Verbode Stad

Die Verbode Stad is ’n paleiskompleks in Sentraal-Beijing, China. Die voormalige keiserlike paleis van die Ming-dinastie tot aan die einde van die Qing-dinastie (1420-1912) huisves nou die Paleismuseum. Die Verbode Stad het amper 500 jaar lank gedien as die woning van die keisers en hul huishoudings sowel as die seremoniële en politieke sentrum van die Chinese regering.

Die kompleks is tussen 1406 en 1420 gebou. Dit bestaan uit 980 geboue en staan op ’n terrein van 72 ha. Die argitektuur is tradisioneel Chinees en dit het kulturele en argitektoniese ontwikkelings in Oos-Asië en elders beïnvloed. Die Verbode Stad in in 1987 deur Unesco as ’n wêrelderfenisgebied verklaar en word gelys as die grootste versameling bewaarde antieke houtstrukture in die wêreld.

Sedert 1925 huisves die Verbode Stad die Paleismuseum, waarvan die uitgebreide versameling kunswerke en artefakte gebou is op die keiserlike versamelings van die Ming- en Qing-dinastie. Deel van die museum se voormalige versameling is nou in die Nasionale Paleismuseum in Taipei. Albei museums was deel van dieselfde instelling, maar het geskei ná die Chinese Burgeroorlog. Sedert 2012 besoek gemiddeld 15 miljoen mense jaarliks die Verbode Stad; in 2016 was daar 16 miljoen besoekers.

Naam

Die algemene Afrikaanse naam "Verbode Stad" is ’n vertaling van die Chinese naam Zíjinchéng, "Purpur Verbode Stad". Die naam Zíjinchéng is in 1576 die eerste keer amptelik gebruik.

Die naam is op verskeie vlakke betekenisvol. ("purper" of "pers") verwys na die Noorderster, wat in antieke China die Zíwei-ster genoem is. In tradisionele Chinese astrologie was dit die blyplek van die Hemelse Keiser. Die Verbode Stad, as die woning van die aardse keiser, was die aardse weergawe daarvan. Jin, of "Verbode", verwys na die feit dat niemand die stad sonder die keiser se toestemming kon binnegaan of verlaat nie. Chéng beteken "stad".

Vandag is die terrein in Chinees meestal bekend as Gùgōng (故宫), wat "Voormalige Paleis" beteken. Die museum in dié geboue word die "Paleismuseum" (故宫博物院, Gùgōng Bówùyùan) genoem.

Geskiedenis

Toe keiser Hongwu se seun, Zhu Di, keiser Yongle word, het hy die hoofstad van Nanjing na Beijing geskuif. Die bou van wat later die Verbode Stad sou word, het in 1406 begin.

Bouwerk het 14 jaar geduur en ’n miljoen werkers het daaraan gewerk. Materiaal het ingesluit duur hout van die boom Phoebe zhennan wat in die woude van Suidwes-China groei en groot marmerblokke uit steengroewe naby Beijing. Die vloer van groot sale is uitgelê met "goue stene", spesiale stene uit Suzhou.

Van 1420 tot 1644 was die Verbode Stad die setel van die Ming-dinastie. In April 1644 is dit oorgeneem deur rebelle onder Li Zicheng, wat homself tot keiser van die Shun-dinastie verklaar het. Hy het gou gevlug vir die gekombineerde leër van die voormalige Ming-generaal Wu Sangui en Mantsjoe-magte, en het in die proses dele van die paleis aan die brand gesteek.

Teen Oktober het die Mantsjoes die oppermag in Noord-China gehad en ’n seremonie is in die Verbode Stad gehou om die jong Shunzhi as leier van die Qing-dinastie te kroon. Die Qing-heersers het die name van sommige hoofgeboue hernoem om klem te lê op "Harmonie" eerder as "Oppergesag", die naamplate tweetalig gemaak (in Chinees en Mantsjoe) en sjamanistiese elemente tot die paleis bygevoeg.

In 1860, tydens die Tweede Opiumoorlog, het Anglo-Franse magte beheer van die Verbode Stad oorgeneem en dit tot aan die einde van die oorlog beset. In 1900 het die keiserin-weduwee Cixi tydens die Bokserrebellie uit die paleis gevlug en magte van die verdragslande het dit tot die volgende jaar beset.

