Tafelberg

Tafelberg is 'n berg in Suid-Afrika wat uitkyk bo-oor Kaapstad en sy omgewings. Dit het 'n kenmerkende plat bokant en is omtrent drie kilometer van punt tot punt.

As 'n mens suid oor die stad uitkyk na Tafelberg sien jy links (oos) die driehoekige Duiwelspiek (1 000 m) en regs die ronde Leeukop (669 m) en Seinheuwel. Dit is die noordelike punt van 'n reeks berge wat afstrek deur die lengte van die Kaapse Skiereiland. Die bokant word gereeld deur wolke bedek, bekend as die "tafeldoek".

Die berg se hoogste punt is by Maclear se baken, en is 1 086 m (3 563 voet) bo seespieël. Hierdie punt is vernoem na die klipstapelbaken wat in 1865 deur Sir Thomas Maclear daar gebou is vir trigonometriese landmeting. Maclear se baken is nie veel van 'n piek nie — dit is die hoogste punt op die plato en slegs 19 m hoër as die kabelkar-stasie wat op 1 067 m is. 'n Berugte gevaarlike ligging is Carrel se lys, wat 'n ononderbroke val (aan die middel bo van die foto getoon) is, nie ver van Maclear se baken nie.

Tafelberg is ook in 'n unieke posisie deurdat dit die enigste aardskenmerk is wat sy naam aan 'n sterrebeeld ontleen: "Mensa", wat "die tafel" beteken. Die berg word regop gesien in die Suidelike Halfrond, onder Orion, rondom middernag in middel Julie. Dit is vernoem deur die Franse sterrekundige Nicolas de Lacaille gedurende sy verblyf aan die Kaap in die middel 18e eeu.

Die kabelkar

Tafelberg het 'n kabelkar aan die westelike punt wat besoekers na die bokant neem; dit is ook 'n populêre toeristebestemming. Benewens die ongelooflike uitsigte is daar 'n restaurant, curiowinkels en duidelik gemerkte wandelpaaie aan die bokant van die berg.

Beide die kabelkarstasies is sigbaar aan die regterkant van die beeld.

Die kabelkar is net in werking tydens goeie weerstoestande, omdat sterk winde dit gevaarlik maak. Besoekers moet hul kabelkaruitstappie beplan vir mooi dae (wanneer daar nie 'n "tafeldoek" bo-op die berg lê nie), omdat dit die uitsig belemmer.

Die kabelkar is geopen op 4 Oktober 1929, en 'n verbeterde kar is op 4 Oktober 1997 ingewy, wat die dravermoë verbeter het van 25 na 65 persone. Die nuwe kar is rond en draai in die rondte terwyl dit beweeg, om 'n goeie uitsig aan almal te bied.

Bergklim en wandel

Sien die "Eksterne Skakels"-afdeling laer af vir roetegidse. Tafelberg is nie 'n verskriklik gevaarlike berg nie, maar die volgende raad behoort gevolg te word:

  • Neem 'n hoed en sonroom, veral as jy nie gewoond is aan die Suid-Afrikaanse son nie.
  • Neem 'n warm kledingstuk saam, selfs as jy dink dat jy dit nie nodig gaan hê nie. Die weer is koeler aan die bokant, en verander vinnig. Jy kan jouself binne 'n wolk bevind, of dit kan koud en nat met 'n koue wind wees. As daar enige moontlikheid van slegte weer is, neem waterbestande klere. Die bokant van Tafelberg is omtrent die enigste plek in die Kaapse Skiereiland wat ryp op koue wintersaande kry.
  • Neem water. Die bergstrome is drinkbaar indien dit donkerbruin deur die plantegroei gekleur is, maar dit mag droog wees in die somer en 'n risiko van ontwatering bestaan.
  • Moenie vure buite die gemerkte areas begin nie: daar kom té veel bergvure in die somer voor. Daar is geen vuurmaakplek aan die bokant nie.
  • Neem 'n kaart of iemand wat die area ken saam.
  • Stel iemand in kennis waarheen jy gaan. Moenie alleen stap nie, en moenie van die pad afdwaal in die donker of mis nie. Daar is 'n paar afgronde en doodloopklowe wat fataal kan wees.
  • 'n Mens kan moontlik plek-plek ontvangs op jou selfoon kry (veral op plekke waar jy uitkyk oor die stedelike gebiede om die berg), maar moenie daarop reken nie.

Plante en diere

Die plantegroei op die berg is die unieke en ryk Kaapse Fynbos. 'n Geskatte 1470 plantspesies word op die berg gevind.

