The Shard (ook bekend as Shard London Bridge, London Bridge Tower of die Shard of Glass) is 'n wolkekrabber wat in 2012 in Londen voltooi is. Die toring het 'n hoogte van 309,6 meter en 72 verdiepings. Die toring is sedert 2012 die hoogste gebou in Europa. Die gebou vervang die Southwark Towers, 'n kantoorgebou van 24 verdiepings uit 1976. Die boukoste het sowat 450 miljoen Pond beloop.
The Shard is in opdrag van die Londense projekontwikkelaar Irvine Sellar in 2000-2001 deur die Italiaanse argitek Renzo Piano ontwerp, wat internasionaal bekend is vir die ontwerp van die Centre Pompidou in Parys. Die bouwerk is in Maart 2009 begin. Dit is in Julie 2012 geopen, alhoewel die binneruim nog nie 100% voltooi is nie.