Zograf-klooster

Die Zograf-klooster.

Die Sint Joris die Zograf-klooster is ’n Bulgaarse klooster op Berg Athos in Griekeland. Dit word ook net die Zograf-klooster (Bulgaars: Зографски манастир; Grieks: Μονή Ζωγράφου, Moní Zográphou) genoem. Daar is tans sowat 15 monnike.

Die klooster is in die laat 9de of vroeë 10de eeu gestig deur drie Bulgare van Ohrid. Dit is genoem na die 13de- of 14de-eeuse Ikoon van Sint Joris bekend as Sint Joris die Zograf (Светѝ Гео̀рги Зогра̀ф). Dié naam kom van die geloof dat die ikoon homself geskilder het op ’n voorbereide doek (zograf(os) in Grieks beteken "skilder").

Geskiedenis

’n Bladsy uit die Codex Zographensis. Die vroegste bewyse van die klooster se bestaan dateer uit 980 n.C. Tydens die Middeleeue is die klooster ruimhartig ondersteun deur die Bulgaarse heersers, soos Iwan Asen II en Iwan Aleksander, omdat dit ’n saak van trots was dat Bulgarye ’n klooster op Berg Athos het. Die klooster het ook grond van Bisantynse keisers soos Leo VI die Wyse en Serwiese heersers gekry.

Die Zograf-klooster is in 1275 geplunder en afgebrand deur Kruisvaarders onder bevel van die Bisantynse keiser Michael VIII Paleologus, en 26 monnike is vermoor. Die rede vir die aanval was die teenstand van die monnike op Berg Athos teen die samesmelting van die oostelike en die westelike kerk, wat die keiser om politieke redes gesteun het. Omdat die keiser nie die Griekse monnike wou aanval nie omdat dit sy eie mense sou kwaad maak, het hy die Slawiese monnike aangeval. Die monnike wat vermoor is, word op 10 Oktober (Nuwe Styl: 23 Oktober) in die Oosters-Ortodokse Kerk gedenk as martelaars.

Katalaanse huursoldate het die kloosters twee jaar lank (van 1307 tot '09) aangeval, geplunder en verwoes. Van die 300 kloosters op Berg Athos was daar aan die begin van die 14de eeu net 35 oor. Dié kloosters het gou herstel met die steun en geldelike hulp van die heersers van die Paleologus-dinastie en die prinse van die Donou-vorstedomme. Die Zagrof-klooster se geboue is in die laat 13de eeu gerestoureer danksy die finansiële hulp van keiser Andronikus II Paleologus. Die klooster het ook grond gekry in verskeie lande, maar het net dié in Griekeland behou.

Die huidige geboue dateer uit die 18de eeu. Die suidelike vleuel is in 1750 gebou, die oostelike vleuel in 1758, die klein kerk in 1764 en die groot kerk in 1801. Die noordelike en die westelike vleuel dateer uit die tweede helfte van die 19de eeu, en grootskaalse restourasiewerk en die bou van ’n kloktoring is in 1896 voltooi.

Kultuurskatte

Onder die talle relieke an ander heilige voorwerpe in die klooster is die Ikoon van die Akatistos, waarvan die feesdag 10 Oktober (Nuwe Tyd: 23 Oktober) is.

In die biblioteek is talle Middeleeuse manuskripte, wat tot uit die 14de eeu dateer, asook sowat 10 000 gedrukte boeke. Twee Middeleeuse koninklike handveste, die Zograf-handves en die Rila-handves, is ook in die bibioteek ontdek.

Nog ’n belangrike manuskrip wat in 1843 daar ontdek is, is die Codex Zographensis, ’n Evangelieboek in die Glagolitiese skrif wat uit die 10de of 11de eeu dateer.

Galery

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Zograf-klooster.
  • 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
20px   Kloosters van Berg Athos  (volgens senioriteit)
Koördinate: 40°18′21″N 24°09′37″O / 40.30583°N 24.16028°O / 40.30583; 24.16028Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Berg Athos
Groot LawraVatopediIvironHilandarDionysiouKoutloumousiouPantokratorosXeropotamouZografDochiariouKarakallouFilotheouSimonopetraAgiou PavlouStavronikitaXenophontosOsiou GregoriouEsphigmenouAgiou PanteleimonosKonstamonitou


In die volgende kategorieë gelys:
Lewer kommentaar
Wenke
Reël deur:
Daar is nog geen wenke of wenke vir Zograf-klooster nie. Miskien is u die eerste een wat nuttige inligting vir medereisigers plaas? :)

Hotelle in die omgewing

Sien alle hotelle Sien alles
Xenia Ouranoupolis Hotel

vanaf $89

Theoxenia Hotel

vanaf $115

Sunset Hotel

vanaf $63

Panorama Spa Hotel

vanaf $52

Ayia Marina Suites

vanaf $127

Dioni Apartments

vanaf $75

Aanbevole toerisme-aantreklikhede in die omgewing

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Konstamonitou-klooster

Die Konstamonitou-klooster

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Vatopedi-klooster

Die Vatopedi-klooster van die nabygeleë strand af gesien.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Dochiariou-klooster

Die Dochiariou-klooster

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Esphigmenou-klooster

Die fasade van die Esphigmenou-klooster vanaf die nabygeleë kaai.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hilandar-klooster

Die Hilandar-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Xenophontos-klooster

Die Xenophontos-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Agiou Panteleimonos-klooster

Die Agiou Panteleimonos-klooster

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Karyes

Karyes (Grieks: Καρυές) is ’n nedersetting op Berg Athos in Griekel

Soortgelyke toeriste-aantreklikhede

Sien alles Sien alles
Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Hilandar-klooster

Die Hilandar-klooster.

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Bachkovo Monastery

The Bachkovo Monastery (български. Бачковски манастир, Bachkov

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Rozhen Monastery

The Rozhen Monastery of the Nativity of the Mother of God

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Pochayiv Lavra

Holy Dormition Pochayiv Lavra (ua. Свято-Успенська Почаївська Ла

Voeg by wens-lysie by
Ek was al hier
Besoek
Humor Monastery

Humor Monastery located in Mănăstirea Humorului, about 5 km north of t

Sien alle soortgelyke plekke