Die mees algemene dier op die berg is die dassie, 'n dier soos 'n haas-grootte bruin marmot. Hulle kom veral saam voor by die boonste kabelkarstasie, by die bronne van gemorskos. 'n Mens kan moontlik bobbejane, 'n paar slange en skilpaaie ook vind, asook 'n paar Himalaaise tahrs wat afstammelinge is van ontsnaptes uit 'n dieretuin in die 1930s; hulle is besig om uitgeroei te word vanaf die berg. Die laaste leeu in die area is geskiet rondom 1802.

Geskiedenis

Die eerste persoon wat gedokumenteer is om die berg te bestyg was Antonio de Saldanha in 1503. Drie damme, die Woodhead, Hely-Hutchinson en De Villiers reservoirs, is gebou in die 1800s om Kaapstad se watervoorsiening aan te vul, en 'n kabelkar wat na Kampsbaai afgedaal het is aangebou om materiale en mannekrag te vervoer. Die kabelkar is lank reeds vervang, maar die ankerpunte van die ou boonste stasie kan steeds gesien word. Kaapstad se watervereistes het lankal die damme se kapasiteit oorskry. Hulle maak dus nie meer deel uit van die watervoorsiening nie.

Die berg is beskerm in die 20e eeu, en is 'n nasionale park vanaf 1998.

Die berg in Kaapstad

Die stad Kaapstad omring deesdae die berg; plaaslike inwoners gebruik die berg as 'n landmerk om rigting en afstand te skat soos hulle navigeer deur die stad.

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Tobias Weißenfels
26 October 2016
Come on a sunny day and walk the Smuts Track (no climbing but intermediate hiking). Last part dangerous if cloudy or windy. But the view is worth the walk up. Calculate 4-4,5 hours from KirstenboschBG
Kristian Rabe
31 May 2013
Must see when you are in Cape Town. You can take the cableway to the top and walk around on top of the mountain. Good tour is to walk to Maclear’s Beacon. Don't forget water & sun blocker!
Jeremy Adam Wlaszek Walt
7 February 2015
Has to be one of the best venues you ever going to experience . Views fantastic . When on the summit you feel a special energy . Go up there and experience 1 of the 7th modern day wonders of the world
M W
27 December 2014
Walked up via Platteklip Gorge and it was well worth it. Don't pay a guide to get exercise on your time. Just prepare sensible clothes and sunblock then look forward to the amazing views!
Yuri Ramocan
18 May 2017
Set aside ~3 hours to hike up the mountain if you can, otherwise take the cable car up and enjoy the views. I recommend going later in the day to catch sunset or earlier for sunrise.
anastasia fragkaki
31 December 2013
if you go on summer definitely you will be burn, so be careful. they have to ways to go on table mountain one with teleferic or by feet is the long way.but its worth because you can see cape town
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Townhouse Hotel

vanaf $83

Cape Diamond Hotel

vanaf $36

Parliament Hotel

vanaf $51

Fountains714 (67)

vanaf $0

Cape Citi Loft (10)

vanaf $0

Studio Martini (5)

vanaf $0

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Tafelberg Nasionale Park

Die Tafelberg Nasionale Park is 'n natuurreservaat op die Kaapse

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Leeukop

Leeukop is 'n kop in Kaapstad, Suid-Afrika, wat tussen Tafelberg en

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kasteel die Goeie Hoop

Die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad is die oudste gebou in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Kirstenbosch

Kirstenbosch is teen die voet van Tafelberg in Kaapstad geleë, en is

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Two Oceans Aquarium

The Two Oceans Aquarium is an aquarium located at the Victoria &

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Groot Constantia

Groot Constantia is 'n wynlandgoed in die Constantiavallei in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
BOS 400

The BOS 400, a French Derrick/Lay Barge that ran aground while being

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Robbeneiland

Robbeneiland is 'n eiland 12 kilometer vanaf die kus van Kaapstad,

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Çamlıca Hill

Çamlıca Hill (Turkish: Çamlıca Tepesi), aka Big Çamlıca Hill (Turk

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Üetliberg

The Üetliberg (also spelled Uetliberg, pronounced Шаблон:IPA in Zür

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Top of Mt. Takao (高尾山頂)

Top of Mt. Takao (高尾山頂) is 'n toeristeaantreklikheid, een van die Ber

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Gellért Hill

Gellért Hill (magyar. Gellért-hegy; Deutsch. Blocksberg; Latina. M

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Lysá hora

Lysá hora (Czech pronunciation: ]; Polish: Łysa Góra; German: Lys

Sien alle soortgelyke plekke