Simonopetra-klooster

Die suidelike aansig van Simonopetra. Die klooster van die see af gesien.

Die Simonopetra-klooster (Grieks: Σιμωνόπετρα, letterlik "Simon se Rots"), ook gespel Simonos Petra, is ’n Oosters-Ortodokse klooster aan die suidkus van Berg Athos in Griekeland. Dit is 13de in rang van die skiereiland se kloosters. Daar is tans sowat 54 monnike.

Die skiereiland se ooskus is in die algemeen taamlik rotsagtig, maar die deel waarop die klooster staan, is uitsonderlik ru. Dit is op ’n groot rots gebou wat 330 meter bo die see uit ’n krans uitsteek.

Geskiedenis

Die klooster is in die 13de eeu gestig deur Simon van Athos, wat later ’n heilige van die Ortodokse Kerk geword het. Volgens tradisie het Simon, terwyl hy in ’n nabygeleë grot gewoon het, ’n droom gehad waarin die Teotokos hom opdrag gee om ’n klooster op die rots te bou. Sy het hom belowe dat sy hom en die klooster sou beskerm en in hul behoeftes voorsien. Simon het die oorspronklike klooster "Nieu-Betlehem" (Grieks: Νέα Βηθλεέμ) genoem en dit is steeds toegewy aan die geboorte van Jesus.

In 1364 het die Serwiese heerser Jovan Ugljesa geld gegee vir die restourasie en uitbreiding van die klooster. In 1581 is Simonopetra deur ’n brand verwoes waarin baie monnike dood is. Evgenios, die ab, het na die Donou-vorstedomme gereis in die hoop om geld te kry om die klooster te herbou. Die grootste skenker was Michael die Dappere, die prins van Wallachye, wat geld en groot stukke grond gegee het. Daar was ook in 1626 ’n brand, en ná die laaste brand in 1891 is die klooster herbou soos dit nou lyk.

In die afgelope eeue was die meeste monnike van Ionië in Anatolië. In die middel van die 20ste eeu het die aantal monnike aansienlik afgeneem en in 1973 het die Athos-gemeenskap besluit om nuwe monnike na die byna verlate klooster te bring. Die huidige broederskap is meestal van die Klooster van Groot Meteoron in Meteora.

Eienskappe

Die klooster bestaan uit verskeie geboue van ’n paar verdiepings. Die hoofdeel is gebou op die plek van die oorspronklike klooster van Simon. Die monnike tel tradisioneel die verdiepings van bo na onder, dus is die boonste vloer die eerste verdieping. Die rots waarop die klooster gebou is, loop deur die onderste vloere.

Die koor van Simonopetra is gewild onder liefhebbers van Bisantynse musiek. Die klooster het ’n reeks versamelings van Bisantynse koormusiek gepubliseer, waarvoor die koor en klooster wyd erkenning gekry het.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Simonopetra-klooster.
  • 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
20px   Kloosters van Berg Athos  (volgens senioriteit)
Koördinate: 40°11′23″N 24°14′44″O / 40.18972°N 24.24556°O / 40.18972; 24.24556Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Berg Athos
Groot LawraVatopediIvironHilandarDionysiouKoutloumousiouPantokratorosXeropotamouZografDochiariouKarakallouFilotheouSimonopetraAgiou PavlouStavronikitaXenophontosOsiou GregoriouEsphigmenouAgiou PanteleimonosKonstamonitou


In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Christos K
26 January 2014
Amazing sunset...
Laai meer kommentaar
foursquare.com
5.7/10
944 mense was hier

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Xenia Ouranoupolis Hotel

vanaf $89

Theoxenia Hotel

vanaf $115

Sunset Hotel

vanaf $63

Panorama Spa Hotel

vanaf $52

Ayia Marina Suites

vanaf $127

Dioni Apartments

vanaf $75

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Osiou Gregoriou-klooster

Die Osiou Gregoriou-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dionysiou-klooster

Dionysiou, soos gesien vanaf die seevlak.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dafni

Dafni (Grieks: Δάφνη) is ’n klein nedersetting op Berg Athos in Grieke

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Xeropotamou-klooster

Die Xeropotamou-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Agiou Pavlou-klooster

Die Agiou Pavlou-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Filotheou-klooster

Koördinate: 40°13′32.00″N 24°17′27.00″O / 40

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Lakkoskiti

Lakkoskiti is the short form name of a small 'monastic village' of not

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Karakallou-klooster

Die Karakallou-klooster aan die begin van die 20ste eeu.

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Esphigmenou-klooster

Die fasade van die Esphigmenou-klooster vanaf die nabygeleë kaai.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Stavronikita-klooster

Die suidoostelike aansig van die Stavronikita-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mor Hananyo Monastery

Dayro d-Mor Hananyo (Turkish: Daryülzafaran Manastırı, Syriac: ܕܝ

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Alcobaça Monastery

The Alcobaça Monastery (português. Mosteiro de Santa Maria de A

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Intercession Monastery (Moscow)

Intercession (Pokrovsky) Monastery (Покровский монастырь

Sien alle soortgelyke plekke