Nadat dit die tuiste van 24 keisers was – 14 van die Ming- en 10 van die Qing-dinastie – was die Verbode Stad van 1912 af nie meer die politieke sentrum van China nie nadat Puyi, China se laaste keiser, geabdikeer het. Volgens ’n ooreenkoms met die regering van die nuwe Republiek China het Puyi in die Binnehof aangebly terwyl die Buitehof vir openbare gebruik oopgestel is, totdat Puyi ná ’n bewindsoorname in 1924 uitgeskop is.

In 1925 is die Paleismuseum in die paleis gehuisves. In 1933, met die Japannese inval in China, is die nasionale skatte uit die Verbode Stad verwyder. ’n Deel van die versameling is aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog teruggebring, maar die ander deel is in 1948 na Taiwan geneem. Hierdie relatief klein maar kosbare versameling is tot in 1965 gestoor en het daarna die kern van die Nasionale Paleismuseum in Taipei geword.

Ná die stigting van die Volksrepubliek China in 1949 is skade aan die Verbode Stad aangerig terwyl die land tot ’n rewolusionêre drif opgesweep is. Tydens die Kulturele Rewolusie is verdere verwoesting egter verhoed toe premier Zhou Enlai ’n leërbataljon stuur om die paleis te beskerm.

In 1987 het Unesco die Verbode Stad tot ’n wêrelderfenisgebied verklaar as deel van die "Keiserlike Paleise van die Ming- en Qing-dinastie". Later is "in Beijing en Shenyang" by die naam gevoeg. Die Paleismuseum, wat dit bestuur, is besig met ’n restourasieprojek van 16 jaar om alle geboue tot hul toestand van voor 1912 te herstel.

Op 8 November 2017 was Donald Trump die eerste Amerikaanse president vir wie ’n staatsete in die Verbode Stad gehou is sedert die stigting van die volksrepubliek.

Uitleg

Die Verbode Stad is in ’n reghoek gebou wat van noord na suid 961 m lank en van oos na wes 753 m breed is. Dit bestaan uit 980 geboue wat behoue gebly het met 8 886 kamerinhamme. Volgens ’n algemene mite is daar 9 999 kamers en voorkamers, geskoei op mondelinge tradisie, maar dit word nie deur opnames ondersteun nie. Die Verbode Stad is so ontwerp dat dit die middelpunt van die antieke, ommuurde stad Beijing moes wees. Dit word omring deur ’n groter ommuurde gebied wat die Keiserlike Stad genoem word. Die Keiserlike Stad word op sy beurt deur die Binnestad omring; in die suide lê die Buitestad.

Die Verbode Stad maak steeds deel uit van Beijing se ontwerp. Die sentrale noord-suid-as is steeds die stad se sentrale as. Dit loop na suid deur Tiananmen-poort na Tiananmen-plein, die seremoniële sentrum van die Volksrepubliek China, en van daar tot by Yongdingmen. Noord loop dit deur Jingshan-heuwel tot by die Klok-en-Tromtorings. Die as wyk eintlik met twee grade af van die meridiaan en navorsers glo die as is in die Yuan-dinastie so ontwerp dat dit oplyn met Xanadu, hul ryk se ander hoofstad.

Mure en poorte

Die Verbode Stad word omring deur ’n stadsmuur van 7,9 m hoog en ’n grag van 6 m diep en 52 m breed. Die mure is onder 8,62 m breed en loop smaller na bo, tot ’n breedte van 6,66 m. Hulle het as beide verdedigings- en keermure vir die paleis gedien. Die binnekant is van natuurlike materiale soos grond en aan die buitekant is hulle weerskante afgerond met drie lae spesiaal gebakte stene; die tussenruimtes is met messelklei gevul.

Op elke hoek van die muur is ’n toring (E) met ’n ingewikkelde dak wat 72 nokke bevat. Hulle is die mees sigbare deel van die paleis vir mense wat buite die muur staan en baie volksverhale wentel om die torings. Volgens een legende kon vakmanne nie ’n hoektoring weer aanmekaarsit nadat dit in die vroeë Qing-dinastie vir restourasie uitmekaargehaal is nie, en dit is eers herbou ná die ingryping van die onsterflike timmerman Lu Ban.

