Windsor-kasteel

Windsor-kasteel in Berkshire, Engeland, is die grootste bewoonde kasteel in die wêreld. Dit dateer van die tyd van William die Veroweraar en word reeds amper 1 000 jaar bewoon. Dit beslaan ’n vloeroppervlak van sowat 44 965 vierkante meter.

Saam met Buckingham-paleis in Londen en Holyrood-paleis in Edinburg is dit een van die hoofwonings van die Britse monarg. Koningin Elizabeth II bring baie naweke in die kasteel deur en gebruik dit vir private en staatsgeleenthede.

Die meeste van die monarge van Engeland, later Groot-Brittanje en nog later die Statebondsryke het ’n direkte invloed gehad op die bou en ontwikkeling van die kasteel, wat hul fort, woning, amptelike paleis en soms selfs tronk was.

Uitleg

Deur sy 900 jaar lange bestaan is die ontwerp van Windsor-kasteel aangepas en verander volgens die smaak, vereistes en finansies van opeenvolgende monarge. Die hooftrekke het egter min of meer dieselfde gebly en die plan hieronder is ’n nuttige gids. William die Veroweraar het die eerste houtkasteel tussen 1070 en 1086 gebou. Dit is later met stene herbou en het oor die jare al hoe belangriker geword. Koning Henry II het die Ronde Toring en die oorspronklike buitemuur laat bou. Tydens die bewind van koning George IV tussen 1820–1830 het die kasteel sy grootste enkele transformasie ondergaan. George, wat bekend was vir sy swierige aanbouings by Carlton House en die Royal Pavilion, het die parlement oorreed om £300 000 aan hom toe te staan vir restourasiewerk. Die argitek Jeffry Wyatville het die werk in 1824 begin. Koning George is in 1830 dood voor die restourasie voltooi is, maar dit was feitlik klaar teen die tyd dat Wyatville in 1840 dood is.

Sleutel tot die plan regs

  • A: Die Ronde Toring
  • B: Die boonste binnehof, of Die Vierkant
  • C: Die staatsale
  • D: Private woondeel (kyk uit oor die oostelike terras)
  • E: Suidelike Vleuel (kyk uit oor die Lang Wandellaan)
  • F: Die onderste binnehof
  • G: Sint George-kapel
  • H: Die Perdeskoen
  • K: Koning Henry VIII-hek (hoofingang)
  • L: Die Lang Wandellaan
  • M: Die Normandiese Hek
  • N: Noordelike Terras
  • O: Edward III-toring
  • T: Die Aandkloktoring

Die baie sigbare landmerk van die kasteel, die Ronde Toring ("A"), is eintlik allesbehalwe rond; sy vorm word bepaal deur die oneweredige, maar skynbaar ronde, mensgemaakte heuwel waarop dit gebou is. Die toring skei die twee binnehowe. Die onderste binnehof (Lower Ward, "F") bevat Sint George-kapel ("G"), terwyl die boonste binnehof (Upper Ward, "B") die private woondeel ("D") en die meer formele staatsale ("C") huisves.

Park

Die onmiddellike omgewing sluit die parkgebied en twee plase in, asook baie huise waarin hoofsaaklik werknemers bly. Die landgoed Frogmore lê ook binne die parkgebied. Frogmore House en sy tuine is op sekere dae vir die publiek oop.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

Eksterne skakels

Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Chee Wai Wong
17 September 2017
One of the must see attractions if you're spending more than a few days in London / on your way to Bath. Very beautiful. Beware of super super big crowds. Come early if you can.
Elina J
6 July 2013
Fantastic place to visit! Get a physical ticket beforehand to avoid the queue, there is also a hop on hop off bus right outside that takes you up to legoland and around Eton and Datchet.
David
18 June 2015
Impressive architecture. Interior is magnificent. Learn a lot about History of Great Britain. Very informative audio tour. Friendly staff. State apartments are fascinating.
Richard Peat
4 August 2018
Don’t forget if you’re a British taxpayer you can convert your entrance ticket into a year long pass at no extra cost by gift aiding your entrance fee and getting your ticket stamped on the way out.
D !
12 February 2016
Great tour to do around London. Have in mind that if you buy a London Pass the access is included, and it's cost almost half of the pass.
Deren Koray
30 September 2022
Queen Elizabeth II’s favorite Castle is now her new eternal resting place. Windsor Castle is the largest and oldest inhabited castle in the world!
Laai meer kommentaar
foursquare.com

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Macdonald Windsor Hotel

vanaf $241

Castle Hotel Windsor MGallery

vanaf $404

Clarion Collection Harte and Garter Hotel and Spa

vanaf $221

Travelodge Windsor Central

vanaf $0

The Christopher Hotel

vanaf $163

The Royal Adelaide hotel

vanaf $163

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
St George's Chapel, Windsor Castle

St George's Chapel is the place of worship at Windsor Castle in

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Royal Windsor Wheel

The Royal Windsor Wheel is a non-permanent transportable Ferris wheel

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Eton-kollege

Eton-kollege (Engels: Eton College), of eenvoudig Eton, is 'n Britse

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Frogmore House

Frogmore House is a 17th-century country house standing at the centre

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Legoland Windsor

Legoland Windsor is a child-oriented theme park in Windsor, Berkshire

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Windsor Great Park

Windsor Great Park is a Royal Park of 2020 hectares (20.2 square

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Air Forces Memorial

The Air Forces Memorial, or Runnymede Memorial, near Egham, Surrey,

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Lughawe Londen-Heathrow

Die Lughawe Londen-Heathrow of kortweg net Heathrow (IATA-kode: LHR,

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Linlithgow-paleis

Die suidelike aansig van Linlithgow-paleis.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Falkland-paleis

Falkland-paleis

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
ʻIolani Palace

Шаблон:OkinaIolani Palace, in the capitol district of downtown Honol

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Palace of Iturbide

The Palace of Iturbide (1779 to 1785) is a large palatial residence

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Caserta Palace

The Royal Palace of Caserta, in Italian Reggia di Caserta, is a former

Sien alle soortgelyke plekke