Tempelberg

Die Tempelberg (Hebreeus: הַר הַבַּיִת Har HaBáyit, Arabies: الحرم الشريف al-Ḥaram al-Šarīf) is ’n heuwel in Jerusalem en een van die belangrikste godsdiensterreine in die wêreld. Dit word al duisende jare in die Judaïsme, Christendom en Islam as ’n heilige plek beskou.

Die huidige terrein word oorheers deur drie groot geboue uit die vroeë Omajjadiese tydperk: die al-Aqsa-moskee, Rotskoepel en Kettingkoepel, sowel as vier minarette. Herodiaanse mure en poorte is later aangevul met strukture uit die laat Bisantynse en die vroeë Islamitiese tydperk. Dit kan bereik word deur 11 poorte, 10 vir Moslems en een vir nie-Moslems, en word deur die Israeliese polisie beheer.

Judaïsme

Die Tempelberg is die heiligste terrein in Judaïsme. Volgens dié geloof is dit die plek op aarde waar God se teenwoordigheid die duidelikste is. Sedert minstens die 1ste eeu n.C. word die berg verbind met Moriaberg (Hebreeus: הַר הַמוריה, Har HaMōriyā). Dit is waar Abraham opdrag gekry het om Isak te offer.

In verskeie verse in die Ou Testament word aangedui dat die Tempelberg ook verbind word met Sionsberg. Sionsberg word onder meer genoem in Jesaja, die Psalms en die eerste boek van die Makkabeërs (omstreeks 2de eeu n.C.) en verwys vermoedelik na die Tempelberg.

Volgens die Bybel het albei Joodse tempels in Jerusalem op die Tempelberg gestaan, hoewel daar net argeologiese bewyse van die tweede een is. Daar word egter wyd geglo daar is ’n verband tussen Salomo se tempel en die Tempelberg. Volgens die Bybel moet die plek dien as ’n sentrum vir alle nasionale lewe – dus ’n regering-, reg- en godsdienssentrum. Tydens die tydperk van die tweede tempel het dit ook gedien as ’n ekonomiese sentrum.

Volgens die Joodse tradisie en geskrifte het Salomo die eerste tempel in 957 v.C. gebou en is dit in 586 v.C. deur die Babiloniërs verwoes. Die tweede tempel is onder beskerming van Zerubbabel in 516 v.C. gebou en in 70 n.C. deur die Romeinse Ryk verwoes. In die 2de eeu is die terrein gebruik vir ’n tempel vir Jupiter Capitolinus. Dit is herontwikkel ná die Arabiese verowering.

Jode glo ’n derde en laaste tempel sal ook hier gebou word. Baie Jode sal nie op die berg self loop nie omdat hulle bang is hulle betree per ongeluk die plek waar die Allerheiligste gestaan het, want op dié terrein is steeds ’n goddelike teenwoordigheid. Die Klaagmuur is ook op die heuwel.

Christendom

In die Nuwe Testament was dit steeds die plek waar verskeie gebeure in Jesus se lewe plaasgevind het. Ná die vernietiging van die tempel in 70 n.C., wat deur die vroeë Christene beskou is as goddelike straf vir die sondes van die Joodse volk, het die Tempelberg sy belangrikheid vir Christene verloor.

Bisantynse Christene het, ondanks tekens van ’n mate van herbouing op die esplanade, die Tempelberg verwaarloos, veral nadat ’n Joodse poging om die tempel te herbou, in 363 deur ’n aardbewing verwoes is. Dit het daarna ’n afgeleë puinhoop geword, dalk buite die stadsgrense, toe Christene in die Heilige Grafkerk begin aanbid het en die sentraalheid van Jerusalem deur Rome vervang is.

Islam

Feitlik onmiddellik ná die Moslemse verowering van Jerusalem in 638 het kalief Omar die terrein goed laat skoonmaak en Jode toegang daartoe gegee. Onder Soenni-Moslems word die berg beskou as die derde heiligste terrein in die Islam. Hulle glo dit is die plek wat Mohammed op sy Nagreis besoek het en van waar hy na die hemel opgevaar het. Dit word verder verbind met Joodse profete wat ook in die Islam vereer word.