Aan elke kant van die muur is ’n poort. In die suidelike muur is die hoofhek, die Middagpoort (A). In die noorde is die Poort van Goddelike Mag (B), wat op Jingshanpark uitkyk. Die oostelike en westelike poorte word die "Oostelike Gloriepoort" (D) en "Westelike Gloriepoort" (C) genoem.

Die Middagpoort het twee vleuels wat uitsteek en saam vorm hulle drie kante van ’n vierkantige plein. Die poort het vyf ingange. Die middelste ingang is deel van die Keiserlike Weg, wat die sentrale as van die stad en van die antieke stad Beijing self vorm. Dit loop heelpad van die Poort van China in die suide tot by Jingshanpark in die noorde. Net die keiser mag op die pad geloop of gery het, behalwe die keiserin op haar troudag en topstudente nadat hulle die Keiserlike Eksamen geslaag het.

Buitehof, of suidelike deel

Die Verbode Stad word tradisioneel in twee dele verdeel. Die Buitehof (外朝) of Voorhof (前朝) is die suidelike deel en is vir seremoniële doeleindes gebruik. Die Binnehof (内廷) of Agterpaleis (后宫) is die noordelike deel en was die tuiste van die keiser en sy huishouding. Dit is ook gebruik vir algemene staatsake. Die kompleks het oor die algemeen drie horisontale asse. Die belangrikste geboue lê op die sentrale noord-suid-as.

As ’n mens by die Middagpoort instap, kom jy by ’n groot plein met ’n rivier waaroor vyf brûe loop. Aan die agterkant van die plein is die Poort van Opperste Harmonie (F). Aan die ander kant van die poort is die Saal van Opperste Harmonie-plein. Op dié plein is ’n marmerterras wat uit drie lae bestaan. Op die terras staan drie sale, wat die fokuspunt van die kompleks is. Van suid af is hulle die Saal van Opperste Harmonie (太和殿), die Saal van Sentrale Harmonie (中和殿) en die Saal van die Bewaring van Harmonie (保和殿).

Die Saal van Opperste Harmonie (G) is die grootste en is sowat 30 m hoog. Dit was die seremoniële sentrum van keiserlike mag en is die grootste houtstruktuur in China wat bewaar gebly het. In die plafon in die middel van die saal is in ingewikkelde caisson (uitgeholde deel) wat met ’n draak versier is. Uit sy bek kom ’n kandelaaragtige stel metaalballe, wat die Xuanyuan-spieël genoem word. Tydens die Ming-dinastie het die keiser hier oudiënsies gehou om staatsake te bespreek. Tydens die Qing-dinastie, toe baie meer oudiënsies gehou is, is ’n ander gebou daarvoor gekies en is die Saal van Opperste Harmonie net vir seremonies soos kronings, inhuldigings en keiserlike troues gebruik.

Die Saal van Sentrale Harmonie is ’n kleiner, vierkantige saal wat die keiser gebruik het om voor en tydens seremonies te rus en voor te berei. Die saal daaragter, die Saal van die Bewaring van Harmonie, is gebruik om vir seremonies te repeteer; dit is ook waar die laaste deel van die Keiserlike Eksamen afgelê is. Al drie sale het keiserlike trone, waarvan die een in die Saal van Opperste Harmonie die grootste en uitspattigste is.

In die suidweste en suidooste van die Buitehof is die Sale van Militêre Voortreflikheid (H) en van Letterkundige Glorie (J). Die keiser het die eerste een gebruik om oudiënsies te hou en ministers te ontmoet. Laasgenoemde is gebruik vir seremoniële lesings deur hooggeagte Confuciaanse geleerdes. ’n Eksemplaar van die groot boekversameling Siku Quanshu is hier gehou. Noordoos hiervan is die Suidelike Drie Plekke (南三所) (K), die woonplek van die kroonprins.

Binnehof, of noordelike deel

Die Binnehof word van die Buitehof geskei deur ’n langwerpige binneplein waar die keiser en sy huishouding gewoon het. Tydens die Qing-dinastie het die keiser hoofsaaklik in die Binnehof gewoon en gewerk, terwyl die Buitehof vir seremonies gebruik is.

