve (Akkadies: Ninua; voorheen Ninevé in Afrikaans) is ’n an

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nineve

Nineve (Akkadies: Ninua; voorheen Ninevé in Afrikaans) is ’n an

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mashki Gate

Mashki Gate are one of the gates of an ancient Nineveh city in Iraq.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mar Oraha Monastery

Saint Oraha Monastery (syr. ܕܝܪܐ ܕܡܪܝ ܘܪܐܗܐ‏), is a Chaldean Catho

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mar Behnam Monastery

Monastery of the Martyrs Saint Behnam and his Sister Sarah (syr.

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Sterkfontein

Sterkfontein is 'n stel kalksteengrotte in die dolomietheuwels naby

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Uplistsikhe

Uplistsikhe (უფლისციხე; literally, 'the lord's fortress') is an

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Cave of El Soplao

El Soplao is a cave located in the municipalities of Rionansa,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Tsankawi

Tsankawi is a detached portion of Bandelier National Monument in New

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Jebel Irhoud

Jebel Irhoud is an archaeological cave site located near Sidi Moktar,

Sien alle soortgelyke plekke