Omajjadiese kaliefs het die al-Aqsa-moskee en Rotskoepel op die heuwel laat bou. Die koepel is in 692 voltooi en dit is dus een van die oudste bestaande Islamitiese strukture ter wêreld. Die moskee staan aan die verre suidelike kant van die Tempelberg en kyk in die rigting van Mekka. Die Rotskoepel is in die middel, op of naby die plek waar die heilige tempel eens gestaan het.

Huidige situasie

In die lig daarvan dat die heuwel vir beide Jode en Moslems heilig is, is dit een van die mees betwiste godsdiensterreine ter wêreld. Sedert die Kruistogte beheer die Moslemgemeenskap van Jerusalem die terrein sonder onderbreking as ’n Waqf. Omdat dit deel van die Ou Stad is wat sedert 1967 deur Israel beheer word, maak beide Israel en die Palestynse Owerheid aanspaak daarop en dit bly steeds ’n groot fokuspunt van die Arabies-Israeliese konflik.

In ’n poging om die status quo te handhaaf, dwing die Israeliese regering ’n omstrede verbod af op aanbidding op die Tempelberg deur nie-Moslems.

Panorama van die Tempelberg.

Eksterne skakels

Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Thomas Parisot
10 January 2017
You have two opportunities a day to enter this sacred place and it's worth it: quiet, beautiful and peaceful.
Linda B
13 March 2013
Women should bring head covering and cover their shoulders, men cannot wear shorts. Only Muslim religious articles are permitted.
B.E.K
30 October 2018
Mescid-i Aksa ve Sahraül Kubbe’nin bulunduğu yüksek tepe. Cumartesi günleri sadece müslümanlar girebiliyor. Müslümanlar için Mescid-i Aksa, Mekke ve Medine’den sonraki en kutsal yerdir.
Leo Pérez Ramos
31 August 2019
Un territorio compartido entre musulmanes y judíos, se divide conforme a los monumentos persistentes y lo que representan para ellos. Aunque también para los cristianos tiene alta relevancia.
Kevser Ozdemir
25 June 2019
Hz Muhammedin göğe yükseldiği yer.
Marina Azaria
13 August 2020
Ощущаешь себя ближе с богом тут
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Brand new gem in Talbyeh with Garden

vanaf $191

Best Location Historic Boutique Apartment

vanaf $139

A luxurious apartment in the center of Jerusalem

vanaf $0

Ritz Hotel Jerusalem

vanaf $0

Prima Royale Hotel

vanaf $126

The Inbal Jerusalem

vanaf $315

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Salomo se Tempel

Salomo se Tempel, ook bekend as die Eerste Tempel, was volgens die

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dome of the Rock

The Dome of the Rock (Arabic: مسجد قبة الصخرة‎, translit.: Mas

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Fountain of Qayt Bay

Fountain of Qayt Bay or Sabil Qaitbay is a domed public fountain

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Fountain of Qasim Pasha

The Fountain of Qasim Pasha (Arabic: سبيل قاسم باشا‎) also known as

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Al-Aqsamoskee

Die Al-Aqsamoskee (Die verste moskee in Arabies) verwys gewoonlik na

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Little Western Wall

The Little Western Wall, (Hebrew: הכותל הקטן‎, HaKotel HaKatan),

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Old City (Jerusalem)

The Old City (Hebrew: העיר העתיקה‎, HaEer HaAtika, Arabic: البلدة القد

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Solomon's Stables

Solomon's Stables is the common name of an area located directly

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Solomon's Stables

Solomon's Stables is the common name of an area located directly

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Salomo se Tempel

Salomo se Tempel, ook bekend as die Eerste Tempel, was volgens die

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mauna Kea

Mauna Kea is 'n slapende vulkaan op Big Island (Hawaiï), die grootste

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Berg Athos

Berg Athos (Grieks: Όρος Άθως, Oros Athos [ˈoros ˈaθos]) is die naam v

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Mount Sinai

Mount Sinai (Arabic: طور سيناء , Hebrew: הר סיני), also known as Moun

Sien alle soortgelyke plekke