In die middel van die Binnehof is nog drie sale (L). Van suid af is hulle die Paleis van Hemelse Reinheid (乾清宮), die Saal van Eenheid en die Paleis van Aardse Kalmte. Hulle is kleiner as die sale in die Buitehof en was die amptelike wonings van die keiser en keiserin. Die keiser, wat jang en die hemel verteenwoordig het, het in die Paleis van Hemelse Reinheid gewoon en die keiserin, wat jin en die aarde verteenwoordig het, in die Paleis van Aardse Kalmte. Tussenin was die Saal van Eenheid, waar die jin en jang verenig het om harmonie te skep.

Die Paleis van Hemelse Reinheid, ’n gebou met ’n dubbele dakrand, het op ’n wit enkellaag-marmerplatform gestaan. Dit is met ’n verhewe wandelpad aan die Poort van Hemelse Reinheid verbind. Tydens die Ming-dinastie was dit die woning van die keiser. Van keiser Yongzheng van die Qing-dinastie af het die keiser in die kleiner Saal van Geestelike Groei (N) wes daarvan gewoon uit respek vir die nagedagtenis van keiser Kangxi. Die paleis het toe die keiser se oudiënsiesaal geword. ’n Caisson in die dak is met ’n draak versier. Bo die troon hang ’n tablet wat lui "Regverdigheid en Eer" (正大光明, zhèngdàguāngmíng).

Die Paleis van Aardse Kalmte (坤寧宮) het ook ’n dubbele dakrand en is waar die keiserein tydens die Ming-dinastie gewoon het. Tydens die Qing-dinastie het die nuwe Mantsjoe-heersers groot dele van die paleis vir sjamanistiese aanbidding omskep. Tydens die bewind van keiser Yongzheng het die keiserin uit die paleis getrek. Twee kamers in die paleis is egter uitgehou vir gebruik op die keiser se huweliksnag.

Die Saal van Eenheid is vierkantig en het ’n piramideagtige dak. Die 25 keiserlike seëls van die Qing-dinastie en ander seremoniële voorwerpe is hier gebêre.

Agter hierdie drie sale lê die keiserlike tuin (M). Dis relatief klein en kompak, maar bevat verskeie uitvoerige landskapskenmerke. Noord van die tuin is die Poort van Goddelike Mag.

Wes van die Paleis van Hemelse Reinheid staan die Saal van Geestelike Groei (N). Dit was aanvanklik ’n minder belangrike paleis, maar het van keiser Yongzheng se bewind af die de facto-woning en -kantoor van die keiser geword. In die laaste dekades van die Qing-dinastie het die keiserin-weduwees, insluitende Cixi, oudiënsies in die oostelike deel van die saal gehou. Om die Saal van Geestelike Groei is die kantore van die Groot Raad en ander belangrike regeringsliggame.

In die noordoostelike deel van die Binnehof is die Paleis van ’n Kalm, Lang Lewe (寧壽宮) (O), ’n kompleks wat keiser Qianlong gebou het met die oog op sy aftrede. Dit lyk nes die Verbode Stad en bevat ’n "buitehof", "binnehof", tuine en tempels. Die ingang na die Paleis van ’n Kalm, Lang Lewe word aangedui met ’n teëlskerm met nege drake op.

Godsdiens

Godsdiens was ’n belangrike deel van die lewe aan die keiserlike hof. Tydens die Qing-dinastie is die Paleis van Aardse Kalmte vir die Mantsjoes se sjamanistiese seremonies gebruik. Terselfdertyd het die plaaslike Chinese godsdiens, Taoïsme, steeds ’n belangrike rol gespeel. Daar was twee Taoïstiese altare, een in die keiserlike tuin en een in die sentrale gebied van die Binnehof.

Nog ’n godsdiens tydens die Qing-dinastie was Boeddhisme. ’n Paar tempels en altare het regdeur die Binnehof voorgekom, insluitende dié van Tibettaanse Boeddhisme. Daar was ook volop Boeddhistiese ikonografie in die binnenshuise versiering van baie geboue. Van hulle is die Paviljoen van die Reën van Blomme een van die belangrikstes. Dit het talle Boeddhistiese standbeelde, ikone en mandalas in rituele rangskikkings bevat.

