Stonewall Inn

Die Stonewall Inn, dikwels net Stonewall genoem, is ’n gay kroeg in die buurt Greenwich Village van Manhattan, New York. Dit was in 1969 die terrein van die Stonewall-onluste, wat algemeen beskou word as die belangrikste enkele gebeurtenis wat in Amerika en die wêreld tot die gaybevrydingsbeweging en die moderne stryd om LGBT-regte gelei het.

Die oorspronklike kroeg, wat in 1969 gesluit het, was te Christopherstraat 51 tot 53 geleë. Die Stonewall het in 1972 onder dieselfde bestuur te 22ste Straat 211 in Miami Beach heropen, maar het twee jaar later afgebrand. In 1990 het ’n kroeg as "Stonewall" geopen in die westelike helfte van die oorspronklike gebou in Manhattan (Christopherstraat 53). Die gebied daaromheen is in 1969 verklaar tot die Greenwich Village- historiese distrik en die gebou self is in 2000 verklaar tot ’n nasionale historiese landmerk.

Op 24 Junie 2016 is die Stonewall- nasionale monument afgekondig, die eerste sodanige monument wat aan die LGBT-gemeenskap gewy is.

Geskiedenis

Die gebou is aanvanklik tussen 1843 en 1846 as perdestalle gebou. Tydens die verbod op drank het dit gedien as ’n teerestaurant met die naam Bonnie's Stone Wall, genoem na die eienares, ene Bonnie. Dit is later omskep in ’n restaurant met die naam Bonnie's Stonewall Inn. Die naam is nog later verander in Stonewall Inn Restaurant.

In 1966 het drie lede van die Mafia geld in die gebou belê en dit in ’n gay kroeg omskep nadat dit ’n restaurant en nagklub vir heteroseksuele was. Dit was op sy tyd die grootste gay onderneming in Amerika en gewild onder gays en lesbiërs. Polisieklopjagte was egter algemeen. Een keer per week sou ’n polisieman koeverte met omkoopgeld kom haal; die Stonewall Inn het nie ’n dranklisensie gehad nie. Hoewel die kroeg nie vir prostitusie gebruik is nie, het dwelmverkope en ander "geldtransaksies" daar plaasgevind. Dit was die enigste kroeg vir gay mans in New York-stad waar die klante kon dans. Dit was die grootste trekpleister vandat dit ’n gay kroeg geword het.

Polisieklopjagte op gay kroeë was volop – sowat een keer per maand per kroeg. Baie kroeë het ekstra drank agter ’n geheime paneel of in ’n motor verder af in die straat gehou sodat sake soos normaal kon voortgaan as die polisie beslag op hul drank gelê het. Die bestuurders van die kroeë het gewoonlik vooraf van die klopjagte geweet danksy wenke van die polisie af, en die klopjagte het vroeg genoeg plaasgevind sodat sake daarna kon voortgaan.

Onluste

Die Stonewall-onluste was ’n reeks gewelddadige demonstrasies by die kroeg deur lede van die gay gemeenskap in die vroeë oggendure van 28 Junie 1969.

Omstreeks 01:20 het polisiemanne onverwags ’n klopjag op die kroeg uitgevoer. Dit het egter nie verloop soos beplan nie. ’n Skare het buite die kroeg begin saamdrom en het mettertyd al hoe groter geword. Die skare het hulle begin teensit en die polisie het hulself naderhand saam met ’n klompie ander mense in die kroeg togesluit vir hul eie veiligheid.

Die laaste strooi was toe ’n gestoei uitbreek met ’n vrou in boeie wat na die vangwa begelei is. Sy het herhaaldelik ontsnap en omtrent 10 minute lank met die polisie baklei. Nadat sy vir die skare geskree het hoekom hulle haar nie help nie en die polisie haar in die vangwa getel het, het die skare woedend en veglustig geraak. Die onluste het voortgegaan todat die Tactical Police Force (TPF) van die New Yorkse polisie opgedaag het om die polisie wat in die kroeg gevange was, te bevry. Hulle het probeer om die mense uit die strate te kry deur ’n falanksformasie te vorm, maar dit het tot 04:00 geduur voordat die orde herstel is.

Die gebeure het gelei tot die eerste Gay Pride-optogte in Amerika en elders in die wêreld.

