Tsarskoje Selo

Vir ’n artikel oor die dorp sien Poesjkin.

Die Katharina-paleis en –park. Die Aleksander-paleis.

Tsarskoje Selo (Russies: Ца́рское село́; "Tsaardorp") is ’n voormalige paleiskompleks van die keiserlike familie van Rusland. Dit is 26 km suid van Sint Petersburg en is nou deel van die dorp Poesjkin.

Geskiedenis

In 1708 het Pieter die Grote die stuk grond aan sy vrou, die toekomstige keiserin Katharina I, geskenk. Sy het die Blagowesjtsjenskaja (Mariaboodskap)-kerk in 1724 daar gebou en die nedersetting se naam na Blagowesjtsjenskoje verander, maar dit was nie lank in gebruik nie.

Dit was Katharina wat dit as ’n landelike woning vir die keiserlike familie begin gebruik het. Haar dogter, Elisabeth, en haar argitek Bartolomeo Rastrelli was grootliks verantwoordelik vir die bou van die Katharina-paleis. Later het Katharina die Grote en haar argitek Charles Cameron die gebou vergroot. Daar is tans twee paleise op die terrein: die Katharina-paleis in ’n Barok-styl met die aangrensende Katharina-park, en die Nieu-klassieke Aleksander-paleis met die aangrensende Aleksander-park.

Teen die einde van die 18de eeu was Tsarskoje Selo ’n gewilde somertuiste van die adellikes. Die regimente van die paleiswag was suid van die dorp gestasioneer op ’n dorp wat Katharina die Grote in die 1770's gestig en Sofia (haar oorspronklike, Duitse naam) genoem het. In 1808 het Sofia en Tsarskoje Selo saamgesmelt en een dorp geword.

In 1811 het tsaar Aleksander I die vooraanstaande liseum daar geopen waar Aleksander Poesjkin een van die eerste studente was. Die dorp sou later, in die Sowjet-tyd, na hom genoem word. Hy het sy graad in 1817 gekry. In die 20ste eeu was die bekende digters Anna Achmatowa en Innokenti Annenski studente daar.

Die dorp het die nywerheidsontwikkelinge van die 19de eeu grootliks vrygespring, hoewel die eerste Russiese spoorlyn in 1837 tussen dié dorp en Sint Petersburg gebou is. In die lente van 1917 is tsaar Nikolaas II en sy gesin in die Aleksander-paleis aangehou. In 1918 het die Bolsjewiste die dorp se naam verander na Detskoje Selo (Kinderdorp) en in 1937 is dit weer hernoem na Poesjkin met die honderdste herdenking van die digter se dood.

Op 17 September 1941 het Nazi-Duitsland die dorp Poesjkin ingeneem en baie van die historiese geboue, monumente en kunswerke verwoes. Die Sowjetunie het die dorp op 24 Januarie 1944 bevry. Ná die oorlog het restourasiewerk aan Tsarskoje Selo begin. Baie kamers in die Katharina-paleis is al gerestoureer, maar werk aan die Aleksander-paleis en die kerk is steeds aan die gang.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Tsarskoye Selo

Verdere leesstof

  • King, Greg [2006]. The Court of the Last Tsar (hardeband), Hoboken: John Wiley & Sons, 559 bladsye. ISBN 13 978-0-471-72763-7. 

Eksterne skakels

link=Commons:Category:Tsarskoe Selo
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Keiserlike paleise en wonings in Rusland
Koördinate: 59°43′24″N 30°24′57″O / 59.72333°N 30.41583°O / 59.72333; 30.41583Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Russiese argitektuur Kategorie:Geboue en strukture in Sint Petersburg
Standard of the Russian Tsar

Aleksander-paleisAnitsjkof-paleisBeloselski-Belozerski-paleisKatharina-paleisKatharinahofGatsjina-paleisMoskouse KremlinMarmerpaleisMariinski-paleisNikolaas-paleisOranienbaum • Paleis van Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj • Pawlofsk-paleisPeterhofSint Michail-kasteelStrelna • Somerpaleis • Tauris-paleisTsarskoje SeloWladimir-paleisWinterpaleisJelagin-paleis


In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Kseniia Ivanova
4 October 2016
Величественный Екатерининский дворец, огромных размеров парк, несколько озёр, памятники, многочисленные скульптуры, узенькие аллеи - чудесное место, которое должен посетить каждый!
Anna Gorbatova
23 May 2015
Красивое место. В хорошую погоду прогуляться по парку одно удовольствие. Можно найти развлечения по вкусу: лошадки, лодочки, гондолы)))
Kseniia Ivanova
4 October 2016
Как же тут чудесно: просторно, пестрая листва деревьев, памятники, незаметно скрывающиеся на аллеях, огромный парк - одним словом, шикарное место для прогулок!
????kuta????
4 June 2014
Это невероятно красивый парк! Каждый раз, когда сюда прихожу - открываю новые неизведанные уголки. Именно здесь по-настоящему понимаю, что живу в красивом городе!)
Марина Быченко
Прекрасная экскурсия в Лицее: слушайте экскурсовода Курочкина. В парке и во Дворце все планы и ракурсы продуманы, и даже случайному взгляду открывается совершенство. А как поют в Гроте!
karina r
1 April 2016
Екатерининский дворец впечатлил меня наверное больше, чем другие архитектурные ансамбли в Питере. Понравился Екатерининский парк, отличное место для прогулок)
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
APARTAMENT IN PUSHKIN

vanaf $0

Hotel Natali

vanaf $56

Hilton Saint Petersburg Expoforum

vanaf $295

Hampton by Hilton Saint Petersburg ExpoForum

vanaf $152

Voyage hotel

vanaf $70

Hotel Ohotnichia Usadba

vanaf $43

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Церковь-часовня благоверного князя Игоря Черниговского (Пушкин)

Це́рковь-часо́вня свято́го благове́рного кня́зя И́

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Екатерининский собор (Пушкин)

Екатери́нинский собо́р в Пушкине на Соборной площади в центре города.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Церковь Рождества Пресвятой Богородицы (Пушкин)

Це́рковь Рождества́ Пресвято́й Богоро́дицы — домовый право

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Pevcheskaya Tower

Pevcheskaya Tower (Russian: Певческая башня) is a water tower in Push

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Знаменская церковь (Пушкин)

Це́рковь ико́ны Бо́жией Ма́тери «Зна́мение» в Пушкине распо

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Tsarskoye Selo Lyceum

The Imperial Lyceum in Tsarskoe Selo near Saint Petersburg also known

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Фёдоровский городок

В начале XX века (1913-1917 г.г.) у северных границ Александровско

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Generalife

The Palacio de Generalife (Arabic: Jannat al-Arif‎ - Architects G

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Summer Palace

The Summer Palace or Yihe yuan (Шаблон:Zh-tspl) is a palace in Beiji

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Chapultepec Castle

Chapultepec Castle (Castillo de Chapultepec in Spanish) is located on

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Sanssouci

Sanssouci is the former summer palace of Frederick the Great, King of

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Blenheim Palace

Blenheim Palace is a large and monumental country house situated in W

Sien alle soortgelyke plekke