Museumversameling

Die versameling van die Paleismuseum is geskoei op die Qing- keiserlike versameling. Volgens ’n opname van 1925 is sowat 1,17 miljoen kunswerke in die Verbode Stad geberg. Daarbenewens het die keiserlike biblioteke ’n groot versameling seldsame boeke en historiese dokumente gehuisves, insluitende regeringsdokumente uit die Ming- en Qing-dinastie.

Van 1933 af het die dreigende Japannese inval meegebring dat die belangrikste deel van die museum se versameling verwyder is. Ná die Tweede Wêreldoorlog is dié versameling na Nanjing teruggebring. Die nasionalistiese regering het egter vanweë die verwagte Kommunistiese oorwinning in die Chinese Burgeroorlog besluit om die beste deel van die versameling na Taiwan te stuur.

Van die 13 491 bokse artefakte wat weggestuur is, word 2 972 bokse se inhoud nou in die Nasionale Paleismuseum in Taipei gehou. Meer as 8 000 bokse is teruggestuur na Beijing, maar 2 221 bokse word nog in die Nanjing-museum gestoor.

Ná 1949 het die museum weer ’n opname gedoen en ook die Verbode Stad deursoek; so het hulle ’n paar belangrike voorwerpe herontdek. Die regering het ook voorwerpe uit ander museums van oor die hele land na die Paleismuseum gestuur om die versameling aan te vul. Dit het ook voorwerpe gekoop en skenkings van die publiek ontvang.

Vandag is daar veel meer as ’n miljoen seldsame en waardevolle kunswerke in die museum se permanente versameling, insluitende skilderye, keramiekwerk, seëls, steles, beelde, bronsware, emaljevoorwerpe, ens. Tussen 2004 en 2010 het ’n nuwe opname getoon die museum het altesaam 1 807 558 artefakte, wat 1 684 490 voorwerpe insluit wat as nasionaal beskermde "waardevolle kulturele oudhede" beskryf word.

Einde 2016 het die Paleismuseum ’n nuuskonferensie gehou waarop hulle aangekondig het 55 132 voorheen ongelyste voorwerpe is tussen 2014 en 2016 in ’n opname ontdek. Die totale getal voorwerpe in die museum se versameling is nou 1 862 690.

Konsertvenue

Konserte word soms in die Verbode Stad gehou. Die gebruik van die terrein daarvoor is egter streng beperk weens die uitwerking van die swaar toerusting en optredes op die antieke strukture. Feitlik alle konserte wat na bewering "in die Verbode Stad" gehou word, word eintlik buite die paleismure gehou.

  • In 1997 het die Grieks gebore komponis Yanni ’n konsert voor die kompleks gehou; hy was die eerste moderne Westerse kunstenaar wat by die historiese terrein opgetree het. Die konsert is opgeneem en later uitgereik as deel van sy album Tribute.
  • Giacomo Puccini se opera Turandot, die verhaal van ’n Chinese prinses, is in 1998 vir die eerste keer by die Keiserlike Altaar net buite die Verbode Stad opgevoer.
  • In 2001 het die Drie Tenore, Plácido Domingo, José Carreras en Luciano Pavarotti, voor die kompleks se hoofpoort opgetree.
  • In 2004 het die Franse musikant Jean Michel Jarre saam met 260 ander musikante ’n konsert voor die Verbode Stad gehou as deel van die "Jaar van Frankryk in China"-fees.

The Last Emperor

Die laaste Chinese keiser, Puyi, se lewensverhaal is deur die Italiaanse regisseur Bernardo Bertolucci in ’n rolprent vertel. The Last Emperor speel in die Verbode Stad af nadat die owerhede Bertolucci algehele vryheid gegee het. Dit was die eerste keer dat die kompleks in ’n Westerse prent te sien is.