Ná die onluste

Oor die volgende 20 jaar is die terrein gebruik vir verskeie ondernemings, soos ’n bagelwinkel, ’n Chinese restaurant en ’n skoenwinkel. Min mense was bewus van die gebou se geskiedenis en sy verbintenis met die Stonewall-onluste. In die vroeë 1990's het ’n nuwe gay kroeg, bloot Stonewall genoem, in die westelike deel van die oorspronklike terrein geopen.

In Junie 1999 het die Amerikaanse departement van binnelandse sake Christopherstraat 51 en 53 en die omliggende gebied aangewys as ’n nasionale historiese landmerk, die eerste een van belang vir die LGBT-gemeenskap. Die gebou is in die laat 1990's gerestoureer en het ’n gewilde nagklub geword. Dit het egter sy deure in 2006 gesluit. Intussen is dit in 2000 as ’n nasionale historiese landmerk aangewys. Dit is geleë in die Greenwich Village- historiese distrik, ’n bewaarde gebied.

In Maart 2007 het die gebou weer sy deure geopen ná ’n omvattende restourasie. Dit is steeds gewild en bied ’n verskeidenheid shows en deesdae ook gay huweliksonthale aan.

Op 24 Junie 2016 het president Obama die aanwysing van die Stonewall- nasionale monument aangekondig.. Dit beskerm Christopherstraat en die omliggende gebied. Die terrein van die Stonewall Inn is binne die grense van die monument, maar bly in privaat besit.

Bibliografie

  • Carter, David (2004). Stonewall: The Riots that Sparked the Gay Revolution. St. Martin's Press. ISBN . 
  • Duberman, Martin (1993). Stonewall. Penguin Books. ISBN . 

Eksterne skakels

  • Amptelike webtuiste
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie .
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Sean Robertson
12 January 2015
Widely considered the birthplace of the gay rights (shh, don't tell them about Julius!), this place was completely renovated and opened under new ownership after the riots, but it's a great bar.
Minjie Li
23 June 2012
Even though it is a historical symbol of gay movement, it is also a friendly and normal bar for you to hangout no matter who u r. The bartender is nice and might touch ur face at some point=]
Katie Tuohy
20 March 2016
The most fun I've had in New York. Everyone is friendly. The drinks are cheap and you never know who you'll run into. Such an incredible place.
A-M C
26 June 2016
Great bar except when the Hetero Breeders come in and "pretend" to be down with the cause... Go to your own bar and let us gays have our own thing for once..
Nick Varney
12 July 2016
Worth dipping into for the history. Not the best bar in the hood tho. Great place to get beaten at pool by a lesbian.
Duke Perkins
10 July 2015
The fact that it ties into the other club on the block via the back passage way is nice. The shitty pool table needs a refurbish. The shows and events are great for pastime.
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Lenox Ave Unit 1 by Luxury Living Suites

vanaf $397

Upper West Brownstone Unit 1 by Luxury Living Suites

vanaf $345

Lenox Ave Unit 2 by Luxury Living Suites

vanaf $0

Lenox Unit 3 by Luxury Living Suites

vanaf $0

Lenox Ave Unit 4 by Luxury Living Suites

vanaf $371

Lenox Ave Garden Unit by Luxury Living Suites

vanaf $345

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Greenwich Village

Greenwich Village, of dikwels net the Village genoem, is ’n buurt a

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Washington Square Park

Washington Square Park is one of the best-known of New York City's

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hudson River Park

Hudson River Park is a waterside park on the North River (Hudson

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Chelsea Market

Chelsea Market is a food hall, shopping mall, office building and

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Union Square Park

REDIRECT Union Square, Manhattan

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Alamo (sculpture)

Alamo, also known as the Astor Place Cube or simply The Cube, is an

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Flatiron Building

The Flatiron Building, or Fuller Building as it was originally called,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St. George's Episcopal Church (Manhattan)

St. George's Episcopal Church is located at 209 East 16th Street,

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Puente de Boyacá

Puente de Boyacá (in English: The Bridge of Boyacá) is a small b

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Место дуэли М.Ю. Лермонтова

Место дуэли М.Ю. Лермонтова is 'n toeristeaantreklikhei

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St. George's Episcopal Church (Manhattan)

St. George's Episcopal Church is located at 209 East 16th Street,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Alfred's Castle

Alfred's Castle is a small Iron Age hill fort, situated at grid

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Verden / Ферден

Город Ферден,Verden. Родина Бременских музыкантов, город лошадей,

Sien alle soortgelyke plekke