Yosemite Nasionale Park (Engels: Yosemite National Park, uitgespreek /joʊˈsɛmɨtiː/; jo-sem-iti) is geleë in die deelstaat Kalifornië en is in 1984 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys. Dit is bekend vir die Yosemite-vallei wat deur die park loop. Die park is 1,200 vierkante myl groot en bykans ontoeganklik van die noorde. Die park is regdeur die jaar oop vir toerisme en ski is 'n gewilde wintersport. Die Yosemite-waterval is baie bekend en bestaan eindelik uit twee valle: Boonste en Onder Yosemite-valle en is 2,425 voet hoog.