Verdere leesstof

  • Aisin-Gioro, Puyi (1964). From Emperor to citizen : the autobiography of Aisin-Gioro Pu Yi. Beijing: Foreign Language Press. ISBN 0-19-282099-0. 
  • Huang, Ray (1981). 1587, A Year of No Significance: The Ming Dynasty in Decline. New Haven: Yale University Press. ISBN 0-300-02518-1. 
  • Yang, Xiagui (2003). The Invisible Palace, Li, Shaobai (fotografie); Chen, Huang (vertaling), Beijing: Foreign Language Press. ISBN 7-119-03432-4. 
  • Yu, Zhuoyun (1984). Palaces of the Forbidden City. New York: Viking. ISBN 0-670-53721-7. 
  • Barmé, Geremie R (2008). The Forbidden City. Harvard University Press. 251 pages. ISBN 978-0-67402-779-4. 
  • Cotterell, Arthur (2007). The Imperial Capitals of China – An Inside View of the Celestial Empire. London: Pimlico. 304 pages. ISBN 978-1-84595-009-5. 
  • Ho (2004). Splendors of China's Forbidden City. Londen: Merrell Publishers. ISBN 1-85894-258-6. 

Eksterne skakels

In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Maritza V
1 November 2015
My tip goes for the families with kids. The forbidden city is not exactly stroller friendly but it is doable with a lightweight stroller. Buy tickets in advance and bring snacks for your little ones.
Yasser™️ ♓️
16 July 2017
Nice place to visit for sightseeing! If you buy the ticket by your hotel concierg, no need to wait in the quo for the ticket printing. Go ahead to an office called invoice booking and go ahead
Travel + Leisure
14 November 2014
For nearly 500 years, the emperors living within Beijing’s opulent Forbidden City dictated who could enter and leave. Well, the gates have opened, and tourists are pouring in to see it for themselves.
Younes Qassimi
27 April 2013
14 years & over 1 million skilled laborers to complete the center of the universe (as far as the Emperors were concerned). Officially occupied in 1420, it went on to house 24 emperors over 500 years!
Thanh Brian
22 January 2020
Beautiful place. Pepare to walk. The east wing holds jewelry and fine treasures. U can spend a whole day here. Don't forget to go up to Jingshan park for a birdseye view of the forbidden City!
Andrew C
21 May 2017
Such amazing architecture and unique history around the whole place!!! Not much to see besides walking around + there's a small garden too which is really cool... few actual artifacts or exhibits tho!
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
HILTON BEIJING

vanaf $0

Grand Hotel

vanaf $152

Tiananmen Best Year Courtyard Hotel

vanaf $76

Days Inn Forbidden City Beijing

vanaf $81

HOLIDAY INN EXPRESS BEIJING DO

vanaf $0

Pai Hotel Beijing Qianmen Dazhalan

vanaf $43

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hall of Supreme Harmony

The Hall of Supreme Harmony (Chinese: 太和殿; pinyin: Tài Hé Diàn; M

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Palace of Heavenly Purity

The Palace of Heavenly Purity, or Qianqing Palace (Chinese: 乾清宫; pinyi

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Palace of Earthly Tranquility

The Palace of Earthly Tranquility (simplified Chinese: 坤宁宫; tradi

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Jingshan Park

Jingshan (Шаблон:Zh) is an artificial hill in Beijing, China. Cover

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Imperial Ancestral Temple

The Imperial Ancestral Temple, Ancestral Hall or Taimiao

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Zhongnanhai

The Zhongnanhai (Шаблон:Zh-cp) is a complex of buildings in Beiji

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Beihai Park

Beihai Park (simplified Chinese: 北海公园; traditional Chinese: 北海公園; piny

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Plein van die Hemelse Vrede

Die Plein van die Hemelse Vrede of Tiananmen-plein (tradisionele

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Nymphenburg Palace

The Nymphenburg Palace (German: Schloss Nymphenburg), i.e. 'Nymph's

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
El Escorial

Die koninklike klooster van San Lorenzo de El Escorial is 'n

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Paleis van Westminster

Paleis van Westminster en Westminster-abdy insluitend Sint Margaret se

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Versailles

Versailles is 'n stad wat ongeveer 19km suidwes van Parys, Frankryk,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Winterpaleis

Die Winterpaleis (Russies: Зимний дворец) lê in Sint Petersburg a

Sien alle soortgelyke plekke